‘Survivor SA’ is terug!

Nico Panagio, die aanbieder van Survivor SA (Foto: Verskaf)

Survivor SA het Sondagaand uiteindelik aangekondig dat dié gewilde werklikheidsreeks hernu is vir nog ʼn seisoen.

M-Net het gesê Survivor SA se agtste seisoen sal Immunity Island genoem word en in 2020 op die kassie te sien wees. Inskrywings vir die seisoen is nou oop.

Survivor SA: Island of Secrets was ʼn fenomenale sukses danksy die interessante maar diverse groep spelers,” sê M-Net se bemarkingshoof, Lani Lombard.

Die uitvoerende vervaardiger van Survivor SA, Handrie Basson, moedig aanhangers van die program aan om vanjaar in te skryf.

“As jy lief daarvoor is om na Survivor te kyk, as jy al op die televisie geskree het uit frustrasie en bewondering, as jy al gesê het: ‘Ek sal dít kan doen!’, of as jy al gedink het: ‘Ek sal dit nooit doen nie!’ … dan is dit tyd om van die bank af op te staan en op die eiland te kom speel,” sê hy.

Vanjaar is daar slegs een manier om vir Survivor SA in te skryf – deur die aanlyn inskrywingsvorm in te vul.

Op M-Net se webwerf sal jy ʼn inskrywingsvorm invul wat bestaan uit ʼn paar persoonlike vrae. Jy sal ook ʼn video moet oplaai om te motiveer hoekom jy verdien om een van die deelnemers te wees.

Om in te skryf moet jy ouer as 18 jaar wees teen die sluitingsdatum, 20 Januarie 2020. Jy moet ook ʼn Suid-Afrikaanse burger wees en permanent in Suid-Afrika woonagtig wees. Jou paspoort moet geldig wees tot Augustus 2020.

Hoewel M-Net nog nie aangekondig het wanneer presies Survivor SA op die kassie gaan wees nie, sê hy dit sal in die tweede helfte van 2020 wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

chantelle ·

Hoop nie dus nou weer reeds bekende mense wat gekies word nie
Waarom moet die nie bekende mense dan immers nog inskryf?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.