The Bachelor SA: ‘Dit was te moeilik vir my in die huis’

Pasha groet Marc (Fotot: Verskaf)

In gisteraand se skokkende episode van The Bachelor SA het die pilates-instrukteur en professionele danser Pasha Dos Santos (27) sonder ʼn roos huis toe gegaan.

Pasha, wat van die begin af ʼn voorloper was as gevolg van haar vurige band met Marc, het lank gesukkel om met die ander vroue in die huis oor die weg te kom, en dit het haar uiteindelik haar kans om Marc se hart gekos.

“Ek dink die feit dat van die ander vroue nie regtig van my gehou het nie en lelike goed oor my te sê gehad het, het ʼn impak op my verhouding met Marc gehad,” sê Pasha aan Maroela Media.

Pasha Dos Santos (Foto: Verskaf)

“Ek voel asof ons ʼn sterk band gehad het. Ek moes aan die einde meer aandag gegee het aan my verhouding met Marc, maar die ander vroue het my ondergekry.”

Pasha sê sy was nie heeltemal geskok dat sy nie gisteraand ʼn roos gekry het nie omdat sy kon aanvoel dat Marc homself distansieer van haar en sterker begin voel het oor van die ander vroue.

Sy sê dis vir haar ʼn jammerte dat sy so vroeg reeds moes huis toe gaan.

“Ek wou graag langer bly sodat ek Marc beter kon leer ken, so ek is hartseer daaroor. Maar ek voel tog dat dit my tyd was, want dit was vir my moeilik in die huis.

“Ek was tog bly om terug na my spasie, my huis en my kat te kon gaan,” sê sy.

Tog sê Pasha dit was steeds ʼn ongelooflike ervaring en dat sy baie van haarself geleer het.

“Ek het gedink ek is baie sterker. Ek het beslis gegroei as mens en ek is nou ʼn beter mens as gevolg daarvan.”

Pasha tydens ‘n speletjie in The Bachelor SA (Foto: Verskaf)

Pasha sê sy het geglo dat sy deur The Bachelor ware liefde kon vind, en dat sy steeds daarna streef, maar dat sy steeds enkellopend is en op soek is na ʼn maat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Die Wolf ·

Ek is nie so sekernie. As jy van kleinsaf bederf was, dan vewag jy alles moet in jou skoot val.

Vonkprop ·

Ag siestog. Hoop jy voel gou beter en kry ‘n regte lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.