‘The Voice SA’: Nog ʼn stem-fiasko

Die Top 7 van die The Voice SA. Foto: The Voice SA/Facebook

M-Net het aangekondig dat nie een van die vyf oorblywende deelnemers aan The Voice SA komende Sondag huis toe gestuur sal word nie en dat die twee deelnemers wat die afgelope twee weke uitgestem is, kan terugkom.

M-Net het in ʼn verklaring gesê Luke Lovemore en PJ Pretorius, wat die afgelope twee weke die minste stemme gekry het, is die opsie gegee om verder aan die program deel te neem.

“Die besluit is geneem in die belang van regverdigheid en deursigtigheid nadat M-Net ingelig is oor beweerde betaalde bemarkingsopsies op sommige van die deelnemers se persoonlike sosiale media-profiele,” het M-Net gesê.

Die betaalde bemarkingsopsies verwys na sogenaamde “boosted posts” op Facebook waar ʼn gebruiker kan betaal om te verseker dat sy inskrywing deur meer mense gesien word. “Betaalde bemarkingsopsies is teen die reëls van die kompetisie en kan veroorsaak dat daar ʼn piek in die stemmery is wat gevolglik ʼn onregverdige voordeel kan veroorsaak.”

Volgens M-Net is ʼn ondersoek van stapel gestuur om vas te stel hoe dit moontlik die uitkoms van die stemmery kon beïnvloed. “Daar is vasgestel dat die afgelope twee stemperiodes, waartydens Lovemore en Pretorius uitgestem is, hierdeur geraak kon word.”

M-Net het gesê hulle kon egter nie met sekerheid vasstel of enige wangedrag plaasgevind het nie. “Ons glo die regverdigste oplossing in die omstandighede is om al die deelnemers wat geraak word nog ʼn kans te gee,” het Nkateko Mabaso, hoofbestuurder van M-Net Suid-Afrika, gesê.

Die wenner van The Voice SA sal deur die publiek se stemme beslis word en op Sondag 9 Julie aangekondig word.

Kykers het intussen verdeeld op die aankondiging van M-Net gereageer. Talle aanhangers is oorstelp dat Lovemore en Pretorius gaan terugkeer na die program terwyl ander meen M-Net moet kykers vergoed met lugtyd vir die stemme wat uitgebring is aangesien dit in wese nou geen verskil maak nie.

Dit is nie die eerste keer dat die stemproses hewige reaksie uitlok nie. Richard Stirton is verlede jaar as die wenner van The Voice SA aangewys nadat M-Net besluit het om nie die Sondagaand voor hy gewen het se stemme in berekening te bring nie. Slegs die stemme wat teen die Donderdagaand ontvang is, is getel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Marinda van Zyl ·

The Voice SA is pateties!!!!!
Gavin Edward het nie in Seisoen ‘n regverdige kan gehad om te wen nie en NOU ALWEER STEMME WAT FOUTIEF IS.

Pieter Lindenberg ·

Agreed, program is poorly presented, coaches are very amateurish, and the talent left over bar one, leaves much to be desired. After the latest voting fiasco, how can the final result of this program be “legitimate”?

Aknot ·

Ai mense kan ons Afrikaners nie net terug sit en geniet nie?

MissDemeanor ·

Terugsit en geniet as daar geknoei word? Hoe kan jy enige iets geniet as jy weet dat daar n verneukspul aan die gang is? Hul moet die mense wat die reels gebreek het uitskop.

MH ·

As ek so luister na die deurmekaarspul en kommentare is ek maar bly dat ek nog nooit na enige episode van dié spul gekyk het nie.

Riana ·

Ek is so bly Luke en P J kan terug kom, vir my is hul saam Caroline en Fatman die top vier!

Amanda ·

The Voice is baie beter as die Idols. Deelnemers word nie afgekraak nie en beoordelaars is professioneel, behalwe Bobby wat soos ‘n kind aangaan. Ons land het baie talent.

Maggie ·

Ek stem volkome saam, as Bobby so met sy voete op die stoel sit kan ek iets oorkom!!!

Rochelle ·

Ek is mal oor The Voice, en ek persoonlike dink Bobby raak net so betrokke en opgewonde dat hy hom so inleef, sal nie ander beoordeelaars verkies nie.

Johann ·

Wens ons kon stem oor die aanbieder en Bobby! Soveel van oordrewe onvanpaste aanbieding het ek lanklaas gesien. En Bobby, ‘n volwasse man en pa…wat hom soos ‘n aandag vraat kleuter gedra in hoe hy optree en aantrek? Shame…kry seker nie aandag by die huis nie. Of dis bloot n van Jaarsveld ding? Aandag soek!

Elsa ·

Is dit werklik ‘n fiasko of maar net ‘n geldmaak sessie??

BOLANDER ·

Ek het begin kyk na die reeks, maar het gou belangstelling verloor! Ek wonder hoekom??

CR ·

Richard Stirton moes glad nie gewen het laasjaar. Nou het ons vir Fatman wat meer soos Ge Korsten sing en Caroline wat Celine Dion wil wees en nie een van hulle is veelsydige sangers nie. Baie swak organisasie met stemmery wat nou alweer verkeerd verloop. So gaan ons nie weet of die werklike wenner aangewys word nie.

RP ·

Fatman nie veelsydig nie? So watter deel van Robbie Williams, Meatloaf, Karen Zoid, Marc Cohn, Joe Cocker en “wait for it…” Pavarotti is nie veelsydig nie?? Hy sing al daardie liedjies met gemak. Daar is nie n song wat hy nie kan sing nie. En dan kan hy n musiek instrument speel en sing op dieselfde tyd. Sover ek weet is dit net Luke wat kan sing en kitaar speel.
Verder is dit net Fatman, Luke en Josh wat kan “gig” maw hulle ken ook die tegniese deel van “musiek maak”.
En Fatman het na skool musiek studeer…

Elize C ·

Op die ou end bly dit basies : die deelnemer wie die meeste familie en vriende so ver kan kry om so veel moontlik stemme uit te bring, is waarskynlik die een wie die voorsprong gaan hê. Ek aanvaar ek redeneer waarskynlik nou soos my alie, maar as deelnemer X werklik ‘n baie groot familie en vriendekring het wie hy kan oorreed om argumentshalwe 100 keer elk te stem, in teenstelling met deelnemer Y wie se familie en vriende uit 20 persone bestaan, wie ook 100 keer elk stem, kan dit mos nie anders as om ‘n “onregverdige” voordeel vir deelnemer X te gee nie? Of dalk kan deelnemer Y se mense nie bekostig om so baie keer te stem nie? Saam met die publiek se stemme, dink ek dit kan veroorsaak dat die uitslae van die “danger zone” se deelnemers nie regtig die ware gunsteling weerspiëel nie. Net so kan dit veroorsaak dat die uiteindelike wenner dalk werklik net 5 of 6 stemme meer gekry het, en nr 2 eintlik die publiek se gunsteling is. Ek sou voorstel die uiteindelik wenner moet bepaal word deur die gehoor wat elk een stem het in die laaste rondte……. DAN het jy regtig die publiek se stem, wat nie geboost word deur 100’e stemme van vriende/familie nie.

CR ·

Elize C Sit asb hierdie verduideliking van jou op The Voice facebook blad dat hul kan kennis neem.

MissDemeanor ·

Elize C. Jy verstaan nie hoe dit werk nie. Die grote van die vriendekring het niks daarmee te make nie. Veral nie as die deelnemers se profiele publiek is nie. Wat gebeur is dat mens Facebook kan kontak en hul kan betaal sodat jou plasings in die “newsfeeds” van klomp mense kan verskyn ( dit is wat advertensie maatskappye ook doen). Die deelnemers wat nie kroek en vir Facebook betaal nie. Hul plasings verskyn minder gereeld en in minder mense se newsfeeds (waarskynlik net in n paar vriende sn). Die ander mense wat kroek se plasings verskyn gereeld en in baie gebruikers se newsfeeds (selfs in die van mense met wie hul nie “vriende” is nie). So ja. Dit is onregverdig. Maar dit is stupid dat die organiseerders nie n spesifieke stem blad gemaak het nie en eerder van die deelnemers se persoonlike FB bladsye laat gebruik gemaak het.

Andre ·

Dis soos die skool in ons dorp wat kinders semi dwing om vir n deelnemer te stem deur wechat. of soos hul se die ongelooflikke facebook bemarking wat plaas vind. dit laat mens werklik wonder of die wenner tog die wenner sou wees sonder al die boost wat plaas vind

Freedom of speech ·

Het die program nog NOOIT gekyk en stel ook nie belang nie, maar as ek na die foto v d beoordeelaars kyk… Pateties verby!!! Van hulle musiek wat ek op die radio hoor (wat erg genoeg en polsafkouend is) weet ek nie hoe hulle beoordeelaars kan wees nie. Geen wonder dis ‘n gaos nie!!!Arme deelnemers!!! Shame!!!?

Cheryl ·

Ag asb julle almal wat die beoordelaars so adamant en sleg sè is Jul jaloers omdat Jul nie in daai stoele sit nie, daai mense het hard gewerk om te wees waar hul vandag is…..Amanda en Maggie los tog vir Bobby uit hy kan seker bietjie humor in die program in bring niks fout daar meen nie hy lag te lekker saam en ek glo element van ons is geregtig om te sit soos ons wil…wat vir ons gemaklik is. Ek geniet the voice en glo ook baie ander doen so hoekom Jul kommentaar Plaas as Jul nie die program kyk nie ek praat nou van die war sè hul kyk dit nie???? My Keuse van die top 3 sal wees Samantha,Fatman en Josh….die res kan maar gaan…

Meraai ·

Die talent van die manlike deelnemers is uitstekend. Die coaches is awesome maar Caroline… nope. Sy hoort nie tussen die top deelnemers nie.

Johann ·

Maar julle Caroline is getroud met n rugby speler! Een wat Bobby “terloops” die aand van haar oudisie wonderbaarlik geken het? Dis so obvious soos daglig dat talent NIE die bepalend faktor is nie. En dit sluit die klein seunkie Bobby in wat als behalwe optree soos die volwasse man en pa wat hy veronderstel is om te wees?

Genie ·

Ek is mal oor The Voice SA!!!!
My gunstelinge is Samantha, Fatman & Caroline!

Estelle van Dyk ·

Richard Stirtion is die wenner van verlede jaar, hys amazing. En Kahn Morbee is een van die talentvolste kunstenaars in ons land en internationaal bekend en n awesome persoon, ekt hom ontmoet by Parlotones show. My gunstelinge is Luke, Fatman, Craig en Sam. Hul is talentvol en veelsydig

Frikkie ·

PJ “Iron Man” so bly om te hoor dat jy kan terug gaan Voice SA toe na die flater van die stemmery. Jou talent spreek boek dele. Ek dink “Kruik” gemeente in Secunda het ‘n juweel in jou as sang leier. Hou aan, geniet dit wat jy doen “Go for it JP”

Elize ·

Dit is ‘n uitstekende program…met baie goeie beoordelaars….en die deelnemers groei elke week tot volwaardige kunstenaars onder die hande van hierdie mense…en dit is wat hierdie program maak. Hier word drome waar gemaak….

T ·

Pateties as tot sang kompetisies korrup raak. Gavin was ook my gunseling! En nou Josh. Caroline wel ja! Sy probeer te hard. Go Sam en Josh.

Pop ·

Ek het nare terug opbou Idols kyk vir die simpel rede dat dit n swart kompitisie geword het. Ten minste het almal op The Voice n kans ongeag hul velkleur.

E.K. ·

Luke en PJ het albei die mees unieke stemme en verdien absoluut nog ‘n kans.

Rochelle ·

The Voice SA, my gunstelling uur en half van ‘n sondag aand. Goeie musiek, goeie talent en goeie terug voer, en dan ook die senuwees wanneer daae gestem word. Ek dink dis ‘n fantastiese program om SA se talent te vind en te groei. Moenie beoordeelaar verander nie, moet niks verander nie. die goeie kompetisie en goeie vermaak. sterkte deelnemers! Ek vote vir Josh, Sam en Fatman…alhoewel ek dink PJ is ook fantasties ♡♡

Milly ·

FATMAN is die top 4:) en dan Samantha. Hoop jy wen op ‘n regverdige wyse Fatman. Wraggies kan Suid-Afrika nie leer uit die verlede nie.

T ·

Caroline maak Celine Deon na. En Fatman maak vir Casper de Vries en Tape face na. LOL

CR ·

T. ek stem volkome saam met jou met die Celine Dion fase en Fatman kan by Afrikaans is Groot sing maar is nie The Voice materiaal nie. Hy het ook maar aansitterige houding wat nie op ‘n professionele stage hoort nie.

Johann ·

Hierdie SA Voice, lyk my is meer ‘n bemarkings foefie vir die beoordelaars te wees, dit hou hulle in die kollig en publiek se oog. Terwyl ek daarby is, amper soos die Afrikaanse media met Bobby en Karlien, julle weet mos van wie ek praat, tekere gaan. As dit nou ouens soos Elvis Presley, Dolly Parton, en daardie kalieber is, maar nou ja, ons is in SA.

Freedom of speech ·

Ja Johann. Hulle Moet iewers hul “marketing” doen. Ek dink hul liedtjies is al hol rug. Amal sing v d verlore liefde. Soos die spreukwoord se “Small things amuses small minds.” Gelukkig het amal ‘n keuse waarna hulle wil Kyk. ?

Johann ·

Freedom, dis hoekom, as ek hulle (een van die twee van jaarsvelds) hoor nader kom, of sien daar kom ‘n program op waarin hulle verskyn, dan skakel en oor na ‘n ander stasie, al vir jare.

Michelle ·

Ek persoonlik is mal oor “THE VOICE”.
Ek sal se die laaste 10 sing almal pragtig.
Alhoewel ek ‘n groot fan van Josh is.
So jammer om nou te hoor van die geknoeiery.
Riana Nel sal beter in die plek van Bobby wees. Hy is te liggeraak en kry meeste van die tyd nie sy woorde nie.
Of selfs Nianell – sy is net so oulik.
Sterkte aan almal – hul sing almal pragtig.
Smart talent in hierdie land van ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.