‘The Bold and the Beautiful’ nie meer op die kassie

Katherine Kelly Lang vertolk sedert 1987 die rol van Brooke Logan in 'The Bold and the Beautiful'. (Foto: Facebook via The Bold and the Beautiful)

Katherine Kelly Lang vertolk sedert 1987 die rol van Brooke Logan in ‘The Bold and the Beautiful’. (Foto: Facebook via The Bold and the Beautiful)

Die SAUK het aangekondig dat die gewilde Amerikaanse sepie, The Bold and the Beautiful, vanaf Maandag 4 Maart nié meer op SABC3 uitgesaai sal word nie.

Die SAUK het in ʼn mediaverklaring gesê dié besluit is geneem nadat die kanaal bevind het dit is nie meer finansieel haalbaar om die program uit te saai nie en dat die SAUK moet verseker hy saai programme uit wat aanklank by sy gehoor vind.

The Bold and the Beautiful word vervang deur ʼn plaaslike nuus- en aktualiteitsprogram, Democracy Gauge, wat om 17:30 uitgesaai sal word. ʼn Nuwe plaaslike sitkom, getiteld Taryn and Sharon, sal om 18:00 volg en daarna die plaaslike drama, Keeping Score, om 18:30.

“In reaksie op die finansiële uitdagings wat die SAUK in die gesig staar, het die kanaal besluit om ʼn programmeringstrategie te implementeer wat verseker dat dit boeiende en vermaaklike programme waarby die gehoor aanklank vind, uitsaai,” lui die mediaverklaring.

“SABC3 wil ook die publiek gerus stel dat die kanaal se ontwikkeling, kykers en belanghebbendes deurlopend belangrik bly.”

The Bold and the Beautiful word reeds die afgelope 21 jaar, sedert September 1997, deur die SAUK uitgesaai.

“Die SAUK wil graag al die kykers bedank wat hul onwrikbare ondersteuning aan dié program gewys het sedert sy aanvang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Nettie ·

@Erik Maré – ja, dis mos wat daar staan. September 1997.

ONGELUKKIG ·

Daar is soveel ander gemors op televisie. Kon hulle nie net dit afgehaal het nie? Om nie eers te praat van die kanale op DSTV waar van die mense glad nie kan ¨act¨ nie en dan praat ek van Suid-Afrikaanse programme.

Marinda ·

Whoopee, what a bunch of BS. Most probably the same story line of twenty-five years ago. Brooke trying to catch Rick or Erick or both. This one back stabing that one. Will definitely not be a loss.

AmY ·

En ek het al die tyd gedink dis goedkoper om programme aan te koop as om dit te vervaardig???

koos1 ·

As jy met Rande (wat jy nie het nie, want jy is tegnies bankrot) in Dollars moet betaal het jy ‘n probleem. Dan vervaardig jy maar plaaslik op skuld en hoop jy kan betaal (of hoop op geld van die staat)!

Vonkprop ·

Haal asseblief 7de Laan ook af. GROOT ASSEBLIEF! Ek kyk dit nie, maar ek voel daardie tyd kan beter aangewend word.

Swartbees ·

Oooo Vonk Prop, n paar suur knolle gaan jou stenig met hulle vals tande.

Esme ·

Ai.. einde van ‘n era. My mamma was mal oor haar Soapies.. maar sy is nou al 7 jaar lank oorlede.. dit het my altyd aan haar laat dink. Sy sou nou baaaie ontsteld gewees het nie.. ;-)

Elana ·

Maak plek vir ander gemors nee wat jul lisensie gelde kan jul maar op ander plekke nou ga soek

Haal af. Haal af. ·

Regtig mense. Julle kla oor programme wat swak is. SAUK moet dit afhaal. Regtig?
Wat van julle gedra julle soos grootmense en hou net op kyk. Niemand dwing jou om gemors te kyk nie.
1jaar sonder Dstv en dis n fees! Geen gemors, net wat ons WIL kyk

Valerie ·

Uh, die sepie is vanaf einde 1987 uitgesaai. Nie vanaf 1997 nie.

Sue ·

En nou moet ons na die plaaslike programme kyk wat niks anders as gemors is nie! Praat nie eers van die plaaslike kamtige akteurs nie.

Posduif ·

UITEINDELIK !!!! Kyk al jare nie meer die gemors nie. Daar is BITTER MIN goed op tv en nie eers te praat van DSTV nie. Herhalings …. herhalings ….. en nog herhalings. Hoekom tv lisensie betaal ? Meeste mense betaal nie eers hulle tv lisensies nie…..

Tv Loos ·

Ons het al 8 jaar nie meer n tv nie.Mis dit glad nie.Ek download my tv reekse en download goed vir my kinders

VanAfrika ·

Julle vergeet dis al genot wat die ou mense het wat nie DSTV of Netcare kan bekostig nie. Nou haal SABC die enigste program wat hulle geniet het af. Toe my oorlede moedetjie twee jaar terig Days of your life gekyk het, het hulle dit afgehaal en sy was teleurgesteld. Nou haal hulle Bold and Beautiful af, dit sou haar hart gebreek het want sy het dit getrou gevolg al het ons vir haar DSTV ingesit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.