Veels geluk, Suidooster!

Suidooster (Foto: Verskaf)

Suidooster (Foto: Verskaf)

Die gewilde kykNET-sepie, Suidooster, vier op 16 November sy eerste verjaardag.

Suidooster is die eerste Afrikaanse sepie wat in Kaapstad verfilm word en is een van dié kanaal se gewildste programme.

Karen Meiring, direkteur van kykNET-kanale by M-Net, sê die span is veral dankbaar vir die ondersteuning wat die program ontvang.

“As ’n mens kyk na hoe Suidooster van krag tot krag gegaan het in 12 maande, is die sukses daarvan verbysterend en is dit baie duidelik dat dié sepie nog vir jare sterk op kykers se skerms gaan waai,” het sy gesê.

Suidooster was van meet af aan gewild en het talle nuwe kykers na kykNET gelok en só ook gehelp om die spitstydgleuf se kykertal suksesvol te laat groei.”

Suidooster (Foto: Verskaf)

Suidooster (Foto: Verskaf)

Meiring sê verder dit is ook vir kykNET belangrik dat Suidooster ’n “vars briesie is” wat baanbrekerswerk verrig deur die wonderlike variante en kulture van Afrikaans te bevorder.

Hier is ʼn paar kitsfeite oor Suidooster:

  • Dit is die eerste Suid-Afrikaanse sepie met ’n Moslemgesin as hoofkarakters.
  • Verlede jaar het dit ’n blitsvinnige vyf maande en 15 dae geneem om alles gereed te kry – van die aankondiging op 1 Junie 2015 tot die eerste episode op 16 November 2015 uitgesaai is.
  • Die verfilming van Suidooster het op 12 Oktober 2015 begin en een episode per dag word tans verfilm.
  • Die 178ste episode word op Suidooster se eerste verjaarsdag uitgesaai.
  • Om een episode van 22 minute te maak, skiet 3 kameras vir ongeveer 10 ure elke dag, wat beteken ongeveer 30 ure se skietwerk word afgesny na 22 minute;
  • Daar is 65 vaste personeel, wat 12 permanente akteurs insluit, wat op Suidooster

Suidooster word Maandae tot Donderdae om 18:00 op kykNET en kykNET & kie uitgesaai, met ’n herhaling om 20:00 op kykNET & kie en ook om 22:30 op kykNET.

Nog herhalings sal op ander tye plaasvind en ’n omnibus word op Sondae om 14:00 op kykNET & kie uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

oosie ·

Wattttttt is dit al so lank dankie vir n puik sepie en baie geluk ek hoop om nog baie saam julle te vier Geluk

Erika ·

Baie geluk….geniet dit baie. Dit is die lekkerste tyd van my dag.

Fritz ·

Daar is nou 3 goeie goed wat uit die Kaap kom. Voorheen was dit net die Kaapse wyn en die pad Kaap toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.