‘The Bachelor’-paartjie se paaie skei

Marc en Marisia (Foto: M-Net)

Dit blyk dat die paartjie van die tweede seisoen van The Bachelor SA, Marc Buckner (36) en Marisia van Wyk (24), se paaie geskei het.

Marisia het vandag die nuus op Instagram bekend gemaak toe sy ʼn foto van haarself geplaas het saam met Antjie Krog se bekende gedig “Êrens is jy”.

“En as ek die dag my hand in joune sit, sal ek my padkaarte bêre met die wete, my reise op soek na jou is nou verby. Êrens is jy,” het Marisia geskryf. Daarby het sy hutsmerke soos #NotSettling #NotGivingUpLoveJustYet #KnowYourWorth en #ReadyforCommitment gebruik.

Marc het nog niks op sosiale media hiervan gesê nie.

Ander The Bachelor SA-alumni het bemoedigende woorde in die kommentaarveld vir Marisia gelos.

“Jy sal die geluk kry wat jy verdien, my liefste! Geen twyfel daarin nie,” het Jozaan Digue van die eerste seisoen geskryf.

Andeline Wieland, wat ook aan Marc se seisoen deelgeneem het, het geskryf: “Vriendin, ek weet vir ʼn feit dat die Here vir jou die perfekte man het.”

Marisia en Marc (Foto: M-Net)

Aanhangers van dié paartjie het in die kommentaar laat hoor dat hulle vermoed het iets is fout omdat Marc en Marisia nie meer soveel foto’s saam met mekaar soos voorheen gedeel het nie.

Marc en Marisia het ontmoet tydens die verfilming van die tweede seisoen van The Bachelor SA. Marc moes uiteindelik tussen Marisia en Bridget Marshall kies, en Marc en Marisia was sedertdien ʼn paartjie.

Ná die eindepisode van The Bachelor SA het dié paartjie behoorlik gekoer op sosiale media waar hulle hul lewe met aanhangers gedeel het. Marisia het tydens die landwye afsondering by Marc ingetrek en hulle het selfs ʼn nuwe hond, Sioban, aangeneem. Sioban is nou by Marisia terwyl Marc se geliefde hond, Luna, by hom bly.

https://www.instagram.com/p/CCqIDHQBFOO/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Daleen ·

Dis wat gebeur as jy by “eintlik maar” ‘n wildvreemde ouer man intrek sonder om mekaar eers te leer ken. Hou nie van die program nie dit bevorder losbandigheid en dat dit reg is om meer as een verhouding op dieselfde tyd te he.

SwartBees ·

Gedink als is hunkie dorie tot dat hulle saam intrek. Die hele program is n vals setup en gee die verkeerde boodskap. In plain afrikaans “n bol stomende warm tjol”.

Annelize ·

Dis wat gebeur as ordentlike sedes en waardes by die deur uitgesmyt word in die naam van “Fame & Fortune” . Onnatuurlike immorele gemors wat myns insiens maar gerus van die TV af kan verdwyn.

Niklaas ·

Ek kan nie help om deurgans te wonder of hierdie groot verliefdheid nie net briljante toneelspel is om te dien as TV vermaak nie. Skaars 5 % van al die klas liefde-soek reekse se uiteindelike wenners se verhouding oorleef 3 maande . Boer soek ‘n vrou is nog ‘n voorbeeld . Dit lyk werklik heel kunsmatig as hierdie TV liefde dan so vreeslik blom. Eintlik is dit so “commin” soos ‘n pienk grasperk.

Adri ·

Die tweetjies (volgens my) pas in elke geval glad nie bymekaar nie. Gedink dit sal nie lank hou nie. The Bachelor / The Bachelorette is ‘n klomp snert.

Vonkprop ·

Wat bedoel julle dat hulle paaie geskei het? Hierdie programme werk dan altyd uit en almal vind liefde en almal leef vir ewig gelukkig saam. Dis nou ‘n groot skok vir my. Sy is dan ‘n dogtertjie en hy is ‘n seuntjie, hoe kan dit dan nie werk nie? Moet net nie vir my sê 7de Laan se storielyne is ook vals nie. Ek kan nie nog teleurstelling hanteer nie. Maar ernstig nou, gelukkig kan ons kies wat ons wil kyk. Wat my bang maak is die hoeveelheid kykers wat hierdie tipe programme lok. Dit is miljoene, so dit beteken ons sit met miljoene mense met IK’s wat met ‘n komma begin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.