Vat ʼn ‘Vet Kans’ saam met kykNET

Karin van der Laag. (Foto: kykNET)

Karin van der Laag. (Foto: kykNET)

Vet Kans is kykNET se nuwe realiteitsprogram wat elke Donderdag vanaf 4 Oktober om 18:00 uitgesaai sal word. Dié program gaan ses deelnemers se gewigsverliesreis volg. Wat maak dié program egter anders as ander verslankingsprogramme? Die aanbieder van die program, Karin van der Laag, gaan vir die volle 16 weke saam met die deelnemers die dieetprogram volg!

Elke deelnemer het besluit om hul lewe drasties te verander, met gewigsverlies van tussen 20 kg en 40 kg as die uiteindelike doelwit. Die deelnemers volg 16 weke lank die MediLean-dieetprogram en die deelnemer wat die meeste vet as persentasie van sy of haar totale liggaamsmassa verloor, stap weg met ʼn eilandvakansie vir twee.

“Kykers kan emosie, humor en ware lewensverhale verwag,” vertel Rian van Heerden, die vervaardiger van Vet Kans. “Die deelnemers verander nie net hulle lewenstyl nie, maar ook hulle lewensuitkyk met behulp van twee lewensafrigters en die MediLean-dokters.”

Van der Laag is veral bekend vir haar rol as Maggie Webster in die SABC3-sepie Isidingo – ʼn rol wat sy vir 12 jaar vertolk het. “Soos menigte vroue het ek al verskeie diëte in my lewe gevolg – ek het al ʼn paar kilogram verloor, maar dan weer dubbel soveel opgetel.”

Sy besef dat die 16 weke op die program alles behalwe maklik gaan wees, maar sy is opgewonde om dit saam met die deelnemers aan te pak. “Ek sien uit daarna om saam met hulle die pad na ’n gesonder leefstyl te stap. Hulle is nie alleen nie – daar gaan dae wees dat ek net so moedeloos en gefrustreerd soos hulle gaan raak. Maar ek weet dat ons saam die stryd teen ons gewig sal oorwin en aan die einde van die reeks nie net maerder gaan wees nie, maar met meer selfvertroue die lewe sal kan aandurf!”

Karin en die deelnemers gaan meer as net ’n dieet volg – hulle gaan gekonfronteer word met hul gunstelingdisse en uitvind hoe sterk hul wilskrag is om dié versoeking te weerstaan; hul selfvertroue gaan getoets word met ’n aandjie uit na ’n karaokekroeg; en hulle gaan ’n dag by Valley of the Waves by Sun City deurbring… in swemklere! Hoe gaan hulle in dié uitdagings vaar?

Niemand het ooit gesê dis maklik óf lekker om gewig te verloor nie, maar met die ondersteuning van die MediLean-dokters, lewensafrigters, mede-deelnemers en Karin wat die uitdaging saam met hulle aanpak, wag daar meer selfvertroue en ’n gesonder leefstyl.

Moenie ’n oomblik van dié opwindende gewigsverliesreis misloop nie. Skakel vanaf Donderdag 4 Oktober 2018 om 18:00 in op DStv-kanaal 144 vir Vet Kans.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Erica Roos ·

Die program kan dalk werk want die Slank ene is die aanbieder so maer, nie een van die deelnemers sal ooit soos sy kan lyk, ek sal deelneem aan so iets want dit kan werk as motivering, mooi soos iets vir ons vetties

Reti ·

Ek is mal oor SLANK én sy aanbieder. Ek sal graag soos sy wil lyk. Hulle het my so begeester dat ek saam met hulle eet. Hoe heerlik is dit nie. Dankie Slank se vetties. Eks mal oor julle. As die nuwe program mense gaan aanmoedig is ek bly.

JJ ·

Sal iemand asb vir Karen Meiring vra om die gemors wat as “komedie” uitgesaai word van die lug af te haal?

Daan Erasmus ·

Solank Casper de Vries van my en my TV af weggehou word is ek dood tevrede. Dan kan jy enige gemors opsit, ek verander net van kanaal.

wielie ·

Jaaaaaaaaaaaaaaa SA TV word nou net soos Amerika. Boek lees bly maar nog die beste !!

Besemryer ·

Wielie, ek stem volkome saam. Vir die afgelope paar jare nie meer ‘n televisie nie. Ek lees graag en as ek in iets belangstel dan laai ek dit van die internet af en kyk dus net waarvoor ek lus het

Dellie ·

Ek sou baie graag wou inskryf, hkm weet mens nie van sulke goed nie :-(

Ek wil ook dit doen……..

DikenGelukkig ·

Ek is dik en gelukkig. In die land van misdaad en geweld, bly een van my min bederfies, ‘n heerlike bord kos. Sterkte met julle program.

Pote ·

Snaaks hoe oorgewig en ongesonde mense vir maer mense kan sê hoe maer hulle is en klomp spreekwoorde, maar laat ek nou vir n vet mens sê hoe vet hulle is, dan is ek n vark.

ChrisE ·

Pote, jy is seker soos ek. Jy is vet jou maergat of maer jou vetgat. Daar is net een dieët. Eet minder en kry jou stert aan die gang, loop draf swem enige oefening. My gebalanseerde dieët was sespak biere in die een hand en kilogram bitong in die ander. Ek het nou die biltong gelos. Net kos maak jou vet. Het jy al ‘n vet alkolis gesien. Hy eet nie. Verbrand meer as jou inname.

Andrea ·

Dan begin ek nou drink! Hou nie van bier mie. Sal rooiwyn ook werk?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.