Splinternuwe komedie: Elke skewe pot

Is daar inderdaad, soos die spreekwoord sê, vir elke pot ʼn deksel?

kykNET se nuwe komediereeks Elke skewe pot gaan oor vier uiteenlopende vroue wat ’n afspraakwebwerf bedryf. Op dié werf vind almal skynbaar liefde … behalwe hulle vier.

Sandra Koekemoer is die eienaar van die webwerf, en het van haar kinderdae af die gawe om vir mense die perfekte pasmaats te vind. Haar regterhand by die webwerf is Wilma, ’n 38-jarige seksueel geïnhibeerde perfeksionis wat haar bes probeer om ook van die rak af te klim voor haar vervaldatum.

Die sekretaresse, Lulu, is ʼn regte manne-eter, en baie gemaklik in haar eie vel. En dan is daar Anna, die 31-jarige webblog-skrywer wat Elke skewe pot se kliënte help om hul positiewe eienskappe te verwoord. Sy is die nuutste lid van die span, wat haar kêrel en haar werk los tydens ʼn eksistensiële krisis, en haar nou by Elke skewe pot bevind.

Anna se eks Tertius maak ook nou en dan sy verskyning, maar eintlik spat die vonke tussen Anna en Benny, die kroegman by die kuierplek waar almal na ʼn harde dag se werk ontspan.

Tannie Tossie bedryf die biltongwinkel langs die kantoor waarin die vier vroue werk, en maak almal se lewens moeilik. Sy is oortuig dat hulle ʼn gesellinklub onder haar neus bedryf, en probeer haar bes om ʼn stokkie voor dié storie te steek.

Kykers sal ook die aantreklike IT-ou Jaco Smit en die asemrowende kelnerin Natasha Jones ontmoet terwyl ons week na week beleef hoe hierdie vroue wat so hard werk om vir ander ware liefde te help vind, self keer op keer bloutjies loop wanneer dit by hartsake kom.

Teken in op Showmax om Elke skewe pot en ander kwaliteit-komedies te kyk, net wanneer en waar jy wil. Vanaf 11 Julie is Elke skewe pot vir die eerste keer op Showmax beskikbaar, met nuwe episodes elke Dinsdag. Indien jy nog nie vir Showmax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

*Let daarop dat hierdie reeks vanaf 11 Julie aanvanklik net vir Showmax-kykers in die buiteland beskikbaar gemaak word. Laat weet gerus jou vriende en familielede in die buiteland!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.