Volgens berigte uit Amerika het Comedy Central ʼn vyfjaarkontrak met die 33-jarige Noah onderteken. Dit beteken hy sal tot 2022 The Daily Show aanbied.
“Ek is verheug dat ek die wonderlike reis met aanhangers van The Daily Show en Comedy Central kan voortsit,” het Noah aan Forbes.com gesê.
“Dit is regtig opwindend om my kontrak vir vyf jaar langer te verleng of tot Kim Jong-oen ons almal uitwis – wat ook al eerste kom,” het Noah geskerts.
Meer as ʼn miljoen mense kyk daagliks The Daily Show. Noah het op 28 September 2015 sy debuut gemaak as aanbieder van The Daily Show nadat hy maande vantevore as Jon Stewart se opvolger aangekondig is.
Die nuus dat Noah se kontrak verleng is, kom kort nadat hy Sondagaand met ʼn Creative Arts Emmy-toekenning bekroon is.
Ek is soooooo bly hy is daar in Amerika en dat hulle maar na hom kan kyk.
Stem saam jou Anton!
Hy is so een dimensioneel, irriteer die wit Vim uit my uit. Se baie van die amerikaners se sin vir humor