Splinternuwe reekse en flieks op Showmax in Februarie

Immergewilde flieks en TV-reekse soos The Newsroom en Notting Hill is maar net van die hoogtepunte in Februarie waarna jy kan uitsien. Dan is daar ook talle plaaslike gunstelinge soos Jagveld, Glam Guru en Die Kasteel.

Internasionale reekse

Siren S2 | Weekliks direk ná uitsending in die VSA | Eerste op Showmax

Eens het niemand geglo dat meerminne bestaan nie. Nou is die klein dorpie Bristol egter skynbaar vol van hulle – en hulle is nie beïndruk met die menslike inwoners nie. Kan die vrede in hierdie opwindende nuwe seisoen bewaar word?
Kyk nou »
Nuwe episodes volg elke Maandag

Sharp Objects S1
Amy Adams speel vir die eerste keer die hoofrol in ’n TV-reeks. Sy is ’n joernalis wat ondersoek instel na die moorde op kinders in haar tuisdorp. Maar haar familie en die dorp self het hul eie geheime in dié spanningsvolle nuwe riller mini-reeks.
Kyk nou »

The Leftovers S1-S3
Drie jaar nadat ’n onverklaarbare gebeurtenis veroorsaak dat miljoene mense verdwyn, probeer die inwoners van ’n klein dorpie in New York sin maak van ’n nuwe wêreld waarin families verbrokkel en geloofsisteme inmekaargetuimel het.
Kyk nou »

Silicon Valley S5
Erlich die reeks-belegger is nie meer in die prentjie nie, maar Pied Piper doen beter as ooit (wat nie eintlik veel sê nie). In die oproerige nuwe seisoen van die treffer-komediereeks moet Richard weer probeer om al daardie bleeksiel-ego’s in lyn te hou, maar sal hy dié keer daarin slaag?
Kyk nou »

The Newsroom S1-S3
Geniale skrywer Aaron Sorkin verskuif sy fokus na die voortsnellende wêreld van televisienuus. ’n Sterbelaaide rolverdeling onder leiding van Jeff Daniels verskyn in The Newsroom, ’n plek waar die jongste nuus kompeteer met persoonlike drama en groot ambisies.
Kyk nou »

Vinyl S1
Hy is ’n oor-die-muur vervaardiger en die musiekwêreld is vinnig aan die verander. Maar Richie Finestra weet steeds hoe ’n treffer klink wanneer hy een hoor, en vind so ’n geleentheid om sy platemaatskappy te red. Vervaardig deur Martin Scorsese en Mick Jagger.
Kyk nou »

Internasionale flieks

Notting Hill

’n Toevallige ontmoeting tussen ’n A-lys filmster en ’n beskeie boekhandelaar word ’n ernstige verhouding en draai die boekhandelaar se lewe op sy kop. Maar, soos hierdie romantiese komedie vir ons wys, is dit soms nodig om uit jou gemaksone te beweeg wanneer die liefde daarop aandring.
Beoogde vrystellingsdatum: Donderdag, 7 Februarie 2019

Mojave
Fliekregisseur Tom gaan woestyn toe om weg te kom van alles. Maar wanneer sy paaie met dié van ’n gevaarlike swerwer kruis, ontstaan ’n kat-en-muis-speletjie wat net een van hulle sal oorleef.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 4 Februarie 2019

Kinderprogramme

Floogals S1


Drie klein ruimtewesens trek by ’n mense-familie in om meer te leer oor die lewe op Aarde. Hulle moet versteek bly, maar dis nie maklik as mens só anders is nie!
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 4 Februarie 2019

Fort Boyard: The Ultimate Challenge S5-6
Twee spanne moet mekaar uitoorlê om te wen. Dit sal breins en spierkrag kos vir hierdie groepe tieners om die uiteindelike uitdaging aan te pak: ’n reeks fisieke en verstandelike struikelblokke wat oorkom moet word in hierdie opwindende werklikheidsreeks.
Beoogde vrystellingsdatum: Donderdag, 7 Februarie 2019

Suid-Afrikaanse toevoegings

Binnelanders S13


Beleef die lief en leed van die personeel van die Binneland Kliniek. Dis nie net die pasiënte wat genesing nodig het nie – die dokters kan ook doen met ’n bietjie liefde en sorg wanneer hulle hul eie liefdes- en lewensdramas in die gesig staar.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 18 Februarie 2019

Jagveld
Deon Meyer se riller kry lewe op die skerm in hierdie spannende film. ’n Groep dwelmhandelaars maak ’n polisieman dood – en nou moet hulle die enigste ooggetuie vang. Maar Emma le Roux is ’n soldaat se dogter, en sy gaan nie sommer lê nie.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 4 Februarie 2019

Fighting for Life
Die Drakenstein Gevangenis is ’n plek vir geharde kriminele wat lang vonnisse uitdien. Maar die Nederlandse boksafrigter Sharita van der Hulst bring nuwe hoop vir die gevangenes met haar rehabilitasieprogram in hierdie ongelooflike dokumentêr.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 4 Februarie 2019

You Must Be Joking
Beleef weer Leon Schuster se grensverskuiwende versteekte-kamera-lawwigheid wanneer hy onbewuste Suid-Afrikaners in belaglike situasies inlok, toekyk as hulle dit heeltemal verloor, en dan sy masker afhaal. 30 jaar later is dit steeds klassiek.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 4 Februarie 2019

Glam Guru S11-12
Stilis Hannon Bothma en sy span wys vir kykers hoe maklik dit is om goed te lyk en te voel. Elke week verander hy iemand se lewe deur hulle ’n splinternuwe voorkoms te gee.
Beoogde vrystellingsdatum: Donderdag, 7 Februarie 2019

Die Kasteel S1
’n Sakeman verloor byna alles in ’n piramide-skema. Al wat die gesin oor het, is hulle huis, wat hulle in ʼn boetiek-hotel omskep. Chaos volg wanneer die onervare hoteliers probeer om kop-bo-water te hou en hulle gaste te bestuur.
Beoogde vrystellingsdatum: Maandag, 11 Februarie 2019

 

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie fliek is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.