‘The Voice SA’: Só word wenner aangewys

Die Top 7 van die The Voice SA. Foto: The Voice SA/Facebook

Die wenner van die M-Net-sangkompetisie The Voice SA sal steeds op Sondag 9 Julie aangekondig word.

Ingrid Engelbrecht, M-Net-woordvoerder, sê dit sal die eerste keer wees dat sewe deelnemers van dié reeks in die laaste episode meeding om die kroon.

M-Net het vroeër aangekondig dat die vyf oorblywende deelnemers aan die kompetisie wat nog nié uitgestem is nie, tesame met Luke Lovemore en PJ Pretorius, wat reeds huis toe gestuur is, saam gaan meeding om as wenner aangewys te word. Die organisasie het gesê dié besluit is geneem in die belang van regverdigheid en deursigtigheid nadat M-Net ingelig is oor beweerde betaalde bemarkingsopsies op sommige van die deelnemers se persoonlike sosialemedia-profiele.

Engelbrecht sê aanhangers het nog net tot 5 Julie (Woensdagaand) om 22:00 om vir hul gunstelingsanger te stem.

Die wenner, wat deur die publiek se stemme beslis word, word tydens ʼn twee uur lange spesiale uitsending regstreeks aangewys.

Dit is nie die eerste keer dat die stemproses hewige reaksie uitlok nie. Richard Stirton is verlede jaar as die wenner van The Voice SA aangewys nadat M-Net besluit het om nie die Sondagaand (voor hy gewen het) se stemme in berekening te bring nie. Slegs die stemme wat teen die Donderdagaand ontvang is, is getel.

Só stem jy
Jy kan via die WeChatt-app vir jou gunstelingsanger stem deur WeChat af te laai en “mnettv” by jou kontaklys te voeg. Jy kry 100 gratis stemme.

Jy kan ook ʼn SMS stuur. Om te stem, stuur jou gunstelingsanger se aangewese nommer na 33692. Elke SMS kos R1,50. Jy kan 100 keer stem.

Hier is die sangers se nommers
Craig Lucas – SMS die nommer “01”
Fatman – SMS die nommer “02”
Luke Lovemore – SMS die nommer “10”
Caroline Brüssow – SMS die nommer “13”
Josh Ansley – SMS die nommer “15”
PJ Pretorius – SMS die nommer “07”
Samantha Leonard – SMS die nommer “08”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Alicia ·

Oee ek kan nie wag nie! Voice SA is fantasies. BAIE BETER AS IDOLS (waar net sekere velkleure oorbly in die finale rondte)!!! Die reenboog nasie hier staan almal ‘n kans. Ek glo dat die laaste 10 finaliste almal ‘n blink sang toekoms het. Hulle is baie talentvol en ek is so bly hulle is nou raakgesien :-). Die beoordelaars is ikone van ons land en almal pragtig en regverdig,! VOICE SA julle rock!!! Hoop daar is gou nog ‘n reeks

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.