‘The Big Bang Theory’ kom tot ʼn einde

Die uiters gewilde TV-komedie The Big Bang Theory sal tot ʼn einde kom ná die 12de seisoen wat volgende maand in Amerika begin wys.

“Ons is so dankbaar aan ons ondersteuners vir die 12 seisoene. Ons, die akteurs, die skrywers en die produksiespan het uiterste waardering rakende die sukses van die reeks en sal poog om ʼn finale seisoen en ʼn finale episode te lewer wat The Big Bang Theory tot ʼn epiese, kreatiewe einde sal bring,” het Warner Bros. Television, CBS en Chuck Lorre Productions in ʼn verklaring gesê.

Die 12de seisoen sal op 24 September in Amerika begin wys en die reeks sal in Mei 2019 eindig. Die reeks oor ʼn groep eienaardige wetenskaplikes en hul mooi buurvrou, Penny, is een van die suksesvolste televisiereekse sedert dit in 2007 die eerste keer gebeeldsaai is.

Die karakters en akteurs wat hulle vertolk, is: Sheldon (Jim Parsons), Leonard (Johnny Galecki), Penny (Kaley Cuoco), Wolowitz (Simon Helberg), Raj (Kunal Nayyar), Bernadette (Melissa Rauch) en Amy (Mayim Bialik). Bernadette en Wolowitz is getroud en het twee kinders. Leonard en Penny is getroud en Sheldon en Amy het in die laaste episode van die 11de seisoen mekaar ewige trou beloof.

The Big Bang Theory is al vir 52 Emmy-toekennings benoem waarvan die reeks 10 gewen het. Parsons het al vier Emmy-toekennings ontvang vir sy vertolking van die hoofkarakter Sheldon.

Wanneer die laaste episode gebeeldsaai is, sal daar altesaam 279 episodes wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Hartseer ·

Ag -nee – ek is doll orr “the big bang theory”

Sal maar met binge van season 1 – 12 wanner dit uit kom :”””(

Ronel ·

Wat vir jou snert is, verskaf vir ons ander ure se genot. Lekker om bietjie na lawwigheid te kyk en my slap te lag vir hul skewe sin vir humor. Ek geniet die reeks terdeë en het al 10 seisoene se dvd versameling en trots daarop. Sal beslis die laaste twee reekse ook aankoop. Geniet maar jou programme waarna jy kyk, want dis seker vir ons wêreldklas snert…

martin cilliers ·

uitstekende reeks vir mense met kennis van fisika sal dit mis ons moet ons eie reeks begin in suid afrika dit kan dalk jong mense laat belangstel in wetenskap,

TP ·

Ag so jammer. Dit is ‘n puik reeks en ek het nog nie een seisoen gemis. So jammer vir die mense wat nie die humor in die reeks kan sien nie.

Cornette ·

Agge neeeeee!!!
BESTE komedie reeks ooit…akteurs is absoluut puik – veral Sheldon!

Bul ·

Jongmense in fisika laat belang stel deur die program te kyk ???….hemel weet jy werk seker vir die staat……

Bulle ·

@Bul, dit gebeur, nes kinders wat sport kyk en dan daai sport wil doen, kids wat csi kyk wat in forensies wil ingaan, hoeveel kinders het Bruce Lee gesien en toe wil hul sommer ninjas word haha. Programme, sport ens het groot invloed op kinders. Na Greys was daar wereldwyd n toename aan mediese studente, al weet hulle dis als geromantiseer.

techie ·

Die eerste paar reekste tot en met reeks 5 was goed, maar sedertdien het dit begin agteruitgaan. Bly daar is mense wat dit nog geniet.

Joe ·

Ekt BBT vreeslik geniet, maar ek dink dis omtrent tyd dat hulle klaar maak, die laaste 2 seasons was nie great nie, nét so met Modern Family wat fantasties was, maar die laaste 3/4 seasons is nie eens par nie.

JJ ·

Dis 100 keer, nee 1000 jeer beter as die gemors-komedie op Kyknet

Varkie ·

Dit moes tot n einde kom.. was aanvanklik lekker om te kyk want dit was min of meer sommige van ons se lewens, maar as hulle eers moet karakters ontwikkel en persoonlike groei moet toon in n storie, dan trou en kinders kry dan raak dit bietjie te veel soos realiteit en nie meer iets om te kyk nie

Skaap ·

Die heelal was in ses dae geskep deur God. Maar die ‘slim’ manne wil ons ander stories verkoop. Kyk, ek geniet humor solank dit nie ons godsdiens verdraai of beledig nie.

JACO ·

Dis nou jammer sedert Friends klaargemaak het was dit vir my die eerste reeks in jare wat ek nie gemis het nie.

Buffel ·

@ Anni: Hi ou Anni man jy het dit anders om die Buffel boelie al van skooltyd af……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.