Verskeie dokumentêre reekse nou op Showmax te sien

HBO se dokumentêre prente, wat lof van resensente ontvang, Allen v. Farrow, Crazy, Not Insane en The Weight of Gold is nou op Showmax te sien.

ALLEN V. FARROW

Eerste op Showmax | Kyk nou

Allen v. Farrow, met regie deur die Oscar-benoemdes Kirby Dick en Amy Ziering, onthul die privaat storie agter die sensasionele opskrifte van een van Hollywood se mees berugte en publieke skandale: die beskuldiging van seksuele mishandeling teen Oscar-wenner Woody Allen (Midnight in Paris, Hannah and her Sisters, Annie Hall) deur Dylan, sy aangenome dogter saam met Mia Farrow (Rosemary’s Baby, Hannah and her Sisters) toe sy sewe jaar oud was. Die rolprent dek ook hul gevolglike hofsaak oor toesighouding, die onthulling van Allen se verhouding met Farrow se dogter Soon-Yi en die omstredenheid wat gevolg het in die jare daarna.

Met nuwe ondersoekende werk – wat deur middel van intieme tuisfliek-beeldmateriaal, hofdokumente, polisiebewyse, onthullende videobande en klankgrepe (nog nooit vantevore gehoor nie) saamgevoeg is, sluit HBO se dokumentêre reeks (in vier dele) ook eksklusiewe onderhoude in met onder andere Mia, Dylan en Ronan Farrow, asook gesinsvriendin Carly Simon en staatsaanklaer Frank Maco. Allen v. Farrow ondersoek ook die impak van trauma op ʼn gesin, en prominente kulturele stemme laat ook van hulle hoor oor Allen se rolprentloopbaan in die breër konteks en hoe onthullings oor die persoonlike lewens van kunstenaars daartoe kan lei dat hul werk herevalueer word.

Allen v. Farrow het ʼn 82%-resensent-gradering ontvang op Rotten Tomatoes, en die LA Times beskryf dit as “ʼn omvattende, oortuigende en uiteindelik verwoestende dokumentêr. Die storie van die meisie wat haar stem laat hoor het teen haar pa, is stilgemaak, sy het dekades lank in skaamte geleef en besluit die tyd het aangebreek om krag te gee aan die waarheid”.

CRAZY, NOT INSANE

Eerste op Showmax | Kyk nou

Wat laat moordenaars moor?

Crazy, Not Insane ondersoek die omstrede forensiese psigiater Dorothy Otnow Lewis se navorsing oor die sielkunde van van die wêreld se mees berugte moordenaars. Gebaseer op ysingwekkende beeldmateriaal van onderhoude met terdoodveroordeeldes en gevallestudies, van Arthur Shawcross tot Ted Bundy, daag sy die idee dat moordenaars gebore en nie gemaak word nie.

Oscar-wenner Laura Dern (Big Little LiesMarriage Story) is die verteller in dié HBO- dokumentêr, geskryf en geregisseer deur Oscar-wenner Alex Gibney (Taxi to the Dark Side, The Inventor: Out for Blood in Silicon Valley, Enron: The Smartest Guys in the Room en talle ander).

Die fliek is by die Venesiese filmfees vertoon en Crazy, Not Insane het ʼn 94%-resensent-gradering ontvang op Rotten Tomatoes. Die Hollywood Reporter sê: “ʼn Dringende fliek. Dit is gevul met ysingwekkende besonderhede en word aangevuur deur duidelike kompassie. So ontstellend as wat die fliek is, is daar ʼn verrykende intelligensie wat nooit verdrukkend voel nie.”

THE WEIGHT OF GOLD

Kyk nou op Showmax Pro; vanaf 25 Maart 2021 beskikbaar vir alle Showmax-kykers

Die Emmy-bekroonde dokumentêrefilmmaker Brett Rapkin het in April 2017 ʼn emosionele onderhoud gevoer met die Olimpiese bobsleekampioen Steven Holcomb. Steven het ʼn paar dae later sy eie lewe geneem en Brett met die moeilike besluit gelaat om die dokumentêr eerder in sy geheel te skrap of om sy onderwerpveld uit te brei. Hy het op laasgenoemde besluit en sodoende Steve se nagedagtenis en nalatenskap vereer deur ʼn lig te werp op die verstommende getal Olimpiese atlete wat met geestesgesondheidkwessies sukkel.

In The Weight of Gold beweer Michael Phelps, wat oor sy loopbaan 23 goue Olimpiese medaljes ingepalm het, dat sowat 80% van Olimpiese atlete ná-Spele-depressie ervaar. Vir elite atlete wat elke oomblik van hul lewens voorberei het vir hul oomblik op die Olimpiese verhoog, is dit gewoonlik onduidelik wat gebeur ná die Olympic Village se deure sluit. Soos die Olimpiese spoedkaatskampioen Apolo Ohno gesê het: “Dis goud en dan wat?”

The Weight of Gold het ʼn 94%-resensent-gradering ontvang op Rotten Tomatoes. Resensente sê: “Geanker deur ʼn ontstellend eerlike Michael Phelps, verskaf The Weight of Gold ʼn ontnugterde getuienis van hoe die wêreld se beste atlete steeds kwesbaar is vir geestesgesondheidkwessies.”  

Dokumentêre flieks oor Brad Binder, Jürgen Klopp en Kobe Bryant

Mis jy regstreekse sport en volgepakte pawiljoene? Showmax Pro bied vandeesmaand dokumentêre flieks aan sportaanhangers oor sport-ikone soos Brad Binder, Jürgen Klopp en Kobe Bryant.

Brad Binder: Reflections 2.0 volg die eerste Suid-Afrikaner om ʼn MotoGP-kampioenskapwedren te wen. Klopp- The Inside Story vertel die ongewone verhaal van Liverpool se geliefde breier en Kobe: Life of a Legend bring hulde aan Kobe Bryant, een van die beste basketbalspelers ooit.

Brad Binder: Reflections 2.0 is nou te sien op Showmax Pro. Kobe: Life of a Legend is vanaf 26 Maart 2021 te sien. Klopp – The Inside Story is reeds beskikbaar vir alle Showmax-kykers. Brad Binder: Reflections 2.0 is vanaf 2 April op die platform beskikbaar en Kobe: Life of a Legend vanaf 9 April 2021.

Kyk alles op in Maart 2021 hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.