Toe vind ek jou – beleef weer die regstreekse opname

As twee legendes van die plaaslike rock-wêreld op een verhoog ontmoet kan jy maar weet die poppe gaan dans.

Francois van Coke en Karen Zoid se konsert “Toe vind ek jou” het gehore reg oor Suid-Afrika gaande gehad, en nou is die opname daarvan beskikbaar vir almal wat die uitvoerings gemis het, of dit graag weer wil beleef.

Tydens die hoë-energie rock-konsert sing Francois en Karen van hulle duette, hul onderskeie solo-treffers en gunstelinge uit die Fokofpolisiekar en Van Coke Kartel-dae. Die konsert-reeks het gevolg op die ongelooflike sukses van hulle treffer-duet “Toe vind ek jou”.

Dit was die eerste Suid-Afrikaanse en Afrikaanse enkelsnit en album (Francois van Coke se debuut solo-album) wat tegelykertyd die nommer 1 posisies op iTunes se Top 40 treffersparades gehaal het en die liedjie het sodoende ook Platinumstatus bereik deur meer as 20 000 keer afgelaai te word.

Die “Toe vind ek jou”-musiekvideo is binne 6 maande meer as ʼn miljoen keer op YouTube gekyk. As jy wil sien waaroor die bohaai gaan, kyk die konsert nou op Showmax. Draai die volume lekker hoog, en geniet eg-Suid-Afrikaanse rock ‘n roll in die gemak van jou eie huis. Teken in of maak gebruik van die gratis proeflopie.

Vanaf 3 Augustus is Toe vind ek jou vir die eerste keer op Showmax beskikbaar. Indien jy nog nie vir Showmax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

 *Toe vind ek jou is van 3 Augustus vir Showmax-kykers in die buiteland en vir kykers in Suid-Afrika beskikbaar. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.