Uitvlucht – ʼn storie van hoop

Uitvlucht is ’n storie van hoop in ’n hopelose situasie, genade in desperaatheid en behoudende liefde.

Die regisseur van dié Afrikaanse fliek is Regardt van den Bergh, wat bekend is vir flieks soos Faith like Potatoes en Klein Karoo. Die film volg drie verskillende storielyne, maar uiteindelik het al drie dieselfde boodskap: dat die liefde alles kan oorwin.

Een verhaallyn gaan oor Willie (Clyde Berning), wat woedend is omdat sy huwelik verbrokkel het. Wanneer hy by ʼn B&B aanklop vir tydelike verblyf, vertel die eienaar, oom Joshua (Carel Trichardt) vir hom die storie van Anna en Dok, wat die tweede verhaallyn vorm.

Anna (Clara Joubert van den Bergh) is ’n konserwatiewe middelklasvrou wat met vuur speel en alles wat saak maak in haar lewe verloor. Tydens haar reis van selfontdekking en vergifnis, kry sy werk by ’n plaasskooltjie met die naam Uitvlucht, waar sy ’n saggeaarde, alleenloper-boer, Dok (Stian Bam), ontmoet met wie sy bevriend raak en wat haar weer in haarself laat glo.

Die derde verhaallyn fokus op die opvoeding van die kinders by die skooltjie en illustreer dat behoorlike onderwys ʼn belangrike rol kan speel om mense te help om uit hul haglike omstandighede te ontsnap.

Die fliek is pragtig verfilm deur die kinematograaf Zenn van Zyl, en die akteurs in Uitvlucht doen wonderlike werk as ensemble. Resensente is veral vol lof vir die kinders in die fliek se natuurlike spel, en Margot Luyt se draai as gesoute skoolhoof.

As jy op soek is na ʼn lekker stewige drama wat jou gees gaan lig, is hierdie net die fliek vir jou. Indien jy nog nie ‘n Showmax-intekenaar is nie, maak gebruik van die 14 dae gratis proeflopie, en geniet ‘n wye verskeidenheid flieks en reekse wat jy kan kyk net waar en wanneer dit jou pas.

Vanaf 24 Julie is Uitvlucht vir die eerste keer op Showmax beskikbaar. Indien jy nog nie vir Showmax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

*Let daarop dat hierdie fliek op 24 Julie aanvanklik net vir Showmax-kykers in die buiteland beskikbaar gemaak word. Laat weet gerus jou vriende en familielede in die buiteland!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ashlee ·

Ek kyk net na die prentjie, en weet sommer al reeds die punt daaragter. Regtig? Geldmaak of gatkruip?

Esme ·

Dit is regtig een van die mooiste, positiefste, goedvoel stories. Hoewel dit redelik lig aangebeid is, is daar onderliggend ‘n dieper boodskap van opbou, hoop en onbaatsugtige liefde en ‘n paar oulike komiese gevalle.

Janita ·

Ek dink dis ‘n baie goeie fliek. Die storie (s) daar agter ruk mens aan die hart. Definitief op my lysie van gunsteling Afrikaanse flieks. Sal dit beslis aanbeveel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.