ShowMax: Jou Januarie-oorlewingsgids

ShowMax (Foto: Verskaf)

ShowMax (Foto: Verskaf)

[Promosie-artikel]

Januarie het gans te vinnig gekom – jy het dan nou die dag nog op die strand lê en ontspan. As jy nog nie gereed is vir die nuwe jaar nie, kan jy vinnig ontspan: ShowMax kan help met ʼn praktiese gids tot die verskillende fases van Januarie – en die programme wat jou deur elke fase sal help!

Fase 1: Ontkenning

In Januarie mag ʼn mens maar bietjie in ontkenning leef. Terwyl die jaar aan die gang kom, kan jy met behulp van ShowMax heerlik in die verlede rondkuier. Nuwe episodes van Reis na gister laat jou toe om saam met die aanbieder, Jak de Priester, meer uit te vind oor bekendes se vormingsjare.

Jy kan ook lekker nostalgies raak saam met die dokumentêr Die legendes van Afrikaanse musiek: Bles Bridges waarin daar in diepte gekyk word na die stories agter die liedjies van een van die groot musikale helde in Afrikaans.

Fase 2: Aanvaarding

Wanneer jy oplaas aanvaar dat jy nie vir ewig vir Januarie sal kan wegkruip nie, is dit tyd om goeie voornemens te maak. Sit ʼn bietjie skop in jou Januarie met Woema, die program vir motorfietsentoesiaste – wat die adrenalien goed aan die gang sal kry.

Die werklike stories waarna daar gekyk word in Verander dinge sal jou inspireer om ’n verskil te maak – net die soort positiewe inspuiting wat jy nodig het om jou hoop te gee vir die jaar wat voorlê.  En as hierdie die jaar in waarin jy gaan leer om beter te spel, moenie een episode van Op die spel misloop nie. (Hersien sommer weer die eerste seisoen voordat jy regskuif vir die nuwe episodes wat in Januarie afskop.) Laat die hele familie sommer saamspeel en saamspel…. Dis tot almal se voordeel!

Fase 3: Ontspanning

Ná al hierdie selfverbetering moet daar ook darem tyd wees vir behoorlike ontspanning. Die splinternuwe sitkom Seepglad is net die ding om jou te help stoom afblaas. Seepglad gaan oor die lewe agter die skerms van ’n fiktiewe sepie. Ja, jy gaan lag, maar jy gaan ook lief raak vir die karakters wat bloed sweet om lewe te blaas in die hoogs dramatiese verhaallyne wat kykers daagliks moet vermaak.

En dan, met ʼn bietjie insig oor die drama wat agter die skerms ontvou, sal jy dalk met nuwe oë kyk na ou gunstelinge soos BinnelandersSuidooster en Getroud met rugby. Daar is daagliks nuwe episodes van hierdie sepies – darem iets waarop jy in die nuwe jaar kan staatmaak!

ShowMax kos $8,99 vir kykers buite Suid-Afrika.

Vir meer inligting of om aan te sluit vir ʼn gratis sewe dae toetslopie, besoek die ShowMax-webwerf.

Lees meer oor ShowMax op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.