Skryf jou slim sake-idee in vir ‘Shark Tank’

Die Amerikaanse weergawe van die gewilde reeks (Foto: Facebook via Shark Tank)

Die Amerikaanse weergawe van die gewilde reeks (Foto: Facebook via Shark Tank)

Inskrywings vir die Suid-Afrikaanse weergawe van die Amerikaanse werkliksheidsreeks, Shark Tank, waarin amateursakemanne top-sakelui moet oortuig om hul sake-idee te finansier, is nou oop.

Dié program sal van Oktober af op M-Net uitgesaai word.

In die program kry entrepreneurs die geleentheid om voor ʼn paneel sakelui en kundiges in die sakewêreld te verskyn en hul sake-idees voor te lê om moontlik befonds te word. Die paneel staan bekend as die ‘haaie’.

“Die geheim is om die ‘haaie’ te oortuig dit is die moeite werd om te belê in jou sake-idee, omdat hulle die mense met die geld is,” het Lani Lombaard, M-Net se hoof van publisiteit, gesê.

“Dit is die kans van ʼn leeftyd vir entrepreneurs. Hulle moet egter bewus wees daarvan dat die haaie skerp tande het: jy gaan presies moet aandui hoeveel kapitaal jy nodig het en hoeveel aandele jy vir hulle aanbied,” het sy bygevoeg.

Inskrywings om deel te wees van dié program is nou oop. Om in te skryf, laai ʼn video van 60 sekondes met jou sake-idee op die Shark Tank-webwerf. Die video kan op jou selfoonkamera verfilm word en hoef nie van hoë gehalte te wees nie.

Suksesvolle kandidate word op 4 Augustus in kennis gestel. Jy moet oor die ouderdom van 18 jaar en ʼn Suid-Afrikaanse burger wees om deel te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Oom Ekonoom ·

Ek is bly die goeie konsep is in Suid Afrika, maar ek wonder of blankes n regverdige kans gaan he omdat organiseerders onder druk sal wees om eerder nieblankes kans te gee, daarom kan dit dalk meer skade doen want ons mense gaan net hul goeie idees weggee op nasionale televisie. Maar die konsep is so goed, dat ek dink Maroela media iets soortgelyk kan begin?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.