Só kan jy 60 dae lank gratis Showmax kyk

Showmax bied jou duisende programme, rolprente en dokumentêre reekse wat jy enige plek, enige tyd aanlyn kan kyk, van plaaslike programme soos Dwaalster en The River, tot internasionale reekse wat jy op geen ander plek kan kry nie. As jy ’n intekenaar van DStv Compact of Compact Plus is, kom jy in aanmerking vir ’n gróót besparing op Showmax.

Voeg Showmax voor 7 April 2019 by jou DStv Compact- of Compact Plus-rekening en kry Showmax vir twee maande gratis. Wanneer jou 60 dae-proeftydperk verstryk, betaal jy slegs R49 per maand.

Neem kennis dat die aanbod van ’n gratis proeftydperk van twee maande net geldig is vir mense wat vir die eerste keer aanteken op Showmax. Al wat jy moet doen, is om aan te teken by www.showmax.com/dstv.

Wat jy op Showmax kan kyk

Jy wonder seker wat jy alles tydens dié twee maande se gratis Showmax kan kyk. Bly op hoogte met reekse soos Game of Thrones – Showmax is die enigste plek waar jy seisoen 1 tot 7 aanlyn kan kyk, óf kyk na Suits – alles tot seisoen 8.

Fuifkyk reekse wat eerste op Showmax was, soos die meesleurende dramareeks The Magicians en die vreemde komedie Sally4Ever.

Moenie plaaslike gunstelinge misloop nie, soos Hotel, met Schalk Bezuidenhout in die rolverdeling en Die Radio Raps Show wat deur Jonathan van die Oos-Rand – met sy kenmerkende onderstebo pet – aangebied word.

Daar is ook vuurwarm oorspronklike inhoud op Showmax, soos The Girls from St Agnes. Die rolverdeling is onverbeterlik en sluit die manjifieke Makgotso M. in. Die nuutste oorspronklike reeks, Trippin with Skhumba, tref Showmax teen die einde van Februarie.

En gordel vas, want in Maart is daar ’n vuurwarm nuweling op Showmax – ongesensor en ongeredigeer: Comedy Central Presents the Roast of AKA.

Besoek www.showmax.com/dstv vir meer inligting.

Is jy nié ingeteken op DStv Premium of Compact/Compact Plus nie?

Enige iemand kan aanteken vir Showmax, met óf sonder ʼn DStv-rekening. Teken aan by www.showmax.com vir ’n gratis proeftydperk van 14 dae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.