Só kyk jy Showmax op DStv

Jy het nou al van Showmax gehoor, maar is steeds onseker hoe jy ook kan kyk. Hier is al die inligting wat jy nodig het.

Die belangrikste ding wat jy moet onthou, is dat Showmax nie ʼn DStv-kanaal is nie. Showmax is ʼn internet-TV-diens wat op toestelle, wat aan die internet verbind is, soos tabletrekenaars, skootrekenaars, slimfone, speletjiestoestelle, mediaspelers en slim-TV’s, gekyk kan word.

DStv-klante kan ook Showmax op hul TV’s kyk met ʼn DStv Explora wat aan die internet gekoppel is. As jy ʼn DStv Premium-pakket het, kan jy gratis Showmax kyk. DStv Compact-intekenaars betaal slegs R49 per maand vir Showmax.

Showmax het die wêreld se beste programme en plaaslike gunstelinge, insluitend Showmax Originals soos Tali’s Wedding Diary en programme wat eerste en eksklusief op Showmax gesien kan word, soos Mr Robot S3, Younger, Room 104, The Best of HBO en nog vele meer.

Besoek Showmax se webwerf om in te teken vir ʼn gratis 14 dae-proefperiode.

Probeer Showmax nou GRATIS »

Hoe voeg ek Showmax by my DStv-rekening?

DStv-klante kan besluit om vir Showmax te betaal as deel van hul maandelikse rekening. As jy egter ʼn Premium-pakket het, is Showmax absoluut gratis sodra jy dit op jou DStv-rekening bygevoeg het. Só maak jy:

  1. Besoek www.showmax.com en teken in.
  2. Gaan na “Manage Account” en klik op “Manage Subscription”.
  3. Kies “DStv add to account” as jou betalingsmetode.
  4. Sleutel jou Suid-Afrikaanse ID-nommer in.
  5. Bevestig jou selfoonnommer. ʼn Eenmalige PIN-kode sal per SMS na dié nommer gestuur word.
  6. Sleutel die eenmalige PIN-kode in en aanvaar die bepalings en voorwaardes. Nou kan jou hele gesin Showmax op tot vyf verskillende toestelle kyk!

Wat gebeur as ek reeds ʼn Showmax-intekenaar is?

  1. As jy ʼn kredietkaart-, tjekkaart- of Paypal-rekening het, teken in op jou Showmax-rekening in en verander jou betalingsmetode na “Add to DStv Account”.
  2. As jy jou Showmax-rekening met ʼn ander rekening of faktuur verbind het, sal jy die huidige betalingsmetode moet kanselleer en jou rekening dan heraktiveer met “DStv add to account”.

Klik hier vir al die besonderhede hoe jy Showmax by jou DStv-rekening kan byvoeg.

Hoe kyk ek Showmax op my Explora?

  1. Maak eerstens seker jou Explora is aan die internet gekoppel. Besoek dstv.com/getconnected en klik “DStv Connected Explora” in die middel van die bladsy (ons beveel ʼn onbeperkte verbinding van minstens 10Mbps aan vir die beste kykgenot met 2Mbps as die stadigste spoed.)
  2. Om nou Showmax op Explora te kyk, klik op die blou DStv-knoppie op jou Explora-afstandbeheer.
  3. Soek “Watch now” en kies “Showmax”.
  4. Soek enige program of fliek wat jy wil kyk en klik dan op “OK”.
  5. Jy sal versoek word om jou Showmax-intekenbesonderhede in te vul.
  6. Sodra jy ingeteken is, sal daar ʼn 30 sekondes aftelperiode wees voor die program gereed is om te kyk.

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Verskeie flieks en reekse is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.