Skryf nou in vir ‘Boer soek ʼn vrou’; verrassings wag

Boer soek 'n Vrou a(Foto: Verskaf)

Boer soek ‘n Vrou (Foto: Verskaf)

Valentynsdag is nou wel agter die rug, maar dit is nog nie te laat om jou ander helfte te ontmoet nie – veral as jy eerder soek na ʼn boer op ʼn plaas as ʼn ridder op ʼn perd.

Inskrywings vir die tiende seisoen van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer soek ʼn vrou het pas geopen en diegene met hoopvolle harte kan tot 17 Maart vir die program inskryf.

Dié reeks vier vanjaar sy tiende seisoen sedert dit met sy eerste verskyning in 2007 een van die top-reekse op DStv geword het.

Wilmer Muller, kykNET se mediabestuurder, sê dié seisoen van Boer soek ʼn vrou gaan groter en nóg beter as voorheen wees en dat die nuwe reeks se boere-Cupido’s ’n verrassing of twee mag oplewer.

Die jongste reeks word weer aangebied deur Minki van der Westhuizen. Haar raad is eenvoudig: “Volg jou hart, nie jou kop nie, want die liefde wen altyd.”

Nóg goeie nuus is dat kykNET geluister het na die talle versoeke oor hoe dit met van die vorige deelnemers gaan en hoe die liefde hulle oor die jare sedert hul deelname behandel het.

Die tiende reeks gaan drie episodes bykry met ’n terugblik op die vorige nege seisoene en waar van die deelnemers hulself in 2017 bevind.

Boer soek ʼn vrou begin in Oktober op kykNET.

Laai die inskrywingsvorm af en skryf op die kykNET webwerf in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Daan Erasmus ·

Kan iemand asb vir Minki ‘n sambok gee. Dat die Boere kan saamwerk. Die vorige klomp was maar aan die slaap

Karoomeisie ·

Sien uit na program. Hoop daar gaan meer liefde wees as 2016. Dankie dat jul gaan wys wie in vorige programme nog bymekaar is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.