Vanes-Mari hou haar lyf nou ‘Kwêla’-aanbieder

Hannes van Wyk en Vanes-Mari Proudfoot in die 'Kwêla'-ateljee. (Foto: Verskaf)

Hannes van Wyk en Vanes-Mari Proudfoot in die ‘Kwêla’-ateljee. (Foto: Verskaf)

Vanes-Mari Proudfoot, die Protea-netbalspeler wat veral bekendheid verwerf het as een van die sterre van M-Net se Dancing with the Stars-program, maak eersdaags haar debuut op kykNET as deel van die Kwêla-span.

Die 29-jarige Proudfoot het luidens ʼn mediaverklaring van dié kanaal gesê dit is vir haar ’n wonderlike vooruitsig om een van Kwêla se veldaanbieders te word.

“Dit voel vir my onwerklik, maar tog baie opwindend om by Kwêla aan te sluit. Om deel te word van so ʼn dinamiese span, wat help om Suid-Afrika se mooiste stories te vertel, is ʼn groot voorreg!” het sy gesê.

Proudfoot het bygvoeg dat Kwêla ʼn program is wat ʼn instelling op Afrikaanse televisie is en wyd gerespekteer word.

Vanes-Mari destyds as deelnemer aan 'Dancing with the Stars' op M-Net. (Foto: Facebook)

Vanes-Mari destyds as deelnemer aan ‘Dancing with the Stars’ op M-Net. (Foto: Facebook)

“Ek het nog altyd die diepte van die stories en die gehalte van die produksie bewonder. Kwêla se stories gaan immers oor gewone mense wat buitengewone dinge doen, en ek gaan alles in my vermoë doen om reg aan al hierdie inspirasie te laat geskied.”

Kykers kan Proudfoot hierdie Sondag (3 Februarie) om 18:00 vir die eerste keer saam met Hannes van Wyk op die Kwêla-bank sien.

Proudfoot se eerste insetsel word ook dan uitgesaai. In haar debuut-onderhoud ontmoet sy vir Liesl Schoonraad van Melkbosstrand, ʼn ystervrou wat haar kragte inspan om op te staan vir ander.

Kwêla word Sondae om 18:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

sonja coetzee ·

Welkom Vanes-Mari by die Kwela span sy was verlede jaar op Kwela gewees waar sy en haar man op was sy’t so spranklike persoonlikheid en sy is pragtig!!Hoop sy gaan gelukkig uitsaai saam Hannes.

Onnodig ·

Pragtige mens. Binne en buite. Sy maak n sukses van alles wat sy aanpak en ek weet hierdie gaan net een van n lang lys suksesse in haar lewe wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.