Topvermaak dié vakansie op ShowMax

Terug na Egipte (Foto: Verskaf)

Terug na Egipte (Foto: Verskaf)

[Promosie-artikel]

Een maal ’n jaar mag ʼn mens oordadig wees sonder dat enigiemand jou skeef aankyk: groot partytjies, hope kos, ellelange kuiers. Dié feestyd kan jy na hartelus agter die televisie lê sonder om ʼn oomblik te roer, en met die beste flieks en reekse beskikbaar op ShowMax, moet jy vinnig sorg dat jy aangeteken is.

Die beste reekse en lekkerste flieks wag op ShowMax – al wat jy moet doen, is kies, agteroorsit en kyk tot jy omkap. Dis soos ʼn Kersfeesete, maar met minder spyt en dieet-ellende ná die tyd.

Reekse wat tydens die feestyd beskikbaar gaan wees, is onder meer Vlug na Egipte, Terug na Egipte, Donkerland en Bloedbroers.

Dan is daar ook die intriges van Sterlopers, die reeks oor die vermaakwêreld wat jou sal intrek met die kleurvolle en eksentrieke karakters wat hul drome in die kollig najaag.

Ligte, kamera, liefde is ʼn ligte telenovella – ʼn lang fliek wat in episodes opgedeel is.

Sterlopers (Foto: Verskaf)

Sterlopers (Foto: Verskaf)

Die Boland Moorde, Die Byl en Fluiters is spanningsvolle misdaad- en aksiereekse wat weer wys dat spanningsvolle reekse soms die heel beste manier is om te ontspan.

Onthou natuurlik ook van die nuwe episodes van Boer soek ʼn vrou – die emosies begin nou hoog loop soos die seisoen einde se kant toe staan.

Daar is ook talle flieks wat beloof om jou en jou gesin in ʼn feesluim te plaas! Mooirivier is die perfekte lekkerkyk-fliek vir die feestyd, met klomp verskillende stories wat inmekaargeweef is om al jou hartsnare gelyk te roer. Klein Karoo is die storie van Cybil en Frans wat jou gelyktydig sal laat verlang na jong liefde en die unieke skoonheid van die Klein-Karoo.

In Knysna moet die gewone ou langsaan, Dolf, veg vir die amper-prinses Stephanie se hart: ʼn moderne sprokiesverhaal met Suid-Afrikaanse see en sonskyn as agtergrond.

Strikdas is ʼn aweregse liefdesverhaal wat Afrikaanse gesinne op hul stukke uitbeeld en in Leading Lady wys die sanger Bok van Blerk sy staal as akteur.

Suurlemoen, Die Pro en Hollywood in my huis is perfekte tienerflieks vir die vakansie, met heelwat avontuur, romanse en aksie in die mengsel. Wees verseker: hierdie flieks gaan ouer mense ook weer jonk laat voel!

En die vakansie kan nie verbygaan sonder dat jy weer Ballade vir ʼn Enkeling gekyk het nie, want ʼn klassieke fliek sal altyd ʼn treffer bly.

Algehele ontspanning is die beste geskenk wat jy jouself hierdie feestyd kan gee. Gaan groot met ShowMax – en moenie eens vir een oomblik skuldig voel oor jou vakansie-binge nie.

ShowMax kos R99 per maand in Suid-Afrika en $8,99 vir kykers buite Suid-Afrika.

Vir meer inligting of om aan te sluit vir ʼn gratis sewe dae toetslopie, besoek die ShowMax-webwerf.

Lees meer oor ShowMax op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.