‘Somer Son’-paartjie weer saam in komieklike advertensie

Reynard Slabbert en Juanita Velts. (Foto: Verskaf)

Reynard Slabbert en Juanita Velts. (Foto: Verskaf)

Die akteurs Reynard Slabbert en Juanita Velts het fliekgangers in 2015 gaande gehad as die paartjie in die vakansiefliek Somer Son.

Nou is dié twee geliefde akteurs weer saam te sien as ʼn paartjie in die jongste en komiese Slender Wonder-advertensie.

Somer Son vertel die verhaal van ʼn paartjie wat ná vyf jaar van getroude lewe besluit het om weg te breek Mosambiek toe om die liefde net weer so ʼn bietjie aan te wakker. Hulle ondervind egter motorprobleme in gietende reën en eindig gestrand op in die vreemde.

Fliekgangers was dit eens dat dié rolprent sommer vet pret was. Juis daarom is dit so lekker om twee van die akteurs van die rolprent nou in ʼn ander gedaante saam op die kassie te sien.

Die advertensie speel ook af teen die agtergrond van ʼn vakansie. Manlief (Slabbert) word by die lughawe voorgekeer deur sekuriteit, omdat hy glad nie soos sy paspoortfoto lyk nie. Dit lei tot ʼn komiese oomblik of twee soos wat hy almal probeer oortuig dat hy wel die man op die foto is. Nadat hy sy bril afgehaal het en die lug uit sy wange geblaas het, glo hulle hom uiteindelik en laat hulle hom deurgaan.

Die sentrale tema van die advertensie spot met die feit dat so baie mense skaam is vir hoe hulle op hul ID-foto of paspoortfoto lyk. Dan kom die pittige boodskap – hoe wonderlik moet dit nie wees om soveel anders te lyk as toe die foto geneem is nie?

Kyk hier na dié prettige advertensie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nettie ·

Ag, dankie Maroela Media, dié een het sommer ‘n lekker “smile” laat opkom op ‘n andersins moerige, moeilike, mislike Maandag!

Carlien ·

Ag hoe lekkker om iets positief en komies tussen al die negatiewe nuus te sien, doen so voort. Ons het meer sulke ligte oomblikke nodig, ek voel nou sommer lus vir die res van my dag..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.