Singende kankerlyer verower harte met liedjie, lewensverhaal

Nightbirde. (Foto: Facebook/Nightbirde)

Jane Marczweski, die 30-jarige sangeres wat as Nightbirde bekend staan wanneer sy sing, se onlangse oudisie vir die 16de seisoen van America’s Got Talent het harte wêreldwyd verower met ʼn oorspronklike liedjie uit haar pen.

Voordat sy begin sing het, het Nightbirde aan die beoordelaars gesê sy is ʼn kankerlyer wat tans nog kanker in haar longe, ruggraat en lewer het. Sy het later ook gesê sy het volgens dokters net ʼn 2% kans op oorlewing.

Haar liedjie “It’s Okay” en haar outentieke, eteriese stem het Simon Cowell, Heidi Klum, Howie Mandel en Sofia Vergara uitgeboul.

Die YouTube-video van die oudisie op America’s Got Talent se amptelike kanaal het reeds meer as 10 miljoen trefslae. Die video het ook soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Mandel het gesê dat “niemand ooit sou weet [dat sy aan kanker ly] nie”, waarop Nightbirde geantwoord het: “Dankie. Dit is belangrik dat almal weet dat ek soveel meer is as die slegte goed wat met my gebeur.

“Jy kan nie wag tot die lewe nie meer moeilik is voordat jy besluit om gelukkig te wees nie.”

Cowell het uiteindelik vir Nightbirde die sogenaamde “golden buzzer” gegee, wat beteken dat sy outomaties deurgaan na die finale uitdunrondes wat regstreeks plaasvind.

Hy het ook vir haar ʼn drukkie op die verhoog gegee. “Alles daaromtrent was baie spesiaal,” het hy oor die oudisie gesê.

Nightbirde, van Zanesville in Ohio, het vertel dat sy nie werk nie aangesien sy ʼn kankerstryd voer en dat sy vir die derde keer met kanker worstel.

Sy het in ʼn bloginskrywing gesê kanker is op Oujaarsdag in 2019 by haar gediagnoseer. Volgens die inskrywing het sy “’n ontelbare hoeveelheid gewasse regdeur haar longe, lewer, limfkliere, ribbes en ruggraat” gehad.

“Ek is heeltemal oorweldig en sprakeloos,” het Nightbirde aan NBCi4.com gesê in ʼn onderhoud ná die oudisie.

“Dit gaan my lank vat om te verwerk wat gebeur het. Dit is so ongelooflik.”

Sy het in dieselfde onderhoud gesê sy is nog steeds siek, maar dat sy goed vaar. “Dit is vir my net wonderwerk op wonderwerk op wonderwerk.”

Kyk hier na die video van Nightbirde se oudisie met die liedjie “It’s Okay”:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

A ·

As daar een ding wat Maroeliete en Facebook Boemers se harte laat snik, is dit ‘n so ‘voel goed’ storie.

Talent kom tweede. Die snik storie is die kern.

Di ·

Sy het ‘n pragtige stem, mooi persoonlikheid en regtig ‘n voorbeeld vir ander. Hoop haar als van die beste toe en dat sy spoedig sal hestel.

VannieBaai ·

Ek dink nie so nie – niks op Tannie Google daaroor nie – net lof vir haar op veskeie platforms.

Kerneels ·

Het dit juis op Google gesien …. maar hoop van harte jy is reg en ek is verkeerd.

VannieBaai ·

Absoluut pragtig. Alles omtren hierdie jong dame is PRAGTIG! Haar stem, haar glimlag, haar oë, haar persoonlike, haar verhoogsgees! Absoluut briljant!

Anthony ·

Hoe het ou Francois Pienaar na die ’95 World Cup gese ‘ it gives me a nob in my throat ‘

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.