‘Suidooster’ word 2: Hier is ʼn paar kitsfeite

Suidooster se akteurs (Foto: Donna Lewis/Facebook)

Die kykNET-sepie Suidooster vier vandeesweek sy tweede verjaarsdag.

Suidooster is die eerste Afrikaanse sepie wat in Kaapstad geskiet word en is ook een van die kanaal se gewildste programme.

Bradley Joshua, ʼn uitvoerende vervaardiger van die sepie, het aanhangers vandeesweek bedank vir hul bydrae in Suidooster se tweede verjaarsdag.

“Die sukses van Suidooster is verbysterend en is dit baie duidelik dat dié sepie nog vir jare sterk op kykers se skerms gaan ‘waai’,” het hy gesê.

Suidooster word Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET en kykNET & kie uitgesaai. Vir meer inligting, besoek die kykNET-webwerf.

Hier is ʼn paar feite:

  • Suidooster is die eerste Suid-Afrikaanse sepie met ’n Moslemgesin as hoofkarakters.
  • In 2015 het dit ’n blitsvinnige vyf maande en 15 dae geneem om alles gereed te kry – van die aankondiging op 1 Junie 2015 tot die eerste episode op 16 November 2015 uitgesaai is.
  • Die vervaardiging van Suidooster het op 12 Oktober 2015 begin.
  • Die 387ste episode van Suidooster is Donderdagaand (16 November) uitgesaai.
  • Om een episode van 22 minute uit te saai, skiet drie kameras vir ongeveer 10 ure elke dag – wat beteken ongeveer 30 ure se skietwerk word afgesny na 22 minute.
  • Die sepie neem 80 mense permanent in diens wat 19 akteurs insluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.