‘The Bachelorette’: Dié drie is oor

Qiniso van Damme (Foto: M-Net)

Justin, Swazi en Gareth is die drie mans wat oor is in The Bachelorette SA, nadat Qiniso van Damme Donderdagaand vir Vuyani huis toe gestuur het.

Tydens Donderdagaand se episode het Qiniso ʼn romantiese afspraak met al vier mans gehad, en is sy die opsie gegee om tyd alleen saam met elkeen van hulle ná die afspraak deur te bring. Hoewel al die mans gewillig was, wou Qiniso slegs ekstra tyd saam met Gareth deurbring en het die res se langer kuiertjies van die hand gewys.

Vuyani sê dit is moeilik om weet waar jy staan in jou verhouding, in vergelyking met ander verhoudings, terwyl jy nog in die proses is om die verhouding te ontwikkel. Daarom het hy nie verwag om huis toe gestuur te word nie.

Qiniso groet vir Vuyani (Foto: M-Net)

“Ek weet ons afspraak was nie perfek nie, maar ek het nie geweet dit beteken ek gaan huis toe gaan nie.

“Natuurlik is dit nie ʼn lekker gevoel om nie ʼn roos te kry nie, veral nie op so ʼn groot platform op televisie nie, maar ek was bly vir die ander drie wat wel rose gekry het.

“Dit is egter jammer as jy nie na die volgende fase kan aanbeweeg saam met die mens in wie jy belangstel nie,” sê hy aan Maroela Media.

Vuyani sê hy weet darem hoe om waardig te verloor en dat hy dit altyd met grasie probeer doen. Hy meen enigeen van die oorblywende mans is ʼn goeie pasmaat vir Qiniso.

Vuyani sê sy ervaring op The Bachelorette was een van enorme groei en uitdagings. Hy is ook agterna baie dankbaar dat hy dit gedoen het. Vuyani is tans steeds enkellopend.

The Bachelorette SA is elke Donderdag om 19:30 op M-Net-kanaal 101 te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

M-woord ·

Wow! Ek volg nie die strooi op tv nie. Sien ek reg? Twee van die 3…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.