Sink – die bekroonde film wat jou hart sal breek

sink-showmaxDie veelbekroonde rolprent, Sink, is hierdie Maart vir die eerste keer op ShowMax te sien.

Sink is ’n hartroerende portret van drie mense se pogings om met ’n verskriklike verlies saam te leef. Dit vertel die verhaal van Rachel, ’n huiswerker van Mosambiek, wat ’n moeilike besluit moet neem nadat haar dogtertjie tragies sterf terwyl Rachel se werkgewers na haar omsien. Keer sy terug na ellende en armoede in Mosambiek, of bly sy in diens van die mense wat verantwoordelik is vir haar kind se dood?

Dinge raak selfs meer kompleks wanneer sy uitvind dat haar werkgewer, Michelle, haar eerste baba verwag.

Die fliek is gebaseer op Brett Michael Innes se boek Rachel Weeping, en die rolverdeling sluit die bekende akteurs Anel Alexander, Jacques Bessenger en Amalia Uys in. Shoki Mokgapa is in 2015 as beste aktrise bekroon by die kykNET SIlwerskermfees vir haar vertolking van Rachel, en Sink is ook benoem vir ’n SAFTA vir Beste Rolprent.

Kritici was gaande oor die fliek en Leon van Nierop reken dis een van die 10 beste Afrikaanse flieks van alle tye. Dit is ook Maroela Media se tuisfliek van die maand.

Vanaf 20 Maart is Sink vir die eerste keer op ShowMax beskikbaar. Indien jy nog nie vir ShowMax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

*Let daarop dat hierdie fliek op 20 Maart aanvanklik net vir Showmax-kykers in die buiteland beskikbaar gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.