ShowMax: Wie kyk wat in die wêreld?

Wanneer die verlange in die buiteland erg raak, het Suid-afrikaners een ding wat hulle nader aan die huis bring: ShowMax. Met verskeie gewilde Suid-Afrikaanse TV-kanale en meer as 14 000 flieks en reeks-episodes kan jy jou eie stukkie Suid-Afrika by jou hê.

“Afrikaans is deel van wie ek is en dit sal altyd so bly,” sê Suzette van der Heijden, ’n oud-Rand- burger wat al die afgelope tien jaar in Perth, Australië woon. Haar liefde vir haar taal is juis een van die redes hoekom sy en haar man gereelde ShowMax-kykers is.

“ShowMax is ’n klein belegging vir groot vreugde. Die blootstelling aan hedendaagse Afrikaans is wonderlik; só sal ons taal nie verouder nie. Dit maak dit sommer lekkerder om buite Suid-Afrika te woon. Ek kan enige tyd van die dag of nag my tablet aanskakel en my gunstelinge kyk. Soms luister ek na ’n program terwyl ek met iets anders doenig is, want ek kan altyd stop en teruggaan as ek iets misgeloop het.”

Zach Gerard (regte naam Izak Taljaard), bekend vir sy rol in Hester en Ester Bester, woon die afgelope nege jaar in Londen, waar hy as akteur werk en sy eie produksiemaatskappy het wat in fotografie en digitale film spesialiseer.

“Ek sal mense aanraai om ShowMax te kry omdat die inhoud vars, die pro- gramme baie goed en die tarief baie bekostigbaar is. Ek kyk graag Afrikaanse rolprente en is gaande oor die Republiek van Zoid Afrika. Ek loer ook soms na Binnelanders en Die Boekklub.”

Dis vir Suzette moeilik om gunstelinge te kies. “Sommer alles! Ons geniet die reekse, rolprente en aktualiteitsprogramme die meeste. Ek het Binnelanders begin kyk en is nou by die negende reeks. Ek wys van die Afrikaanse kinderpro- gramme vir my oudste kleinkind en hy het dit so geniet toe die ‘TV-tannie’ ook van maatjies praat.”

Suid-Afrikaners in Australië, Nieu-Seeland, Noord-Amerika, Kanada, Brittanje en die res van Wes-Europa sien onder meer kykNET-programme binne 24 uur nadat dit in Suid-Afrika uitgesaai is.

Wilhelm Steenkamp, oorspronklik van Williston in die Noord-Kaap, en sy gesin woon in Brive-La-Gaillarde in die suide van Frankryk, waar hy ’n professionele rugbyspeler is.

“My gunstelinge is Boer Soek ’n Vrou, Megaboere, Grootplaas en Nasie in Gesprek. Ons hou ook van Koekedooren Jan Braai, en die kinders, Willem en Mienke, geniet weer Tjiff en Tjaff baie,” sê hy. “Ons mis ons familie en vriende. ShowMax help dat ons op die hoogte bly met Afrikaans, en darem iets van die huis ervaar hier in die vreemde.”

Lydia Britz woon al bykans tien jaar in Auckland, Nieu-Seeland, en is die ma van twee dogters.

“Ek geniet Getroud met Rugby en het Binnelanders weer van die eerste reeks af begin kyk. Ander programme wat ek graag kyk, is Boer Soek ’n Vrou, Kokkedoor, Reis na Gister, Die Byl en Seepglad. Ek geniet al die rolprente, en Sink het my vreeslik laat huil. Dis heerlik om dramareekse soos Die Boekklub en Vlug na Egipte te kyk.”

Sy sal alle Suid-Afrikaners in die buiteland aanraai om ShowMax te kry.

“Hoe lank het ons nie hiervoor gewag nie! Dis baie billik en ons kan kyk en kyk en kyk. Die bonus is dat die sepies hier by ons te sien is kort nadat dit in Suid-Afrika uitgesaai is. Ek en my ma kan dus lekker skinder en klets oor al die manewales.”

Maak seker jy deel in die pret op Showmax. Indien jy nog nie vir ShowMax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

ShowMax kos slegs R99 per maand in Suid-Afrika of $8,99 in die buiteland. Al wat jy nodig het, is ’n internetverbinding. Toegang tot die programme is onbeperk en die maandelikse tarief sluit alles in.

Blaai gerus deur die gratis kykNET DigiTyd-tydskrif

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.