Twee dokumentêre vir krieket-liefhebbers

Die omstrede 2018 Australiese kriekettoer en AB de Villiers se legendariese krieketloopbaan is twee dokumentêre wat nou te sien is.

Crossing the Line

Dié aangrypende dokumentêr onthul Australië se toksiese krieketkultuur tydens die omstrede toer in 2018 waar die span skuldig bevind is aan balpeutery.

In Crossing the Line ontvou die toetsreeks eerder soos ʼn sepie as ʼn sportgeleentheid. Met kommentaar deur krieketlegendes soos Shaun Pollock, Graeme Smith, Michael Holding en Shane Warne, wys die dokumentêr waarom humeure op die veld en op die kantlyn opgevlam het. Jy sien ook beeldmateriaal van spelers wat mekaar agter die skerms konfronteer.

Kyk dit nou »

AB de Villiers het tydens die toetsreeks ʼn voorspelling op Twitter gewaag wat uiteindelik waar geword het.

AB de Villiers

Die volgende dokumentêr, AB de Villiers, ondersoek dié krieketlegende se loopbaan oor 14 jaar. Hy het aan 228 ODI’s, 114 toetse en 78 T20-wedstryde deelgeneem. Hy het drie wêreldrekords vir die vinnigste 50-tal, 100-tal en 150-tal ooit in ʼn ODI.

Hy word beskou as een van die beste spelers ooit en dit was ʼn hartseer dag vir krieketondersteuners wêreldwyd toe hy in Mei vanjaar in ʼn video aangekondig het dat hy sy kolf neergelê het.

In die vier episodes van dié dokumentêr kan jy sien hoe AB rekords verbeter en hoor hoe ander sportlegendes aan hom hulde bring. Kyk dit nou »

Crossing the Line en die AB de Villiers-dokumentêr is nou albei op Showmax te sien.

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie dokumentêre is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.