Twee topflieks dié maand op ShowMax

 Foto: Skermskoot uit video

Foto: Skermskoot uit video

[Promosie-artikel]

Die verhaal het fliekgangers landwyd geruk. Dit was boeiend, rou en eerlik. Rolprentkritici was dit ook eens: Dis ek, Anna is een van die bestes. Die toekennings het ingestroom en Leon van Nierop het gesê dié fliek verdien internasionale erkenning. As jy dié bohaai gemis het, kan jy vandeesmaand agteroorsit wanneer ShowMax dié fliek na jou sitkamer bring.

Dis ek, Anna, wat vroeër Sama-, Safta- en Silwerskermfees-toekennings ingepalm het, is gebaseer op die topverkoper-boeke Dis ek, Anna en Die staat teen Anna Bruwer deur die skrywer Anchien Troskie.

Joost: Spel van glorie (Foto: Verskaf

Joost: Spel van glorie (Foto: Verskaf

Die fliek vertel die ontstellende verhaal van misbruik en mishandeling. Van Nierop meen dié gewigtige onderwerp word op ʼn sensitiewe manier benader en dit is deel van die rede waarom die prent soveel pryse gekry het.

Die fliek is vir die silwerdoek aangepas deur die bekroonde skrywer Tertius Kapp, en akteurs soos Charlene Brouwer, Nicola Hanekom, Marius Weyers en Morne Visser is daarin te sien.

Nóg ʼn fliek wat ook dié maand op ShowMax beskikbaar is, is Joost: Spel van glorie.

Dié dokumentêre rolprent oor die oud-rugbyspeler Joost van der Westhuizen se lewe vertel van sy stryd met motorneuronsiekte. Die rolprentspan het 18 maande saam met Van der Westhuizen deurgebring en sy lewe verfilm om ’n intieme blik te skep op die uitwerking wat die siekte op die eertydse sportheld het, en om ook ’n terugblik op die hoogtepunte in sy loopbaan te gee.

Benewens dié flieks is daar ook derduisende episodes van reekse om na te kyk en te geniet waar en wanneer dit jou pas. Nou kan jy na jou gunsteling-programme op enige rekenaar, slimfoon, tablet en slim-TV kyk.

ShowMax kos R99 per maand in Suid-Afrika en $8,99 vir kykers buite Suid-Afrika.

Vir meer inligting of om aan te sluit vir ʼn gratis sewe dae toetslopie, besoek die ShowMax-webwerf.

Lees meer oor ShowMax op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Liesl ·

Die Dis ek Anna fliek is net beskikbaar vir mense buite SA op showmax, binne SA, nee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.