‘The Voice SA’: ‘Hou op vir Craig beledig’

Craig Lucas (Foto: Facebook)

Die sanger Josh Ansley van The Voice SA-faam het hom Maandag op Facebook uitgespreek oor die skerp kritiek waaronder Craig Lucas van dié reeks gebuk gaan nadat hy Sondagaand regstreeks as die wenner van dié M-Net-sangkompetisie aangewys is.

Craig en Josh is Sondag in ʼn naelbyteindronde as die “Top 2” aangewys, voordat Craig met die louere weggestap het.

Josh het op Facebook gesê hoewel hy dankbaar is vir die geweldige ondersteuning wat hy van aanhangers ontvang, ondersteun hy nie die kritiek wat aanhangers teenoor sy mede-deelnemer uitspreek nie.

Josh het gesê sommige van die plasings teen Craig grens aan mishandeling.

“As julle regtig vir my lief is, ondersteun asseblief my versoek om die neerhalende plasings omtrent Craig te verwyder. Dit maak my seer, en ek weet dat my aanhangers eintlik vriendelike mense met goeie harte is. Asseblief ouens – ek is baie lief vir Craig Lucas. Ek dink hy is ʼn fenomenale sanger en die verdienstelike wenner,” het Ansley geskryf.

Talle aanhangers van dié reeks het die stemproses en deursigtigheid van die reeks bevraagteken.

Aanhangers meen ook dat Craig nié die titel behoort te gewen het nie.

Josh Ansley (Foto: Facebook)

“Die stemme was twee weke gelede ʼn probleem, hoe weet ons dis nie weer die geval nie? Baie geluk aan Craig, maar ek koop liefs Josh se album,” het Chantelle van der Berg geskryf.

“Daar moet ʼn groot fout wees – dit is tog ʼn SMS-kompetisie aan die einde van die dag. Craig is ʼn goeie sanger, maar hy is nie die beste nie. Dit is ʼn baie teleurstellende finaal,” het Eugene van Eck laat hoor.

“Ek is jammer, maar M-Net se kompetisies het vir my hul geloofwaardigheid verloor. Soveel keer in die verlede was daar fout met die stemmery,” het Carla Jonker Steyn gesê.

Talle van Craig se aanhangers het egter teruggekap en gesê hy is die waardige wenner van die reeks.

“Baie geluk, Craig! Jy is nederig en die verdienstelike wenner. Jy het die hele Kaapstad agter jou,” skryf Stefanje Hugo.

“Jy het dié wen verdien. Elke liedjie het diepte gehad en jy het jou eie stempel daarop gedruk. Baie geluk!” het Elmien Cooper gesê.

The Voice SA het nog nie geen opmerking oor die kritiek gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

saartjie ·

ag man daai man kan so min sing soos my mal tannie op die man. caroline moes gewen het. en josh moet ons nie se wat om te doen nie. ons het die program vanaf die begin gekyk. die kanpie van n craig kan so min sing as eke. en vals daar by ook. enige person sal wat ik het so gisteraand gesien het dit was n kroek spul. so caroline maak asb n sukses van jou loopbaan as sangeres as. ek ondersteun jou. jy sing fantasties.

Jan ·

Ek stem saam met jou opmerking oor die vals noot of twee. Ek was werklik geskok toe hy nog daarna wen.

Mac ·

Die eintlike vraag hier is wat maak jou tannie op die man?? Dis dalk hoekom hy volgens jou vals sing, jou tannie sit dan sy wind uit……

Annie ·

Stem beslis saam Saartjie, in die kol daar – verstaan dit ook nie!!!!!

Jan ·

Jammer, maar Craig het maar gesukkel om hier en daar ‘n noot te hou. Die gewildste persoon mag gewen het, maar “The Voice” was verseker Josh, hy sou enigeen van UK se X-Factor of die Amerikaanse ‘The Voice” opdraande gegee het. Hy sou baie gemaklik tussen hulle gewees en, daar tuis gehoort het.

Lynni ·

Saartjie, het jy nie geluister wat Josh sê nie.
Gun dit vir Graig. Genade dit is nie die uitbreek van 3de wêreldoorlog nie.

aaai ·

Suid-Afrika kan tog niks doen sonner een of anner kritiek, ek wens ons wil ophou Amerika na maak en hul kompetisies mimiek. ek kon myself nou nie inhou om nie ook maar n eier te le nie, maar persoonlik dink ek Caroline was oorsaak van die gekullery op fb en soos karma mos nou werk, sal geregtigheid seevier. @saartjie jou mal tannie op die “man” soos jy dit stel, sing seke net so mooi soos Caroline wat jy so mildellik ondersteun (en mag ek se dis nou n stem wat ek defnitief nie meer as een keer wil hoor nie) klink soos kat op hitte….baie geluk Craig jy verdien dit en so kon enige een van die 7 wat oorgebly het (behalwe miss Sunshine wat se man rugby speel) met die prys wegloop want elkeen van hulle het hul baie goed van hul taak gekweit.

Johann ·

Mens moet maar na die oorsaak van die kritiek gaan kyk. Die mense gee tog geregverdige kritiek en sou dit nie andersins gedoen het nie, hulle het nie ‘n rede gaan soek of dit erns uitgekrap nie, die rede is sommer vir hulle gegee.

Annie ·

Was geskok toe ek hoor hy wen – het sommer dadelik van kanaal verander en besluit The Voice sal ek nooit ooit weer kyk nie.

Teleurgesteld ·

Ons kan nie wag vir elke Sondag om The Voice te kyk nie. Daar is baie talent maar Graig was beslis nie een van die wenners nie wat staan nog die wenner! Josh moes gewen het. Die onregverdigheid maak dat mens nie meer The Voice wil kyk nie!

Clyvia ·

Ek skaam my mors dood vir al die mense se lelike opmerkings. Maar nou ja dit is hoekom dit so gaan met ons land. Almal se musiek smaak is nie dieselfde nie. Verlede jaar het die mense net so gekla. Hou jou kop hoog Craig. Well done!!!

Rocky Bell ·

Kyk vir twee jaar nie meer Idols agv problem met die stemproses. Nou is ek ook klaar met The Voice. Josh was van die begin af duidelik in ‘n ander klas. Jammer om te sê Craig bet my geensins beïndruk – hoeveel keer was hy nie in die onderste 3 gewees nie?
Waarom word daar nie net een stem per selfoon toegelaat?

Jacques ·

Hy wees nie 1 keer in die bottom 3 nie. Ek voel hy het baie goed begin. 2 baie goeie weke gehad maar van daar af het dit afdraende gegaan. Josh het konstant gebly en eintlik beter en beter geword.

Amanda ·

Ek sal niemand afkraak nie, maar my hoop was op Samantha. As sy n Afrikaanse cd maak sal ek dit beslis koop.

Sarie ·

Ek het glad nie die voice gevolg nie, maar gister aand net terloops per ongeluk na dit gekyk. Ek het vanoggend so deur al die opnames op You Tube gaan kyk – dit sou ‘n baie beter Finale gewees het tussen Caroline en Josh – DIT sou nou ‘n kompetisie de moeite werd gewees het. Iets anders – al gesien met die geskiedenis van hierdie kompetisies – die wenner kom nooit ver nie maar die runner-up, is ‘n ander storie.

Johann ·

Die probleem moet die mense/vervaardigers by die reeks en hoe daar gekies word gaan soek, ook hoe hulle “The Voice” bekend stel en waarvoor dit staan. Mens verstaan dat hulle die publiek wil betrek, dit is mos nou ook ‘n manier om kykers te trek deur mense betrokke te hou. Maar iets sal hulle moet doen dat die ooglopende, soos hier gebeur het, vermy kan word.

Ek het geen belang by die SA The Voice nie, ek kyk dit nie en het maar Sondagaand uit die studeerkamer nou en dan ‘n stem hoor sing. As daar iemand is met ‘n uitsonderlike talentvolle stem, het ek opgestaan om so vlugtig te kyk. So gaan kyk ek, toe ek Josh se stem, wat werklik met die bestes in die wêreld vergelyk kan word, hoor. Die een meisie wat gesing het, was ook goed en ek het geglo dat sy het verdien om teen Josh om “The Voice” in die finaal mee te ding.

Bloues ·

BAIE MAKLIK. Om te verseker dis polities korrek, bring die wat uitgestem is terug sodat die stemme net meer verdeel kan word, en siedaar. Stemme is verdeel en die man wen. Baie maklike manupilasie

Stemme is getel ·

Craig was dalk nie my eerste keuse nie, ek wou ook liewer dat Josh of Samantha wen, maar die feit is die arme man word nou veroordeel. Hy is ingestem, of ons dit nou wil weet en glo of nie. Ons nommer 1 het dalk nie gewen nie, maar Craig het wel. so kom ons gun hom sy oomblik van glorie. Hy het niemand, maar niemand te na gekom nie, inteendeel hy was regdeur die proses eindelik baie nederig. Kom ons wees baie bly saam met hom en sy mamma vir sy oomblik van glorie, laat hom dit geniet en hard werk aan sy loopbaan. Ek glo al 7 die finaliste sal opgesweep word en na gekyk word met kotrakte na hierdie kompetisie. Welgedaan jong man, sterkte vir jou en vir die ander 6 wat saam met jou gisteraand gespanne was. Welgedaan julle almal! Kan ons nie maar die lelike en negatiewe dinge agterlaat en saam met Craig opgewonde wees nie? Dink net hoe opgewonde is daardie mamma in die Kaap vandag! Jy maag maar wees! #Craighetgewen.

Mags ·

Dit was ‘n naelbyt finaal… ALMAL in die top 7 KAN sing. In ons huis het ek vir PJ getrou ondersteun. My dogter, Shalom, was van die begin af ‘n Craig-fan. Die beste vertoning van die aand was beslis Josh. Maar die aand was daar nie stemmery nie… Craig is die gemaklikste sanger agter die mikrofoon en hy maak elke liedjie alternatief en met sy eie weergawe daarvan. Dit beteken nie hy sing vals nie. Hy het ook geen toertjies met dansers en chorus girls op die verhoog nie. Sy weergawes is rein en getrou wie hy is en hoe hy sing, sonder die tierlantyntjies. Baie geluk, ons almal het behoorlik uitgefreak toe jy wen!

Lindi ·

Rerig mense! As jy wil beoordeel oor wie kan sing en nie Kan sing nie moet julle asb vir Julself die volgende vraag vrae: Kan JY beter as die persoon wat JY oordeel sing? As nie… bly liefs still. Ons ALMAL het maar ons gunstelling MAAR gee dit JOU die reg om iemand anders af te kraak en sleg te praat wat net so hard gewerk het soos al die Ander deelnemers om te wen? Ek skaam my om hierdie opmerkings en die res te van dit op sosiale media te Lees! Ek wil nog BAIE se maar sal liefs nie… laastens, Geluk Craig! jy Verdien om die wenner te wees!

Amber ·

Baie geluk aan die wenner, maar Fatman was heeltyd my gunsteling. Ons gaan nog baie van Fatman hoor.

Jakes ·

Ek het gedink die finaal sou tussen Josh en Fatman wees. Maar my favorite was Craig van die begin af. En ek het al die fone in huis gebruik om vir hom te stem. Dit was n lekker verassing toe hy in die top 2 beland. Ja, Josh het n ongelooflike stem, maar hy klink vir my maar baie soos al die ander Barnyard sangers. Craig het vir my n meer oorspronklike stem. Dalk juisomdat hy geen sang opleiding het nie. Dis deel van wat my aangetrek het.

Jakobus ·

Dalk is dit die rede hoekom hy ‘n paar vals note uit gewurg het. Geen stem wat mens sal onthou.

Coen ·

Die uitslag is net so ‘n klug as die ref Saterdag tussen bulls en pumas wat calls maak op balle wat spelers raak met hulle rug na hom toe! Jy is by verre die beter sanger as Craig Josh! hou jou op om kritiek oor die uitslag af te maak met jou bog praatjies en aanmanings! Ek dink anyway Caroline en Sammy is in hulle eie klas, hulle het Nadine en Riana altwee na amateurs laat klink, well done girls, julle was amazing en het almal stil gesing!

Gerrit ·

Craig ou maat moet jou nie aan al die kermgatte steur nie. Jy het die meeste stemme gekry en wil hul buitendien nie by jou optredes hê nie want hul sal altyd iets kry om oor te kla alhoewel nie een van hul eers self kan sing nie. Hou jou kop hoog en sing net soos jy nog heeltyd doen. Jy het niks te bewys nie want die land en jou ondersteuners het reeds vir jou gestem en doen so voort!

marietjie ·

Elke een wat gesing het was n wenner gewees en het ongelooflike stemme. Die beste een het tussen die wenners gewen. Craig het n mooi stem en hy sing met soveel gevoel. Dit laat om uitstaan tussen die ander.

Jakobus ·

As jy ongelooflike stemme wil hoor, moet jy na die Amerikaanse The Voice kyk. Josh is die enigste wat hulle kan ewenaar.

Se maar net ·

FATMAN het sy brand bemark deur facebook en The Voice! Ek wonder maar net hoeveel stemme regverdig was.
Maar sjoe is ek bly hy het nie gewen…
Daai is nou een ou wat eerder by die groot shows moet weg bly. Ek glo ook nie dat hy sonder al die “stemme” tot in die top 7 sou kom.
Selfs Karen en Kahn het n paar keer gese hy moes nie so ver gekom het…

My vote was op Josh! Hy is super en hy mag maar sing!! Hy doen n werklike show!!

Ettiene ·

HOE is dit moontlik dat sommige mense nie Craig se vele VALS note kan hoor nie?? Terleurstellende resultaat.

Jakobus ·

Die probleem lê verseker nie by Craig nie, niemand beweer dit nie, kyk hoe stem die mense in die Amerikaanse The Voice, hulle is ingelig, ken van, weet waarom dit gaan, kwaliteit, net die beste stemme gaan deur. Ons hier in SA, die mense wat stem, het nog ‘n lang pad om te stap.

Annemarie ·

Ek het van die begin af vir craig gestem. smaak verskil.

Dianne ·

Julle moet almal onthou – Die persoon met die meeste stemme het gewen !! So as jy nie gestem het nie kan jy nie kla nie. Elkeen wat gestem het het maar vir sy gunsteling gestem so Craig het seker maar die meeste stemme gekry. Ek dink die Top 4 het almal nou naam gemaak en hang dit nou van hulle af wat hulle daarmee gaan doen.

Sê maar net ·

Hierdie is die tipiese voorval. ALMAL het gedink Josh gaan wen maar nie gestem nie. Jy kan nie net dink iemand gaan wen nie jy moet stem!!

Uvonka ·

Is net so! Ek was lekker dof, ek het geskree, hande klap, op en af gespring en al die pad vir Josh ondersteun maar nooit gestem nie.

Soekie ·

The Voice is maar net so verneukspil soos Idols. Ek kyk dit glad nie meer nie. Ons moet mos polities korrek wees in hierdie land. Daar is geen manier dat Craig beter was as Josh nie.

VanAfrika ·

Ek het gisteraand The Voice se heruitsending gekyk. Dit nie heeltemal gevolg nie. Caroline se stem het my opgeval en ek het van Fatman gehou. Ek het my aandag toe op Josh en Craig gevestig. Wat my wel ook opgeval het was Craig se nederigheid, Hy het kans gevat en ingeskryf vir een van SA se grootste sing kompetisies tans. Met geen sang ondervinding het hy n risiko gevat. Ek dink nie hy het dit eers verwag om dit so ver te maak nie, wat nog van wen. Dit was duidelik in sy houding toe hulle sy naam roep, dat hy gedink het Josh gaan die wen vat. Dit wys jou wat kan God vir jou doen as jy humble bly. Geluk Craig, bly nederig soos jy is, los jou talent in God se hande en jou loopbaan sal hoe hoogtes bereik.
Josh jy het goed gedoen en is ook n groot wenner. Dankie dat jy die ander sy sien, jy gaan definitief die vrugte pluk omdat jy terug staan en jou “fans” oor hul vingers tik, mag hulle die lig sien soos jy. Ek luister julle twee se musiek enige dag.

Ander Annie ·

Nederige jongman, die Craig. Baie geluk jongman. Ek dink jou stem is pragtig en baie veelsydig. Smaak verskil. Die mense wat gestem het, se stemme het bepaal wie wen.

Speedguard ·

This was Their Choice !!! op the voice vraag is . wie is They !!!?

Skoeter ·

Ek stem dit was verseker ‘n klug, eers was hy nie goed genoeg vir die top 5 nie, toe is daar kastig ‘n geknoei en hy word gevra om terug te kom, en siedaar, is hy die wenner. Dit is nie suur druiwe nie dis onregverdig teenoor die ander wat werklik talent het. Craig begin skree sodra hy nie meer noot kan hou nie, sal maar sien of hy ook so in die niet gaan verdwyn soos al die ander wat volgens my BEE wenners was.
Ek plaas ook ‘n groot vraagteken agter die ouditeurs firma wat die resultate kwansuis ge oudit het……. sjoe waar gaan al die bedrog en geknoei dan ophou.

Suzi ·

Hoekom gaan almal aan oor ‘n paar vals note? face it, daar is te veel mense wat deesdae dink hulle kan sing…… tot van ons top afrikaanse sangers is vals en kan nie sing nie en kyk waar sit hulle. ‘n pitching program maak enige vals noot mooi! vra vir Lianie May en Kurt Darren! hulle kan ook nie sing nie, netso vals en hulle maak dit.

Fred ·

Dit was beslis nie ‘n verneukspul nie. Craig is volwaardig ingestem. Wie is ons om te sê hoe die meerderheid van 1.6 miljoen mense moes gestem het? Hy was ook nie my gunsteling nie maar ek aanvaar hom as wenner. Ek het nie een episode van The Voice gemis nie en sal ook nie in die toekoms nie. Dit is ‘n baie regverdige kompetisie. Al wat ek kan noem, 7 mense in die finaal was dalk te veel. Dit het die stemme baie “gesplit” en as daar bv. net 3 was, kon die uitslag heel anders gewees het.

VanAfrika ·

Niks fout met Lianie May en Kurt Darren nie, Hulle hou Afrikaans hoog. Dis lekker as Afrikaners bymekaar kom en plesierig is. Toe Afrikaans besig was om n stadige dood te sterf toe kla almal, toe kom n paar kunstenaars en stof hulle skouers af en begin vir ons musiek maak en Afrikaanse musiek begin weer lewe kry, nou is dit ook nie reg nie, laat ons asseblief tog net saam staan en ons kunstenaars ondersteun. Ons kry swaar genoeg hier buite, laat iemand tog net vir ons sing terwyl ons die battles hier buite baklei. Hierdie kunstenaars werk hard en kry net so swaar om hul musiek te verkoop onder die huidige druk waaronder die Afrikaner gaan. Meerderheid van ons het nie of kry nie meer werk nie en dit raak ook aan die sangers se sakke.

Johan ·

Die mense beledeig die verkeerde mens hier, hy het mos nie homself beoordeel nie, daarom moet die beoordeelaars eerder beledig word, hulle het immers die keuse gemaak oor wie die wenner moet wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.