Video: 12-jarige Henno William bewys Suid-Afrika het beslis talent


Henno-William

Henno William. Foto: Etv.co.za

Die jong Henno William, ʼn Afrikaanse seun van Montana in Pretoria, neem hierdie Sondag deel aan die eindronde van e.tv se realiteitsreeks SA’s Got Talent, en as jy so na Henno luister sal jy beslis verstaan hoe dié 12-jarige dit reggekry het om tot só ver in die reeks te vorder.

Nie net het hy ʼn ongewone musieksmaak vir iemand van sy ouderdom nie, maar hy is passievol en kán hy sing! Sy sangtalent het die beoordelaars só beïndruk dat hulle hom ʼn “golden buzzer” gegee het: Henno is die eerste Suid-Afrikaanse finalis wat dié eer te beurt geval het in die reeks.

Esté Meyer Jansen het by Henno uitgevind of hy gereed is vir die eindronde en hom ook gevra hoe Suid-Afrikaners hom kan ondersteun.

  • Hier is ʼn paar skakels na videos van Henno se optredes, asook ʼn onderhoud wat hy met Martin Bester van Jakaranda FM gevoer het:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.