‘Survivor SA’ keer terug; skryf só in

Nico Panagio (Foto: Facebook via Survivor SA)

As jy nie ʼn bang haar op jou kop het nie en boonop bereid is om die gemak van jou eie huis prys te gee om vir ʼn klompie nagte in die wind en weer op ʼn verlate eiland te woon, staan jy dalk ʼn kans om R1 miljoen in jou sak te steek.

ʼn Nuwe seisoen van die gewilde werklikheidsreeks Survivor SA is terug op openbare aandrang en gaan binnekort weer op die kassie te sien wees.

Dié reeks, waarvan reeds vyf seisoene uitgesaai is, beloof om vir selfs meer naelbyt-oomblikke te sorg.

Lani Lombard, M-Net-hoof van publisiteit, sê dié nuwe reeks vorm deel van die televisiekanaal se verskeidenheid plaaslike programme wat ten doel het om kykers vasgenael te hou.

“M-Net beplan om kykers volgende jaar selfs meer voor die televisie vasgenael te hou met ʼn groot aanbieding van plaaslike televisiereekse, en ons is dankbaar dat Survivor SA deel van dié aanbieding uitmaak. Kykers vra al ʼn geruime tyd vir ons om nog ʼn seisoen van dié reeks te vervaardig – as jy dus dapper is en strategies kan dink, moet jy hierdie geleentheid aangryp,” sê Lombard.

Die sesde seisoen van Survivor SA gaan weer deur die akteur en televisiepersoonlikheid Nico Panagio aangebied word.

Aanlyn video-inskrywings is nog oop tot 26 November. Alle aansoekers moet 18 jaar of ouer wees teen 30 November vanjaar. Om in te skryf, besoek M-Net se webwerf.

Jy kan ook die Survivor-span ontmoet by drie verskynings wat nog tot 25 November gehou gaan plaasvind. Dié verskynings vind plaas op 11 November by New Beach in Durban, op 18 November in Canal Walk in Kaapstad en op 25 November by die Mall of Africa-winkelsentrum in Johannesburg. Meer inligting oor dié verskynings is ook op M-Net se webwerf beskikbaar.

Survivors ready? GO! Get your weekend entry in NOW on mnet.tv/survivorsa

Posted by Survivor SA on Sunday, November 5, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Cyril Blackburn ·

Dagsê Christa
Dankie vir jou kommentaar! Besoek gerus M-Net se webwerf om vir die werklikheidsreeks in te skryf. Volg gerus die skakel in die berig. Baie sterkte!
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.