Só lyk SA se eie Bachelor

Lee Thompson is aangekondig as SA se eerste Bachelor

Suid-Afrikaners wag al sedert Julie vanjaar, toe M-Net aankondig het dat die bekende realiteitsprogram The Bachelor nou ook ’n Suid-Afrikaanse weergawe gaan kry, om te hoor wie die man is wat talle dames wil ontmoet.

Maar nou is die wag verby en die geheim is uit – M-Net het onlangs aangekondig dat Suid-Afrika se eerste Bachelor niemand anders as die sjarmante Lee Thompson is nie.

Thompson is ʼn voormalige Sharks-rugbyspeler en het talle suksesvolle sakebelange op sy kerfstok as entrepreneur.

“Ons eerste Bachelor is ʼn regte droom, en hy is regtig een uit ʼn miljoen,” het M-Net se hoof van bemarking, Lani Lombard, gesê.

“Wanneer jy verder kyk as sy blokkiesmaag en smeulende glimlag, sal jy ʼn egte sjarmante siel vind – ʼn man op wie die kykers en elke deelnemer ongetwyfeld verlief sal raak,” het sy vertel.

Lee Thompson (Foto: Instagram)

Thompson is ʼn internasionale model, maar wanneer hy nie yster in die gimnasium pomp of sakegeleenthede aangryp nie, is hy by liefdadigheidswerk betrokke.

“Ná baie ure se soek na die perfekte Bachelor vir Suid-Afrika, het ons besluit om die 25 vroue wat op The Bachelor South-Africa se kortlys is, te vra wat hulle soek,” het Lombard gesê.

“Hulle was almal baie spesifiek: Hy moet lank wees – die groep van 25 vroue wil gemaklik in hakskoene langs hom kan staan. Lee is 1.88 m lank, so hy pas gemaklik in by die vrouens se versoek. Die volgende belangrike eienskap was dat hy ‘goedhartig’ moet wees. Ander eienskappe soos ‘avontuurlustig’, ‘vrygewig’, ‘finansieel onafhanklik’ en ‘prettig’ was ook baie belangrik vir die dames. Lee het eenvoudig aan al die versoeke voldoen,” het Lombard gesê.

Lee Thompson is ‘n internasionale model wat al op Men’s Health se voorblad was.

Thompson besit en bestuur ʼn skoonmaakmaatskappy genaamd Clean Smart, en ʼn webontwikkelingbesigheid genaamd Skyler Web. Hy het ook die niewinsgewende organisasie #LiveHopeLoveSA gestig.

Thompson het gesê hy alhoewel hy weet The Bachelor is ʼn ongewone manier om sy vrou te vind dink hy dit is die regte plek vir hom om dit te doen.

“My lewensdoel is om ʼn fantastiese gesinslewe te hê, en ja, ek weet dit is ʼn ongewone manier om ware liefde te vind, maar iets diep binne sê net vir my dat die heelal vir my gaan gee wat ek nodig het – die vrou van my drome. Ek kan nie wag om die 25 vroue toe ontmoet nie. Ek het geen vooropgestelde idee saam met wie ek my lewe wil deurbring nie, want hierdie dinge werk op misterieuse maniere,” het hy gesê.

Die heel eerste The Bachelor South Africa sal op die volgende Valentynsdag, op 14 Februarie 2019, gebeeldsaai word. Inskrywings het reeds gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Vry dat die spoegspat ·

Ag nee sies. Neem aan hy gaan soos die Amerikaanse Bachelor maak en elke liewe girl dik vry — goedkoop program — maar ja, dit sê baie van die vrouens wat inskryf vir die program….

Jaap ·

Se baie van ou wat inskryf.
Wil jy vir my se hy kan nie n girl kry nie?
Iets fout met hom???

heelal ·

Hoop jy kom tot jou sinne bra… die heelal gaan beslis nie vir jou n vrou gee nie. Net God kan die regte maat gee. Die stem binne in jou…. Trust God for her… not the universe…

Pampers ·

Ek het nog nooit the bacholor gekyk nie. Ek dink Lee Thomason is pragtig. Kyk as ek nou n jonge dame was het ek beslis die geleentheid aangegryp. En ek is seker ons mense het beter waardes as van die ander lande. Op boer soek n vrou het ek nog nooit gesien daar word links en regs gevry nie, so gee ons bachelor en die girls ruimte voordat dat sommer net so gejudge word.

honourable member ·

Baie van hierdie ouens doen dit om hulself en hulle besighede te bemark.

Piet Magriet ·

Jy is heeltemal reg. Die program het oorsee ‘n baie lae slaagsyfer as dit kom by die finale uitkoms, want bitter min van die ‘paartjies’ bly bymekaar. Hierdie knaap sal ook nie trou met sy finale keuse nie, kyk maar mooi.

Bachelor Aanhanger? ·

Ek kan nie meer wag nie, sterkte hoop regtig jy vind die regte vrou. Bachelor is nog altyd een van my gunsteling programme!

Debbie ·

Agggg jul is n klomp suurknolle…
Ek sommer opgewonde om iets te kyk wat lekker vermaak gaan wees.

Helena ·

Ongeag sy redes, hy is vir seker BAIE SAG op die oog en het die kenmerke waarna vroue soek; veral lengte en goedhartigheid.

Bokkie ·

Ek stem – mooi was not nooit lelik nie! Ai jah jah, tog so sag op die oog!!

Cora Simpson ·

Ek is 76 en daar is niks met my oe verkeerd nie , en ek kan aan al die moaners se pragtig en aantreklik was nog nooit n sonde nie. Alle voorspoed met die program

Jessica ·

he will be divorced before he marry the woman who will be lying her way into his life.

GM ·

‘If you wanna be happy for the rest of your life, never make a pretty woman your wife’ :-)

chantel ·

Baie netjiese man – MAAR nee dankie watter mens neem deel of skryf in om deel te wees
van sulke onheil- hulle vry onder mekaar en huil oor n man wat hul skaars ken maar reeds wild gesoen het Verklaar liefde sommer binne n week maar 2 ander is al besig om nog n verlei sessie te beplan Ek weet nie gaan dit die geval wees in SA maar dis nou glad nie my tipe vermaak nie

J ·

Soos boer soek n vrou waar hulle lekker los is net om plaas lewe te he

Haan ·

Vlak vermaak vir eenvoudige vrouens om hulself in te verlustig.

ALTA ·

Kan nie wag nie! Gun ‘n ou tannietjie van 68 haar plesiertjie!! Oeee, mooi was nog nooit lelik nie!

Oumatjie ·

Ag toe, julle suurknolle/ realiste/jaloerses?
Het jul dan vergeet hoe dit voel om (verantwoordelik) JONK te wees?

Afrikaans ·

Ek hoop almal praat engels met ‘n afrikaanse aksent. Dit sal die hele program net soveel meer genotvol maak!!! :-)

Salomé ·

Kyk, as jy so lyk en boonop suksesvol is, maar nie self ‘n vrou kan kry nie sal daar rooi ligte vir my flikker… Ek sal maar ligloop…

Belinda ·

@Linda, ek sê dieselfde, amper vat ek my koffie met Creme ;)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.