Veteraan-akteur oorlede

David Phetoe.

Die veteraan-akteur David Phetoe is Donderdag in ʼn hospitaal in die ouderdom van 85 oorlede.

Volgens berigte is Phetoe dood ure nadat hy in die hospitaal opgeneem is. Sy familie het glo gesê hy was siek voor sy dood.

Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het sy medelye betoon aan Phetoe se geliefdes. Hy was veral bekend vir sy rol as Paul Moroka in die sepie Generations. Hy het ook in die rolprent Cry, the Beloved Country gespeel.

Die SAUK het in ʼn verklaring gesê Phetoe het in groot mate bygedra tot die land se vermaakbedryf. “Hy was instrumenteel om die weg te baan en ʼn hoë standaard daar te stel vir opkomende akteurs.”

Phetoe se dood volg kort ná die dood van die gesoute akteur Sandy Mokoena wat verlede week in die ouderdom van 68 oorlede is. Hy word Vrydag ter ruste gelê. Mokoena was bekend vir sy rol as Bra Eddie Khumalo in die sepie Scandal!. Hy was ook te sien in Generations en Soul City.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vermeende ·

As iemqnd uit die 80’s een keer in n advertensie was, is hy dan ook n akteur.
Wie was die ou, die eerste keer dat ek sy gesig sien, in watter Afrikaanse fliek het gespeel wat hom so beroemd gemaak het onder ons volk?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.