The Bachelor: Skok ná Lee se laaste roos

Lee Thompson (Foto: Verskaf)

24 vroue het probeer om Lee Thompson se hart te wen en die publiek kon uiteindelik Donderdagaand sien vir wie hy daardie laaste rooi roos gegee het.

Lee het in die finale episode van die eerste seisoen van die Suid-Afrikaanse The Bachelor vir die grimeerkunstenaar Gina Myers (31) die finale roos gegee.

Lee en Gina het egter teen die einde van die episode tot kykers se skok verklap dat hul verhouding nie uitgewerk het nie.

Lee moes in die finale episode kies tussen Gina en die prokureur Jozaan Digue (28) nadat Michelle Reddy, wat vir lank gelyk het of sy Lee se hart kan wen, tydens die vorige roos-seremonie huis toe gestuur is.

Lee en Gina se verhouding het vroeg in die reeks al vlamgevat en die band tussen hulle was duidelik. Gina het vroeër in die reeks vir Lee gesê dat sy nie sal skroom om Kaapstad toe te trek indien dit is wat die verhouding verg nie. Lee en Gina het deurlopend gesê dat hul ‘tuis voel’ wanneer hulle saam is.

ʼn Verstomde Jozaan het in trane uitgebars nadat Lee haar afgesê het. “Dit maak my seer om te sê dat my hart by iemand anders is. Ek moet vandag vir jou totsiens sê, ek is jammer,” het Lee gesê.

Jozaan Digue (Foto: Verskaf)

“Ek is so deurmekaar, ek verstaan nie wat gebeur nie. Ek het dit nie gesien kom nie. Hoekom het hy nie vir my gesê dat hy anders voel nie? Hy moes geweet het, hoekom het hy nie vir my gesê nie?” wou Jozaan weet.

Volgens Lee was die besluit om Jozaan te laat gaan die moeilikste ding wat hy nog moes doen, maar dat sy hart by iemand anders lê en dat die besluit geneem moes word.

Lee het vroeg in die reeks reeds gesê hy is moeg daarvoor om alleen te wees. “My sprokiesverhaal het begin die dag toe jy uit die kar uit geklim het. Jy het my van die begin af laat glimlag. Ek sal graag jou hart vir my wil neem, en ek wil myne vir jou gee. Gina, mý Gina, by jou voel ek tuis. Ek wil nooit hê ons sprokie moet ophou nie. Gina, ek is lief vir jou,” het Lee aan Gina gesê voor hy vir haar ʼn ring gegee het wat die band tussen hulle simboliseer.

Gina Myer (Foto: Verskaf)

ʼn Gelukkige en bewoë Gina het min te sê gehad, maar het wel gesê dat dit ʼn magiese oomblik is. “Ek is lief vir sy hart en dit is die belangrikste deel. Ek voel of ek enige oomblik gaan wakker word van ʼn droom,” het Gina gesê.

Kykers moes egter met ʼn skok agterkom dat die twee se verhouding reeds op die rotse is.

“Ons is nie meer bymekaar nie. Ek was baie deurmekaar oor my besluit na die finale episode, en ek was nie daar vir haar toe sy my nodig gehad het nie. Sy is ʼn wonderlike vrou, so dit was baie moeilik. Ek is teleurgesteld,” het Lee gesê.

Gina het gesê hoewel hulle verhouding nie uitgewerk het nie, hulle steeds in mekaar se lewens was vir ʼn rede.

“Ek moes in sy lewe wees om hom sekere goed te leer, en hy in myne ook,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

My c ·

Publisiteit ‘stunt’. Hul mors net kykers se tyd. Wil net naam maak. En na die reeks breek hul op en dis maar oraait. Nes Boer soek n vrou – n klug.

honourable member ·

Dis maar eintlik n klugspel. Hy moet so vinnig kies en kry nie kans om die meisies ordentlik te leer ken nie want tyd is n faktor. Dis so geforseerde ding.

Osie ·

Gaaaaap. Wat ‘n klugspul. Ons het almal geweet hy sal Gina kies, te danke aan haar konneksies. Goedkoop publisiteit….nog ‘n gaap

Janine ·

Kan nie glo mense kyk na dier twak nie. Dis meer opwindend om te kyk hoe verf droog word as die….

Lizzy ·

Dink Jozaan was d beter keuse. Uit ń kykers oogpunt, het hulle twee altyd gelag en grappies gemaak met mekaar. Teken v gemaklik bymekaar wees en Jozaan was ook d meer avontuurlike eenetjie. ….. Hulle pas vir my beter bymekaar en dan kon Lee ook ń pa op d koop toe, bykry, wat hy nodig het. Sterkte vir al drie. Hoop dinge werk vir al drie uit. Oulike jongmense.

waarheid ·

Desperaatheid van meisies.
Miskien kan hulle dalk die rokke hou?

Chantel ·

Hoe kan so iets ooit werk as jou waardes reg is?
askies ek kan dalk verkeerd wees,mense verskil
Maar as ek sone van hom moet ontvang en jy se eks die een…EK SAL HOM NET NIE KAN VERTROU NIE daar is net te veel vrouens waarvoor hy hoop gegee
Klink skoon gistraand of hy nog wou se hy het die verkeerde besluit gemaak(mar erken dit nie in soveel woorde nie,”op daai tyd het dit reg gevoel”

Marika ·

Hy het verseker die grootste fout van sy lewe gemaak indien hy wel ernstig was oor ‘n verhouding, wat ek sterk betwyfel. Dit is waarom hy vir Gina gekies het. Sy stel nog minder belang in ‘n ernstige verhouding. Ek dink albei is heeltemal te lief vir hulle self. Daar is nie plek vir iemand anders nie. Jozaan is pragtig, ambisieus en ‘n geleerde vrou. Sy staan kop en skouers bo al die ander vrouens uit, en nie net omdat sy lank is nie. Lee het heeltemal te bedreigd gevoel met haar. Ek hoop sy kry ‘n fantastiese persoon wat haar waardeer vir wie sy is. Ten minste het Gina ‘n hengse diamant ring ge-score!

faye ·

What stops Lee for giving Jozaan the opportunity now to be part of his life, she is worth it, the only reason Gina got the ring is because of Reeva, give Jozaan a chance imagine how many viewers would watch that episode I would.

Lizelle ·

Ai … dit is hartseer om te dink dat mens deur soveel dinge gaan om die regte een te vind en dan werk dinge nie uit nie. Ek wens ek kon so proses deur gaan en meer leer van myself en tot wat ek in staat sal wees as ek in so situasie moet wees. Ek dink nie dat ‘n mens so besluit ligtelik maak nie, ek dink dit is ‘n baie moeilike ding om deur te gaan en die heel ergste van alles is dit is “public” …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.