‘The Bachelor’ kom SA toe!

The Bachelor (Foto: Verskaf)

M-Net het pas bekendgemaak dat die gewilde wêreldwye realiteitsprogram The Bachelor nóú ook na Suid-Afrika kom.

Die heel eerste The Bachelor South Africa sal op die volgende Valentynsdag, op 14 Februarie 2019, gebeeldsaai word.

Inskrywings vir dié opwindende nuwe reeks het vandag geopen by www.mnet.tv/thebachelorsa en sal op 20 Augustus 2018 weer sluit. “Die soeke na 25 pragtige enkellopende vroue, wat gereed is om die liefdesvlam aan te steek met ’n ridder op sy wit perd, het begin,” het M-Net in ’n verklaring gesê.

The Bachelor is al vir 22 seisoene in Amerika geproduseer en die reeks is te sien in meer as 30 ander lande. In 2017 was The Bachelor die mees bekende reeks in Amerika, Kanada, Duitsland, Nieu-Seeland, Swede, Finland, Rusland, die Oekraïne én Switserland.

Suid-Afrikaanse kykers wat die Amerikaanse reeks volg, sal weet dat The Bachelor oor een gelukkige man gaan wat probeer om ʼn lewensmaat te vind. Hy ontmoet 25 enkellopende vroue wat gereed is om liefde te vind en gaan dan op talle romantiese afsprake met hulle terwyl hy geleidelik sy opsies verminder totdat hy sy perfekte maat vind in ʼn dramatiese eindepisode – wat gewoonlik met ʼn verlowing eindig.

As jy ouer as 21 en enkellopend is, en aan die vereistes van die reeks voldoen, is dit dalk jou kans om liefde te vind. Deel van die vereistes is dat jy ʼn geldige Suid-Afrikaanse identiteitsdokument moet hê, en beskikbaar moet wees vir verfilming tussen 6 Oktober en 25 November 2018.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nettie ·

Tjaag nee wat, ek staan g’n kans nie.

Ek is BAIE BESLIS ouer as 21 (47, om presies te wees), nogal mooierig (of so sê ander mense), maar …….. op 130kg is ek VIR SEKER nie wat mans soek nie. Meeste mans soek moet 38-32-36 afmetings …..

Buitendien, eintlik hét ek alles wat ‘n man verteenwoordig: ‘n hond wat vir my blaf, ‘n papegaai wat my vloek en ‘n kat wat snags rondloop …..

Speedguard ·

Nettie, Uitekend gestel, jou waarnemings is “on point” !!!

Hendrik ·

Ek het een episode daarvan gesien oorsee. Dis ‘n pot onsedelike gemors. Dit verlaag mense tot blote stoetvee. Dis nie vermaak vir ons mense nie.

DD ·

Nee wat, hou maar verby. Stel ook nie belang om dit eendag te kyk nie…

Dewald ·

Ek het al amper al die bachelor en bachelorettte reekse gekyk en hou baie daarvan en kan nie wag vir Suid Afrika sin nie. Ek sal baie graag wil sien of SA vroue ook so gou sal soen of vry. Maar ek glo nie want ons is nie so goedkoop om net links en regs te vry soos Amerika nie. Net bloot iemand oop mond met tong en al te vry een vir een klink maar vuil.

Kowa ·

Hahaha Dewald ek het amper lus om te vra uit watter boom het jy geval. Suid-Afrikaners nie so “goedkoop” nie sê jy? Ek woon op die platteland en in ons ou dorpie is hier ‘n hele klomp sulke goedkoop mense. Daar in die stede dink ek gaan dit net so rof. Jy mag dalk geskok wees om te sien hier gaan dit nie beter as in Amerika en elders in die buiteland nie.

Yvonne ·

Stem 100% saam. Dit dra net by tot verdere verrotting van die samelewing . Hierdie mense het green self respek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.