Slim én snaaks! Phil 101 die nuwe sitkom is hier!

Dis ’n anonieme denker wat eenmaal gesê het filosofie is niks anders as gesonde verstand in ’n netjiese pak klere nie.

Mens wonder of die karakters in Phil 101, kykNET se vars nuwe komedie, hiermee sou saamstem… Phil 101 gaan oor die doen en late van die mense wat werk by die eens glorieryke filosofie-departement aan die Sentrale Universiteit van Suid-Afrika (SUSA). By dié departement dra gesonde verstand verskeie eksentrieke uitrustings, en minder gesonde en verstandige gedrag is aan die orde van die dag.

Die hoofkarakter is Phillip Coetzee, ’n idealistiese jong professor met baie breinkrag, maar ietwat minder sosiale vaardighede. Wanneer Phillip as die hoof van die filosofie-departement aangestel word, raak hy betrokke by ’n stryd om oorlewing: hy en sy kollegas moet met vlymskerp tonge veg vir die bestaansreg van hulle vakgebied in ’n wêreld waarin dink by die dag minder ’n gewilde aktiwiteit word.

Phil 101 spog met ’n droom-rolverdeling: jong talent soos Bennie Fourie en Cintaine Schutte deel die skerm met skreeusnaakse veterane Pierre van Pletzen en Frank Opperman, wat vir die eerste keer sedert Orkney Snork Nie weer saam in ’n TV-reeks te sien is.

Raak diep terwyl jy jou dinges af lag vir Phil 101. Kyk dit nou op Showmax, en as jy nog nie ’n intekenaar is nie, probeer die gratis proeflopie dadelik!

Vanaf 11 April is Phil 101 vir die eerste keer op ShowMax beskikbaar. Indien jy nog nie vir ShowMax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

*Let daarop dat hierdie reeks op 11 April aanvanklik net vir Showmax-kykers in die buiteland beskikbaar gemaak word. Laat weet gerus jou vriende en familielede in die buiteland!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.