Uitmuntende nuwe reekse in Julie op Showmax te sien!

Aanhangers van kykNET se supergewilde kleindorpse dramareeks Die Boekklub (12 Julie), kan regskuif vir splinternuwe episodes wanneer seisoen 2 in Julie ons skerms tref. Tom is steeds op die klein Karoodorpie Merweville waar hy wag op Lillie se terugkeer, en al dieper verstrengel raak in die lief en leed van die dorpie se inwoners, en veral in die lewens van die lede van sy oorlede ouma se boekklub. Die rolverdeling sluit gunstelinge soos Armand Aucamp en Christia Visser in, ikone soos Jana Cilliers en June van Merch en ‘n hele aantal nuwe gesigte wat in die tweede seisoen vir die eerste maal hulle verskyning maak.

Vir ‘n bietjie komiese afleiding beveel ons die nuwe sitkom Elke skewe pot (11 Julie) aan. In hierdie reeks ontmoet ons die 31-jarige Anna, wat tydens ‘n klein eksistensiële krisis van haar werk en haar kêrel ontslae raak. Sy doen aansoek vir ‘n pos by die dating site “Elke skewe pot” waar sy besonder interessante potte en deksels moet help om pasmaats te vind.

Daar’s ook heelwat om oor te lag in Parlement Parlement (11 Julie), ‘n paneel-komedie waarin komediante en bekendes belangrike sake debateer, onder leiding van “die beskermengel van rede”, Elana Afrika-Bredenkamp.

Diegene wat van ‘n goeie storie hou sal die tweede seisoen van Oppiestoep (8 Julie) geniet: Andries Vermeulen en Pietman Geldenhuys neem weer hul plekke op die stoep in saam met storievertellers van Potchefstroom tot Mosselbaai, die Klein Karoo én Namakwaland. Daar’s ook bekendes wat kom geselsies maak en Gertjie “Sinkplaatvlieg” Odendaal van Swellendam, wat in die eerste reeks so vermaaklik was, maak weer ‘n draai in die tweede seisoen.

As al die kykery jou honger maak, moenie bekommer nie! Daar’s natuurlik iets vir kosliefhebbers ook. Jan Braai (15 Julie) steek sy vuurtjie vir ‘n sewende seisoen op die kassie aan. Soos gewoonlik kuier hy met lekker mense, toer die land plat en leer meer oor ons erfenis.

Van ons erfenis gepraat: Kook en Geniet (6 Julie), die ikoniese kookboek wat so ‘n belangrike rol in baie Afrikaanse gesinne se eetgewoontes speel, het nou ‘n TV-program geword. In dié reeks ontmoet Lise Swart mevrou SJA de Villiers se dogters en daar word natuurlik gekook – en geniet! Lise klop elke week by verkillende mense aan om te sien hoe die resepte en wenke in Kook en Geniet gewone Suid-Afrikaners se kookkuns inspireer.

As al hierdie huishoudelikheid te mak is vir jou, is jy waarskynlik die ideale kyker van Wild en Wragtag (11 Julie), die program wat fokus op die Suid-Afrikaanse wildbedryf. Allerhande interessante bewaringsprojekte word bekyk en jy kan ook meer uitvind oor jag, jagetiek, jagtegnieke, wapens en ander toerusting en produkte.

As jy nog nie ingeteken het op Showmax nie, is daar geen beter tyd as Julie om dit te doen nie. Gebruik die gratis 14 dae-proeflopie om nuwe episodes van al 7 hierdie uitmuntende reekse te geniet.  ShowMax bied duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

*Let daarop dat hierdie reekse aanvanklik net vir Showmax-kykers in die buiteland beskikbaar gemaak word. Laat weet gerus jou vriende en familielede in die buiteland!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.