Video: Advertensie van boer met trekker laat kykers skater

'n Skermgreep uit die advertensie.

‘n Skermgreep uit die advertensie.

Die versekeringsreus King Price Insurance het sedert Woensdagmiddag sosialemediagebruikers aan die gons met ʼn skreeusnaakse advertensie van ʼn boer wat betrap word waar hy vir sy trekker dans nadat hy ʼn Engelse berader op die dorp se huweliksraad verkeerd verstaan het.

Volgens Natalie Bisset, hoof van bemarking by King Price, is dit die eerste advertensie in ʼn reeks wat gemaak is vir hul jongste Proudly South African-advertensieveldtog. “Die advertensie som die hele veldtog nogal goed op. Ons steek die draak met diverse kulture in ons land en dit gaan daaroor dat mense moet eien wie hulle is.”

Sy het gesê die hele veldtog is tong in die kies. “Ons probeer om alle kulture in die advertensies te verteenwoordig. Ons wil hê mense moet vir hulself kan lag. Ons by King Price neem ons werk baie ernstig op, maar onsself nié soveel nie.”

Sowat 92 000 Facebook-gebruikers het reeds na die advertensie gekyk sedert dit gistermiddag op die versekeringsmaatskappy se blad geplaas is.

Cornea van der Merwe, sosialemediakoördineerder vir King Price, het gesê die advertensie sou eers later bekendgestel word, maar die maatskappy het besluit om dit amptelik die lig te laat sien nadat dit soveel reaksie op sosiale media ontlok het.

“Ons het nie spesifiek dié een gekies om eerste uit te gaan nie. Dit was toevallig eerste gereed en ons sien uit daarna om die res van die advertensies vir die publiek te wys,” het sy gesê.

Die skrywers en akteurs Bennie Fourie en Bouwer Bosch se splinternuwe advertensiemaatskappy, Freckle Creative, is verantwoordelik vir die vervaardiging van die advertensie. Brendan Barnes, wat deel is van die punkrockgroep Crash Car Burn, het die kinematografie behartig terwyl Peach van Pletzen die musiek gemaak het.

Fourie het aan Maroela Media vertel hy het die idee vir die advertensie by sy pa gekry. “Hy is ‘n goeie grappieverteller en toe hy dié vir my vertel, het ek gaan sit en ‘n storie rondom dit geskryf.”

Hy het ook gesê hy het nie geweet die advertensie sal so vinnig opslae maak nie. “Ek het geweet dit is snaaks en Afrikaners kan lekker vir hulself lag as jy die grap reg opdis.”

https://www.facebook.com/KingPriceInsurance/videos/1609527432456634/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Nettie ·

Nou vir wat dans die boer vir sy trekker? Ek sien nie die verband tussen ‘n dans voor ‘n trekker en goedkoper-per-maand-voertuigversekering nie (dis maar seker omdat ek nie klank op my rekenaar het nie).

LIEZL ·

Ai jinne mense…lag tog net saam en hou op suur wees. Die advertensie lui so….die huweliksberader het voorgestel dat hy moet ‘dance to attract her’, menende hy moet dans sodat hy haar aandag kan trek, toe verstaan hy dat hy met sy ‘tract her’ moet dans.

Nettie ·

@Liezl – die enigste ding waaroor ek SUUR is, is dat ek nie KLANK OP MY REKENAAR HET nie (jy’t seker maar daai deel MIS-GELEES) – daarom dat ek nie weet dat die berader vir die boer gesê het om te “dance to attract her” wat hy toe verstaan het as “dance to a tractor”.

Nettie ·

@Liezl, nog iets – wat het die sielkundige se raad, die dansende boer en goedkoper-per-maand-voertuigversekering met mekaar te doen? En ja, Ant Stienie – die lyk my die Afrikaanssprekende, wit Boer word telkemale maar as dom, agterlik, ‘common”, eenvoudig en dwarsgesind uitgebeeld. Behoede ons nou as die ‘akteur’ in die advertensie ‘n swart man was ……………..

Ant Stienie ·

EK gaan nou maar die suurknol wees maar verstaan iemand van julle dat die boer hier as ‘n urk en ‘n onnosel persoon voorgestel word wat nie eers Engels kan verstaan nie? Dis soos meeste Afrikaanse TV programme, Antie Stienie was so common soos grond . om van die ander nie eers te praat nie .. die Afrikaners en boere in SA word altyd as dom/common/eenvoudig voorgestel, so lekker lag vir die advertensie .. dit is deels hoekom niemand meer iets van die boerevolk dink nie … dit lyk of ons AGTERLIK is regoor die wereld.

andre ·

Ja…nie so erg soos n ou siel wat altyd oor alles moan en kla nie…dit is tipies

Kannaland ·

Ek is ook die suurknol, dit is regtig maar net n gespot en die res hier besef dit nie eers nie.

Nog n suurknolen ·

Ten minste kon hulle n slim boer gebruik het met n R3 Miljoen trekker.

Afrikaanse Knaap ·

Dit vat self vertroue en volwassenheid om vir jouself en jou volk te lag.

Elsabe ·

My nou nie pap gelag nie maar dit is baie skerp humor. Wel gedaan ! Ag liewe genade die arme pessimiste in die liewe deurmekaar wereld. Laat my dink aan oom Genis van Kooperasie stories….. altyd verontwaardig.

sê ook maar net ·

Eerder Misverstand of dom van adverteerder… sy vrou moes hom nou beloer het en verbaas begin saamdans en lag DAN sou mens sê ..hou van plan wat uitwerk.

Radio raps ·

Gee vir oom Kallie ‘n Bells! Hy het mooi gehoor wat die Ingelse dr gesê het oppi dorp oor romantiese probleme. You have to do something sexy (pole dancing om die air filter ens) to a tractor (“to attract her …”). Volgende moet ons vir boer Kallie soek ‘n vrou, ‘n award gee, ietsie soos ‘n Oscar of ‘n Emi of miskien ‘n Grammy en wie kan dit nou beter aan hom oorhandig as ons eie Jonathan van Radio raps (alias Rikus de Beer). Lekkker kaktus oppi vlaktes!!! Lekker boys!!!

Marinda ·

Jy is so reg K, die lewe is kort. En lag is goed vir jou. So lekker gelag vir die advertensie.

Lienkie ·

Hahahaha, baie dankie Maroela, hierdie advertensie het my dag gemaak!!

Boet Fasie ·

Ek dink julle moet die trekker los en vir die suurknolle ‘n man gee, dalk glimlag hulle weer vir die lewe.

Han ·

Boet Fasie, dit beteken nie jy is ‘n suurknol as iets vir jou vernederend en kômmin is nie.

Fran ·

Small things amuse small minds :/ Die advertensie is meer as net simpel!!

Lewies ·

Met al die dreigemente van grondgrype sal ek ook van my trollie as raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.