Talle nuwe gesigte vir ‘Suidooster’

Ivan Abrahams. (Foto: Verskaf)

Ivan Abrahams. (Foto: Verskaf)

Aanhangers van die kykNET-sepie Suidooster kan in die volgende paar weke uitsien na ʼn paar nuwe gesigte in Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar dié gewilde sepie afspeel.

Binnekort gaan kykers met Ruben Engel as Lloyd kennis maak. Ruben was onlangs in die gewilde Marc Lottering-verhoogproduksie Aunty Merle the Musical te sien, maar kykers sal hom ook herken as Zain van die kykNET & kie-dramareeks, danZ!. Hy doen sedert 2016 modelwerk en was in 2009 die naaswenner in die Mnr. SA-kompetisie.

Volgens Ruben gaan Lloyd glo kykers se bloeddruk behoorlik opjaag as hy en Bianca (Simone Biscombe) ʼn paartjie word. “Lloyd besorg groot hartseer vir Ruiterbosch se geliefdste familie, die Samsodiens,” onthul Engel.

Die uiters gewilde aktrise Jana Strydom maak ook vroeg in September vir ʼn paar weke haar terugkeer na ʼn sepie wanneer sy by die Suidooster-familie aansluit.

Ruben Engel. (Verskaf)

Ruben Engel. (Verskaf)

“Ek sal as Vivienne te sien wees en gaan Chris (Marcel van Heerden) se hart steel en moontlik breek,” verklap Strydom. “Maar dis ook ʼn mooi storielyn oor die ewige stryd of jy met jou hart of verstand moet dink.”

Ivan Abrahams keer ook in September terug as pastoor Ronald, Siya (Gantane Kusch) se oupa en Mrs J (Therese Sedras) se kêrel.

“Pastoor Ronald het oorspronklik kykers se hart gesteel toe hy Mrs J in haar stryd teen kanker bygestaan het en dié twee boonop verlief geraak het,” sê Wilmer Müller, Suidooster se publisiteitsbestuurder.

“Ronald was ongelooflik gewild onder kykers en hulle sal bly wees om te hoor dat hy homself nou uiteindelik permanent in Ruiterbosch gaan vestig.”

In Oktober maak ook die radio-persoonlikheid Charlene le Roux haar verskyning as Nina in Suidooster.

“Charlene het veral bekendheid verwerf as ʼn nuus- en verkeersverslaggewer vir EWN en luisteraars van Kfm 94.5 en Cape Talk sal dus haar stem herken,” sê Müller.

Suidooster word op Maandae tot Vrydae om 18:30 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ellisras ·

Die is goeie nuus. Waneer gaan Pippa weg? Uit Binnelanders. Enige voorspelling hoe?

Andre C ·

EWN ,KFM 94.50 en Cape Talk op jou CV.Dus het Charlene vir die liberale media gewerk !
Lesers kan gerus na EWN se eensydige beriggewing kyk.

ROFL ·

ROFL “briljante sepie” :;))))DDDD LOL erger as mense mense

Trudie ·

Sê wie? Net omdat hy kleiner as sy is. Hul harte is ewe mooi. Ek sien uit na al die nuwe verwikkelinge in Ruiterbosch.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.