ShowMax geur Afrikaanse vermaak met braaispeserye

best-of-mzansi.png[promosie-artikel]

Jy weet mos hoe hulle in vliegtuie vir jou vra om te kies tussen beesvleis en hoender! “Chicken or Beef?” In daardie oomblik van beperkte keuse kry ʼn mens opnuut waardering vir die verskeidenheid keuses wat ʼn kulturele hutspot soos Suid-Afrika jou bied. In plaas van net bees kan jy kies tussen biltong of wors of ʼn vet steak of maalvleis of saggekookte beesstert. En in die hoender-afdeling kan jy hoenderpootjies of -boudjies of kerriehoender of sosaties kry.

showmax-Jan-Braai

Jan Braai vir erfenis (Nuwe seisoen)
Moenie alleen braai as jy saam met Jan Braai kan braai nie! Suid-Afrika se bekendste braaier gooi weer lekker goedjies op die kole. Braai saam vir jou Suid-Afrikaanse erfenis.

Op die ou einde is dit dalk die unieke mengsels van verskillende dinge wat maak dat geen ander plek ooit heeltemal soos Suid-Afrika sal wees nie. Die goeie nuus is dat jy al die voordele van ʼn lewe in die buiteland kan geniet sonder om Suid-Afrika se diversiteit en uiteenlopende kulture te moet ontbeer.

Met ShowMax kan jy al die lekkerste elemente van Suid-Afrika en sy mense beleef sonder om uit jou leunstoel in Australië, Nieu-Seeland of waar jy ook al is, op te staan. Daar is meer as 14 000 episodes van reekse en flieks wat jy kan geniet, ongeag jou smaakvoorkeur.

As jy vreeslik graag weer ʼn bietjie Afrikaans wil hoor en sien, sal ShowMax die appel van jou oog word: Daar is duisende ure se gehalteprogramme en -films waarin Afrikaans in al sy gedaantes gepraat word. Daar is die ruwe, rowwe en bittermooie Karoo-Afrikaans soos jy dit in Vlug na Egipte sal hoor, die stadsjapies se moderne Afrikaans soos wat hulle dit in Binnelanders praat, en die dinamiese Kaaps van Suidooster. Daar word moorde opgelos in Afrikaans in Die Byl, gebraai in Afrikaans in Jan Braai vir erfenis en heerlik leeggelê in Afrikaans in Dis hoe ons rol.

showmax-Dis-Hoe-Ons-Rol

Dis hoe ons rol met Jack Parow
Jack Parow en sy boesemvriend Hardus van Deventer het Suid-Afrika op Harleys deurkruis en langs die pad uitgehang met cool Suid-Afrikaners, groot avonture gehad en, natuurlik, konsert gehou.

As jy met heimwee onthou hoe wild dinge soms in goeie ou Afrika kon raak, kort jy dalk net ʼn paar episodes van The Wild: die Lebones, Van Reenens en Tladi’s se doen en late teen die agtergrond van ʼn luukse lodge in die wildernis behoort die ding te doen. Our Perfect Wedding is ʼn realiteitsprogram

wat Suid-Afrikaners se groot persoonlikhede ten toon stel, veral wanneer die stres van Die Groot Dag die vonke tussen mense laat spat. Dinge raakwarm tussen die Zungu- en Ndlovu-sterre in Isibaya, Mzansi se telenovella.

Jy kan ook Suid-Afrika se trotse uitvoerproduk, Trevor Noah, in aksie sien in Tonight with Trevor Noah. In die dokumentêre reeks My Story kan jy bekende Suid-Afrikaners soos PJ Powers, Barry Hilton en DJ Fresh beter leer ken.

As jy dit nog nie beproef het nie, teken in op ShowMax. Die gratis proeflopie van sewe dae beteken dat jy sonder risiko kan inteken om te kyk of dit in jou smaak val. Indien jy wel daarvan hou – en ons dink nogal jy sal – kry jy onbeperkte toegang tot wêreldklas-vermaak met ʼn kenmerkende Suid-Afrikaanse geur, teen net $8,99 per maand. Gaan na ShowMax.com om in te teken en jou lewe met ʼn tikkie braaispeserye te geur.

Artikel verskaf deur ShowMax

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.