Splinternuwe TV-reeks in SA vervaardig

Verfilming van die eerste Showmax Original-reeks, ʼn “mockumentary” (satiriese dokumentêre fliek), het verlede week in Kaapstad begin.

Julia Anastasopoulus, beter bekend as SuzelleDIY, speel die hoofrol van die reeks, Tali’s Wedding Diary. Sy vertolk die rol van Tali, ʼn “Sandton-prinses” wat na Kaapstad verhuis en ʼn span huur om ʼn dokumentêre reeks oor haar te vervaardig voor haar troue met haar eiendomsagent-verloofde Darren.

Sedert SuzelleDIY op YouTube bekend gestel is, is meer as 70 video’s al vervaardig wat reeds meer as 22 miljoen keer gekyk is. Een van die video’s, “How to make a cinderblock bench” is 2,5 miljoen keer gekyk.

Ari Kruger, medevervaardiger en regisseur van Tali’s Wedding Diary, het baie ervaring as regisseur vir advertensies, musiekvideo’s en aanlyn inhoud. Sy kortflieks trek baie aandag op die internet en is reeds by verskeie filmfeeste wêreldwyd vertoon.

Julia en Ari het in 2014 saamgespan en hul vaardighede en passie vir komedie aangewend om die suksesvolle SuzelleDIY-handelsmerk te vestig. Die twee het ook intussen ʼn vervaardigingsmaatskappy genaamd Sketchbook Studios begin.

“Toe ek en Ari Showmax genader het, het ons geweet ons het ʼn uitstekende idee, maar ons was nie seker of hulle sou belangstel nie. Dis moeilik om ondersteuning te kry vir ʼn produksie in Suid-Afrika,” verduidelik Julia. “Showmax het egter dadelik belang gestel in dit wat ons wou doen. Dis presies die tipe ondersteuning wat die filmbedryf in die land nodig het.”

Tali’s Wedding Diary word tans in Kaapstad verfilm. Die reeks sal agt episodes hê en in Desember op Showmax beskikbaar wees. Elke episode sal ongeveer 20 minute lank wees.

Lees meer oor Sketchbook Studios
Indien jy nog nie vir ShowMax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Janie Monsieur ·

Dagsê,
Dankie vir jou valkoog! Die berig is reeds gewys.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Nettie ·

Twee dinge:

1) Maroela, julle maak ‘n fout reg MET ‘n fout – dit moet lees: “Die berig is reeds gewysIG”.
2) Die aktrise in die rol moet familie van “The Nose” (Barbara Streisand) wees – KYK NET DAAI
NEUS!!!

Sonja Coetzee ·

Wat van ons wat nie die vol pakket van DSTV-Showmax nie het op van ons dekoders nie??Want ek betaal elke maand my rekening op tyd en n bietjie meer want DSTV het n paar goeie kanale.Sou ook bitter nice gewees het as jy self jou kanale kon kies want die wat nie gekyk word nie is soos n wit olifant waar ander kykers dalk ons kanale kyk.Want ons sou ook graag wou sien hoe Tali’s wedding dairy wou kyk want het ook nie internet by ons huise om die Suzelle DIY op youtube te kyk.Ek vra maar net……

Roger ·

Om jou eie channels te kies sal jou baie duurder uitwerk, daar redelik baie berigte ook hieroor, dis regtig baie duur om channel vir channel te kry. Jy mis nie veel met Suzelle nie, aangeplakte afrikaanse aksent terwyl sy probeer snaaks wees. Showmax het net so baie ou programme soos dstv en mis nie te veel daarop nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.