‘Survivor SA’: ‘Hy het vir ons almal aanleiding gegee’

Die oorblywende 7 deelnemers het vir hul plek in die spel geveg (Foto: Verskaf)

Die oorblywende deelnemers van Survivor SA het Donderdagaand tydens ’n dramatiese “Tribal Council” ’n niksvermoedende Toni Tebbutt uitgestem en haar die vierde jurielid gemaak.

Toni het, voordat sy die “Tribal Council” verlaat het, die oorblywende ses deelnemers gewaarsku om Werner nie te vertrou nie.

“Ek en Werner het van die begin af ’n goeie verhouding gehad. Ons het altyd op dieselfde tyd wakker geword en dan goeie gesprekke gevoer. Hy het van die begin af gesê ek en hy gaan saam tot aan die

Toni word uit Survivor SA gestem (Foto: Verskaf)

einde van die spel wees.

“Maar hy het my deur sy spel aanleiding gegee, en nou is dit duidelik dat hy vir almal aanleiding gegee het. Hy het aan almal dieselfde dinge beloof. Ses mense in die stam dink hulle gaan saam met hom deur na die finaal,” het Toni aan Maroela Media gesê.

Volgens Toni het sy aanvanklik nie vermoed dat sy uitgestem gaan word nie, maar tog instinktief geweet sy gaan uit toe sy haar naam op die papiertjie sien.

“Dit was vreemd om my naam neergeskryf te sien, want dit was die eerste keer in die hele spel dat iemand vir my gestem het. Maar toe ek dit sien, het ek ʼn gevoel gehad dat ek uitgestem gaan word,” het sy gesê.

Toni Tebbutt (Foto: Verskaf)

“Ek het myself probeer oortuig dat mense net Tom se naam verkeerd gespel het, maar toe besef ek hy het die immuniteitshalssnoer en hulle het regtig bedoel om vir my te stem! Ek het verraai en seergemaak gevoel toe hulle my naam uitlees. Ek was getrou aan my alliansie, maar om watter rede? Hulle het my in elk geval uitgestem,” het sy gesê.

Toni het gesê sy sal nou vir iemand stem om die R1 miljoen-prysgeld te wen wat sy of haar eie kop gevolg en nie net gedoen het wat iemand anders hom of haar gevra het om te doen nie.

“Dit was die probleem in my spel, ek het probeer getrou bly aan my alliansie. Ek wou met my hart speel en nie met my kop nie. Ek wou eerder aan my alliansie getrou bly, en aan die einde het juis dít my ondergekry. Ek sal nou vir deelnemers stem wat hul eie kop en hul eie hart volg,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elsa ·

As R1 miljoen ter sprake is in ‘n Survivor game……….. Jy is jou eie beste vriend. Jy vertrou niemand nie.

Toni is n irritasie ·

Toni praat hopeloos te veel. Ek sou AL LANKAL nie meer luister nie. Ag en die VINGERS as sy so tel!!!
Toni! Dir was jou tyd. Jyt almal irriteer. Kyk asb na die show. Jy praat en praaaat en praaaaaaaat en niemand luister nie
O en om te sê Katinka is kinderagtig want sy is jonger as jy en praat minder as jy…… JY IS WAY MORE IMMATURE Oor 30 maak jou nie mature nie
Ps…. leer ook om minder te vloek

E.K. die eerste ·

Toni en andere wat al uitgestem is – sou jul hier lees: Moenie ‘n “sore looser” wees nie. Jy WEET as jy vir die reeks inskryf jy gaan belieg en/of verraai word en jy gaan een of ander tyd uitgestem word. Kom oor dit. Dis hoe dit is. Reeks kom nie naby oorspronklike een nie maar ons kyk maar ; D

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.