TV-reeks bekyk wêreldwye vlugtelingkrisis

(Skermgreep uit die video)

Die vervaardigers van The Crossing is deur die huidige wêreldwye vlugtelingkrisis aangespoor om ʼn unieke en treffende reeks te skep – eerste en slegs op Showmax te sien.

In Augustus 2015 klou ʼn Siriese pa aan sy seun wanneer hy uit ʼn klein rubberbootjie klim en voet aan wal sit op ʼn Griekse eiland. ʼn Foto van dié oomblik, wat ʼn Pulitzer-prys gewen het en een van duisende soortgelyke foto’s was wat die lyding en desperaatheid uitgebeeld het, het die simbool geword vir die lyding van meer as 5.6 miljoen vlugtelinge wat van die Siriese burgeroorlog wou ontvlug – en die wêreld se onvermoë om die omvang van die krisis, wat deur die oorlog geskep is, te hanteer.

Dié foto het draaiboekskrywer en vervaardiger Dan Dworkin (van MTV se Scream) getref: “Net die uitdrukking op die man se gesig, as ʼn pa, het my geraak. En dit was aanvanklik die vertrekpunt. Ek het ʼn e-pos aan Jay [Beattie, medevervaardiger van The Crossing] gestuur en gesê, ‘vlugtelinge’,” het Dan verduidelik.

Dié enkele woord het uiteindelik ʼn wetenskapfiksiereeks The Crossing (2018) geword en is eerste en slegs op Showmax te sien. Die eerste ses episodes is nou beskikbaar en episode 7 – 9 sal vanaf 1 Junie te sien wees.

Kyk The Crossing nou »

Verlore in tyd

The Crossing (Foto: ABC)

Wanneer die plaaslike sheriff Jude Ellis (Steve Zahn), sy adjunk Nestor Rosario (Rick Gomez) en agent Emma Ren (Sandrine Holt) van die departement van binnelandse veiligheid van die 47 “vlugtelinge” ondervra wat onverwags op hul klein vissersdorpie se kus uitgespoel het, voer hulle ook aan hulle het van ʼn oorlog ontvlug; ʼn oorlog wat 180 jaar in die toekoms in die VSA sou plaasvind.

Hulle is dalk oppervlakkig van dieselfde land, maar die vlugtelinge is kultureel en ideologies heeltemal anders as hul verwarde gashere. Reece (Natalie Martinez) is byvoorbeeld geneties ontwerp om superkragte te hê wat ʼn bedreiging kan wees vir die plaaslike bevolking.

ʼn Teken van die tye

The Crossing (Foto: ABC)

Deur die vlugtelinge se oë word ʼn verhaal vertel wat waarsku teen genetiese inmenging, klasverskille wat al hoe meer vergroot en ʼn volksmoord wat kom. Dis ʼn riller vir moderne tye wat in ʼn onsekere toekoms afspeel.

En dit was nog altyd ʼn kenmerk van die treffendste wetenskapfiksie- en rillerverhale. Die Japannese fliek Godzilla (1954), oor ʼn monster wat deur bestraling geskep is en nou die stad vernietig, is net so ʼn produk van die kernbomaanvalle op Hiroshima en Nagasaki as die “Atomic Age”-wetenskapfiksiestrokiesprente wat in die vroeë 1960’s in Amerika gepubliseer is. Dié strokiesprente het gefokus op mans en vroue soos The Fantastic Four (1961) wat ongelooflike maar moeilik-beheerbare kragte gekry het as gevolg van kernkragbestraling. Dit is twee heeltemal verskillende verhale van die ervaring van kernkrag van die twee kante.

ʼn Vrees vir die toekoms?

The Crossing (Foto: ABC)

Buiten ʼn ondersoek oor die manier hoe die vlugtelingkrisis ons verbeelding aangegryp het en onlangs veral as ʼn politieke middel gebruik is om vrees aan te wakker, hanteer The Crossing ook ʼn groter vrees: om ʼn kind te verloor.

Jay sê verder: “[Ek en Dan] is albei pa’s, so ʼn groot deel van die inhoud word geïnspireer deur ouerskap en die idee om van jou kind verwyder te word, dat jou kind van jou af weggeneem word, of nie te weet wat met jou kind gebeur het nie.”

Die ongelooflike krag van navorsing

The Crossing (Foto: ABC)

Die toekoms is egter nie net alles oor vrees nie. “Daar is baie menslike drama en ook baie wetenskapfiksie. Ons was baie opgewonde om die aspekte van genetiese ingenieurswese te ondersoek. Dit speel ʼn beduidende rol in die reeks, veral wat betref die oorsprong van Apex (geneties gevorderde mense) en die wetenskap daaragter. Ons ondersoek alles in die program. Dit was groot pret!” voeg Dan by.

“Ons het ʼn konsultant op die stel gehad, ʼn sintetiese bioloog wat ons met die wetenskap gehelp het. Ons was baie opgewonde om te dink hoe die toekoms oor 100 tot 150 jaar gaan lyk. Dis die beste navorsing – die groot pret wat ons gehad het toe ons met navorsers gesels het. Ons het ook met toekomskundiges gesels oor wat hulle dink die toekoms inhou. Dit was fantasties!”

The Crossing is nou eerste en eksklusief op Showmax te sien. Die eerste ses episodes is nou beskikbaar en die laaste paar episodes sal in Junie op Showmax te sien wees.

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie reeks is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en in die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.