Verbruikers se reg om DStv-kanale te kies

dstv-02

Argieffoto.

Verbruikers was onlangs baie bly om te hoor DStv ondersoek die moontlikheid dat intekenare binnekort self die kanale kan kies waarvoor hulle wil betaal. Mense kla al jare lank dat hulle sat is daarvoor om te betaal vir kanale waarna hulle nie kyk nie. Ina Opperman verduidelik hoe die Wet op Verbruikersbeskerming verbruikers beskerm ten opsigte van die saambondeling van dienste of produkte.

Volgens die uitvoerende hoof van M-Net, Yolisa Phahle, ontvang die uitsaaier al hoe meer versoeke van mense wat self wil kies watter kanale hulle wil hê, aangesien hulle nie tevrede met die verskillende pakkette wat tans op DStv beskikbaar is nie.

Verbode optrede

Artikel 13 van die Wet op Verbruikersbeskerming handel spesifiek oor die saambondeling van goedere of dienste. ʼn Handelaar mag nie vereis dat ʼn verbruiker ook ander bepaalde goedere of dienste by hom koop, ʼn bykomende ooreenkoms met hom of ʼn derde party sluit of toestem om bepaalde goedere of dienste van ʼn derde party te koop nie.

Wanneer word dit toegelaat

Handelaars mag dit egter doen indien hulle kan wys die gerief vir die verbruiker om die goedere of dienste saam te bondel, weeg swaarder as die beperking op die verbruiker se reg om te kies. Die handelaar moet ook kan wys die saambondeling hou ekonomiese voordeel vir verbruikers in of hy moet die saamgebondelde goedere of dienste ook afsonderlik en teen individuele pryse aanbied.

Jou reg om te kies

Hoewel artikel 13 goeie beskerming vir verbruikers bied teen gewetenlose uitbuiting wat verband hou met saambondeling, moet ʼn mens egter in gedagte hou dat DStv steeds enige prys kan vra vir die kanale wat dit bied, wat nie noodwendig sal beteken dat jy minder betaal wanneer jy net die kanale kies wat jy graag wil kyk nie.

Gebrek aan mededinging

Die probleem is dat DStv nie juis direkte mededinging het nie. Hoewel Phahle sê dienste soos Netflix en Showmax noop die uitsaaier om sy dienste te hersien, ding hierdie dienste steeds nie direk met DStv mee nie. Die verbruiker se reg om te kies word beskerm, maar as daar net een handelaar is wat die diens of produk verskaf, hoe kies ʼn mens dan?

Wat ons kan verwag

As ʼn mens streng na die kwessie kyk volgens die bepalings van die Wet op Verbruikersbeskerming, moet DStv vir ons kan bewys die gerief daarvan om kanale saam te bondel weeg swaarder as die beperking op ons reg om te kies. Ek sal graag wil sien hoe DStv dít doen, of andersins bewys dat dit ekonomiese voordeel vir ons inhou. Al wat oorbly, is die derde bepaling: Om die kanale afsonderlik en teen individuele pryse aan te bied.

Lesers se menings

Dit was ook duidelik uit die kommentaar op die berig oor DStv wat die moontlikheid ondersoek dat mense self die kanale kan kies waarvoor hulle wil betaal dat verbruikers opgewonde is oor die vooruitsig, maar ook wonder of hulle werklik minder sal betaal in hierdie geval. Phahle het ook vandeesweek gesê die uitdaging is om te bepaal of mense nie dalk meer gaan betaal vir drie kanale as wat hulle tans vir 100 kanale betaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Skatymir ·

Ek het 2 jaar gelede DSTV gekanseleer en uncapped internet gekry. Een van my beste besluite in ‘n lang tyd.

Hugo ·

Stem saam! Inteendeel ek het sommer my TV ook die trekpas gegee – meer tyd vir lees en mense om my. tog moet ek bieg ek kyk nou en dan iets op my rekenaar. So hoef ek nie in advertensies vas te kyk nie. hoef nie te wag nie en geen TV liksensie nie.

Vos ·

Dis n besluit om dit te he wat net jy kan maak, hou op moan of hou op betaal.

Dstv Fees must fall ·

Ek betaal eerder vir 10 kanale wat ek kies om te hê as wat ek die selfde betaal vir 100 kanale en ek kyk in elkgeval 90 kanale nie, mors van tyd en die crap word miljarde kere her uitgesaai. Ek kan dus my gunsteling kanale kyk wat ek kies en het meer waarde as baie meer kanale waardaar net gemors op is. Dstv FESS MUST FALL

Ellen ·

Ek stem saam jou. Mens betaal vi al d kanale wat mens nie kyk nie. Movies word oor en oor herhaal. Naweke is daar geen movies op n saterdagaand wat nuut is nie. Hoekom betaal jy dan?

Louisa ·

Gaan dit ook beteken dat jy meer geld moet opdok vir jou “eie” kanale ??
Ek het die Compact – R345.00 p/m. As ek kies sal ek seker nie meer dieselfde bedrag betaal nie?

ELF ·

Maar natuurlik gaan hul jou meer vra om jou eie kanale te kies. Probleem egter wat hulle het is dat jou prys gaan heel moontlik meer wees. Jy sal nog die ander kanale moet subsidieer. En bowendien gaan dstv nie minder geld wil maak agv die nuwe “goedkoper” opsie nie

james ·

Kan nie verstaan nie in amerika en engeland kan ons ons kanale gekies het wat sukkel hulle nog so

Kiepie ·

James, dis nie ‘n kwessie van “kan nie”, dis ‘n kwessie van “wil nie”. Hulle is heeltemal instaat om dit ook so te doen maar hier in SA moet daar mos altyd voorsiening gemaak word vir die massas wat wil hê maar dit nie kan bekostig nie, en iemand moet daarvoor betaal.

Kiepie ·

Al wat gaan gebeur is dat die 5 of 6 kanale waarop al die beste programme en sport uitgesaai word, die heel duurste gaan wees omdat dit die mees gewilde kanale is en sodoende gaan hulle al die ander kanale subsidieer. Moet dus nie julle asems ophou nie, solank daar nie kompetisie vir DSTV is nie sal hulle sorg dat die wat het op ‘n manier die massas subsidieer. Dit bly egter elkeen se besluit om te betaal of nie. As jy nie wil betaal nie, neem verlief dat jy daarsonder moet klaarkom, soos ek.

Zelna ·

Die “kies van kanale” gaan net sekere mense bevoordeel. Ons ouens wat R900 n maand betaal vir premium sal gedwing word om dit steeds te betaal om jou pvr te kan gebruik.

Manie ·

Ons kan maar verseker weet dit sal nie regverdig wees nie. As jy Kyknet, SS1, SS2 en MNET kies, sal jy R800/m betaal. As jy SS3, SS4, SS5, SS6, SS7 en 50 ander kanale kies, sal jy R200/m betaal.

Lourens ·

Manie, Stem 100% saam met jou oor alles behalwe die pryse, ek dink SS1 gaan defintief die prys bepaal maar beslis meer as R800 p/m want onthou die wat SS1(rugby) neem sal die ander SS(sokker) en ander 99 kanale subsideer

Ronel ·

Mens kan seker nou verwag dat die dam onder die eend se gaaaaaaai uitgeruk gaan word met die prysbepalings..

Okkie ·

Hulle gaan vir seker dieselfde uit jou uit maak.
Jy betaal nou R800 vir al die kanale en jy gaan seker R750 vir die helfde van hulle betaal.
En dit gaan niks doen aan die heruitsendings nie.
Net sodra “Jason Bourne” op elke moontlike tydgleuf uitgesaai is hou hulle weer ‘n “Bourne marathon”.
Dit herinner my, ek gaan myne nou stop. Ek is seker daarvan dat as ek oor 6 maande weer aansluit sal ek niks gemis het nie.

Tonginniekies ·

Amper soos Sewende Laan, jy kan hom vir maande mis en nog steeds die draad van die storie volg.

Hugo ·

AS ek wil Rugby kyk gaan ek na ‘n kroeg toe om te kyk. lekkerder gees ens. as ek iets wil kyk dan download jy wat jy wil hê oor die internet – dis makliker. soos ek vroeer ook gesê het geen advertensies nie, en beslis geen heruitsendings nie.

callie ·

Nog altyd so dat geen kleiner pakket gekies kan word waarop die rugby ingesluit is nie. Net op volledige pakket, so noudat ek nie meer rugby kyk nie kom hulle te laat met die idee.

m ·

Bly n bargain. Ek geniet DSTV baie maar weet net nie so lekker of dit goedkoper gaan wees om kanale te kan kies nie, maar ja die verskeidenheid is baie lekker. Daar is iets vir elke smaak. Kom ons kyk ma wat gebeur… SABC doen dit lankal nie meer vir ons nie…

Henda ·

Ooooo dit is in lagwekkend, mense het die reg om te kan kies daar moet nie eers ‘n vraag daaroor te wees nie. Dankie tog ek het internet en sal dit vir enige een aanbeveel. Kyk wat jy wil wanneer jy wil vir so lank as jy wil en as jy nie hou van dit nie dan skakel jy oor na iets anders so maklik soos dit geen verpligting om na die bollie of herhalings te kyk nie. Dankie tog vir tegnologie en dat ek deel daarvan kan wees.

bendons ·

Boeta hoe kyk jy die Rugby bv laas sat se wedstryd op internet. Sê gou.

lorraine ·

Daar is op 12 November nog twee kanale gestop of afgehaal, maar die premie word nie minder nie.

Stefaan ·

Ja. Jy kyk nog een aand jou program en more aand is die kanaal weg en die program ook. Swak

Haibo ·

Maar glo my NOU maar hier kom ‘n SLENTER, jy gaan R200 per kanaal op die ou einde betaal, vir al die wat jy kies, want hoekom sal hulle nou die golden geese wil doodmaak wat vir 80 kanale betaal en net 2 kyk? Ons WIL glo dat as ons kan kies gaan ons minder betaal, jy gaan op die ou einde met 4 kanale sit vir DIESELFDE prys as wat jy nou 80 het waarvan jy darem so af en toe kan wissel as die program nie ouer as 2 jaar is nie.

Jan A M Richards ·

DSTV verwyder byna maandeliks kanale wat nog die moeite werd is om te kyk soos bv. AMC en True Movies huidiglik . Dan moet jy ook herhaaldelik male sonder tal na herhalings kyk op dieselfde kanaal asook op ander kanale , ook is daar kanale op hul pakket waarna jy nie kyk nie maar wel voor betaal .

Leonie ·

Ons stream al ons sport via Internet. Al hoekom ons DSTV het is vir Kyknet. Ek betaal met liefde eerder net vit die een kanaal. Ons sal baie geld spaar.

Susan ·

Wat is die punt om amper R1000.00 te betaal as mens die selfde goed oor en oor moet kyk, kanale wat mens nie kyk nie ook moet voor betaal, nou dat ons Dstv af gesit het en Netflix gekry het geniet ons dit soveel meer om te kies wat ons wil kyk. sal nooit weer my geld mors op dstv nie.

THEUHAN PRETORIUS ·

Ek het my DSTV gekanseleer en gebruik netflix, maar self daar het DSTV mooi vir hulleself gesorg met uitsaairegte wat verhinder dat die top reekse en films wat bv op mnet wys nie toegelaat word op netflix in SA nie. Net hulle mag sekere programme uitsaai, net hulle mag die rugby ens uitsaai. Lekker as mens nie kompetiesie het nie kan jy maak wat jy wil.

Johann ·

Cell foon pakette moet ook so wees dat jy kan kies wat jy wil hê.

Zelda ·

Ek hoop as ons ons eie kanale kies Gaan daar minder herhalings wees waar teen ons vas kyk. Ons betaal reeds baie om 85% van die tyd herhaal hulle programme en flieks.

Paul Venter ·

Ek stem volkome saam met jou oor die herhalings van tot jare gelede. Moeg daarvoor.

Leandra Streicher ·

Gastehuise kan kanale kies. So ons moet ook kan. En Gastehuis betaal glad nie erg duur vir kanale nie – alhoewel hul moet betaal per kamer.

Jaco van Zyl ·

Ek’s jammer R900?! DSTV ontwyk net die ooglopende probleem… hul monopolie op die sport is die eerste besprekingspunt wat aangespreek behoort te word. Hulle vra net wat hul wil want hul druk alle deure toe vir opposisie om in die land te probeer inkom

Erich Kohrs ·

Ek stem saam met al die bogenoemde komentaar. Wat my egter ook dwars in die krop steek soos al hier bo genoem is die herhaling van flieks. Verlede jaar was daar die mees godslasterlikste fliek op wat ek nog ooit gekyk het. Om die waarheid te se ekt die fliek nie eers klaar gekyk nie. Die fliek se naam is “A Million Ways to die in the West” en onse eie Charlize Theron speel daarin. Die fliek wys nou weer op DStv presies n jaar na dit die eerste keer gewys is…….

Johann Barnard ·

Myne gestop.Sport in elk geval so swak ek wil dit nie sien nie.GELD MORS

Johann Barnard ·

Kyk net gaan R500 kos en afrika kanale R5 so mklik soos dit

elsja ·

Wie gaan R500 vir kyk net betaal nie ek nie wat n klomp twak

henda ·

Bendons het jy nog nooit gehoor van VIP Box! Daar kan jy meer sport kyk as op DSTV! Shame onkunde is ook ma n lelike ding nes ouderdom! ha ha

henda ·

En so glo almal DSTV, betaal ma blindelings en kla met die witbrood onder die arm ma kyk wil ons kyk

Henda ·

Hi Wilna ek is nie seker of ek enige verskaffer se naam mag noem hierso nie. Sal jou graag wou help as dit moontlik is.

Vic ·

Uiteindelik. Al v meer as 5 jaar af. As ek kan kies is dit die moeite we4d.

Vic ·

Uiteindelik. Al v meer as 5 jaar af. As ek kan kies is dit die moeite werd.

Chris ·

Daar is reeds ‘n pryswaarde op elke kanaal al is dit in ‘n bondel. MC moet dit net publiseer en jy sal dadelik ‘n idee kry wat dit jou kan kos vir die kanaal wat jy wil neem. Die besparing kan wel in kom in minder kanale maar die feite dat min mense enige audio kanale sal insluit in hulle pakkette so hulle het nie rede om die kanaal prys te laai nie behalwe indien hulle verliese wil opmaak.

Stoffel ·

Ek stem saam met amal. Daar word kanale afgehaal en so betaal ons nog steed dieselfde prys. In namibia is suppersport 2 afgehaal. Nou kan ons nie eens die krieket sien nie. Baie swak van dstv. Ons betaal net so baie , maar ons kanale is minder. Sal graag n antwoord by dstv wil hoor hoekom dit so is. Ek is n sport mens nou word ons van krieket ontneem

domtjie ·

Is dit net ek of sien ek meer as die res……en dis nie op dstv nie,punt is dis n monopolie sonder oposisie,en as daar oposisie kom dan sal pryse net vasgemaak word…….dit kom neer op dieselfde prinsiep as suid afrikaanse banke wat die verbruikersmark uitbuit

domtjie ·

So btw…….die wet praat van 3de party dinge,nou is my vraag hoekom dstv nie sabc vepligtinde lisensie gelde insluit nie aangesien ek as vebruiker van n uitsaai diens myself sien as die eerste betaler en dstv die middel diensveskaffer en laaste sabc wat dis eintlik die geregmatigde uitsaai/diens verkaffer is…..wil iemand dalk dit in die hof toets want eks te flippen arm om dit te doen ? Miskien het ek die kat aan die alie beet en wonder dus manet ?

Ronelle ·

Hoekom kan daar nie koop krag wees soos by munisipaliteit nie? As jy bv R600 se lugtyd koop en jou tyd is op,moet jy weer koop om verder te kyk!

Elias ·

Ek gee nie om, om ‘n realistiese hoër tarief te betaal, vir die kanale wat ek wil kies. Mits hulle dan ophou om alles tot vervelens te herhaal! Ek dink nie iemand gebruik ooit al die kanale…

Beatrice Opperman ·

Dit is vir my ook ‘n beginselsaak – hoekom word jy gedwing om hulle pakket te kies en dan kyk jy steeds nie al die kanale nie – ek betaal eerder duurder vir kanale wat ekself kan kies! Dit gaan oor jou reg as verbruiker!

CAROL ·

UN-CAPPED INTERNET IS DIE BESTE!!! JY KYK NET WAT JY WIL, WANNEER JY WIL. JY STOP DIT EN MAAK KOFFIE OF NET WAT JY WIL DOEN. HULLE KAN MAAR DIE TV KOM HAAL – DIS NET N WIT OLIFANT (GAAR STOF) HAHAHA

Henda ·

Ek kyk al my goed van die internet deur my TV so maklik soos dit!

Len ·

Ek het ook op ‘n stadium my DSTV vir ‘n jaar afgeskakel maar daar was sekere diens op TBN wat ek wou kyk. Ek het die goedkoopste kanaal gekies om dit te kry. My dekodeerder wou nie werk nie. Hy gee toe iets soos BEE kode omdat hy nooit sagteware “updates” ontvang nie. Ek moes ‘n nuwe dekodeerder koop. Ek het die kleinste pakket en betaal steeds teveel daarvoor aangesien daar nie vir my voorsiening gemaak word nie, Om ‘n keuse te geniet sal wonderlik wees maar ten koste van wie. Wat van gelyke regte soos in die grondwet staan. Moet ons nie almal dieselfde behandel word nie. Toe brood pryse gemanupileer was, was daar boetes gegee maar woorom kan iets sortgelyks nie in plek wees teen die DSTV en SAUK nie. Ek wonder of hulle regtig iets anders wil probeer en of hulle dalk nie net ‘n survey wil doen om te sien wie en watter voorstelle en klagtes is daar nie. Miskien hou hulle net ‘n stokkie lekker onder ons neus en neem dit terug. Kom ons vertrou op die beste. Groete aan almal

Nonnie ·

Soos Stefan hierbo sê, die een week volg jy nog ‘n “series” en die volgende week is daar ‘n “production break” en kom dit weer ‘n maand of twee later ewe skielik weer te voorskyn. Dan moet jy van vooraf sukkel om te onthou waar dit nou weer opgehou het. Maar steeds moet jy die volle premie betaal, al is die programme nie beskikbaar nie.

Lorraine ·

Selfs al hersien hulle die kleiner pakkette sodat ons ten minste die sport kanale kan kry. Gaan dit regtig so moeilik wees? Of se jy kan 20 kanale kies vir X-bedrag of 50 vir groter bedrag. Ek het ‘n jaar terug DSTV afgesit, mis nou uit op die rugby, formula 1 ens en sal weer aansluit as hulle beter pakkette aanbied. Buiten vir die sport, mis ek dit nie. Kyk die programme wat ek wil kyk op die internet.

Kotie Oosthuyzen ·

Ek is baie bly oor die moontlike vooruitsig van betaal per kanaal pakkette. Die mense wat so kla oor die flieks en op Netflix en Showmax ingeskryf het, het jul al mooi uitgewerk wat die koste van die internet plus jou inskrywingsfooi is? Dit gaan min of meer dieselfde kos as Dstv en nie alle mense hou daarvan om net flieks en reekse te kyk nie. En die flieks en reekse daarop is in elk geval oud ook. So, vir my sal dit werk! En hoe kan enigiemand bespiegel oor die kostes? Jul gaan haal die bobbejaan agter die bult! Kla eers oor prys wanneer dit bekend gemaak word.

Pieter ·

Maak nie saak wat die uitkoms is nie. Die minderheid gaan nog steeds die meerderheid moet subsidieer en ons kan niks doen daaraan met net een diensteverskaffer wat die monopoly het nie.

Thinus Lotz ·

Maak dit deur die bank R300 tot R500. Win/win situasie.

Maryna Stoltz ·

Ona kan nie meer dstv bekostig nie en sal dit ook moet laat afsit. Die prys is ongelooflik duurR861
Ek sal dit meskien oorweeg om na ‘n goedkoper pakket oor te skakel indien ek my eie kanale kan kies

Waghond ·

Wie het nou regtig tyd om na al die kanale op dstv te kyk? Daar is heelwat kanale wat betreklik min kykers lok. As (selektiewe) tv kyker sal ek eerder net vir daardie kanale wil betaal waarin ek belangstel.

latie ·

ek het probeer die dstv bel maar hul weet niks nie en het geen bewyse daarvan dat kanala kies nie en enige iemand wat nr kan gee sodat ek bel oor die kanala dstv of wat ookal en hierdie storie is scam …….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.