[Video] Angelique Gerber nooi jou in haar huis

Angelique Gerber en Jacques Potgieter (Foto: Facebook)

Die gewilde Afrikaanse aktrise Angelique Gerber is binnekort in haar eie splinternuwe werklikheidsreeks op die TV-kanaal VIA te sien.

Angelique en Jr. gaan oor Gerber se ervaring van ma-wees en die lesse wat sy as jong ma leer.

Gerber en haar man, die rugbyspeler Jacques Potgieter, het op 16 November hul eersteling, klein Jacques, in die wêreld verwelkom.

Die glanspaar het in Julie verlede jaar hul swangerskap aangekondig nadat hulle op 11 Junie op die Eureka-wynlandgoed net buite Durbanville in die Wes-Kaap getroud is. Hulle is al sedert Augustus 2014 in ʼn verhouding.

“Niks kon my op ouerskap voorberei nie,” vertel die aktrise in die lusmaker vir die reeks. “Elke episode is ʼn dagboek aan my seun, sodat hy kan sien hoe spesiaal hy vir ons is wanneer hy groot is.”

Angelique en Jr. is van 12 April elke Woensdag om 20:30 op VIA-kanaal 147.

https://www.facebook.com/tascha.strauss/videos/10154389683655598/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Geliefd ·

Ek verstaan nie wat is al die ervarings wat sy ons gaan van vertel nie? Sy is net v 4 maande al ‘n ma en dan wil sy ander vertel v moederskap? Sy het geen geloofwaardigheid nie? Ons het 4 kinders. Ek is ‘n tuisbly ma met min ondersteuning v familie en grootouers. Ek het ‘n huishulp en let wel geen nanny. Ek is “hands on”. Jammer VIA ek gaan nie my kosbare tyd aan so ‘n program afstaan nie. Wil glad nie neerhalend klink nie, maar wat gaan A en Jr my leer v moederskap/ ouerskap.

nonnie ·

Geliefd – ek kan nie MEER met jou saamstem nie. VIA kan eerder ‘n program dan skep en iemand gebruik wat regtig ervaring het. Grens vir my aan arrogansie!!

Nou-ja-toe ·

Ag nee! Sy het ‘n nanny! Wat wil sy nou eintlik vertel? En verder is die haar 2de huwelik. Vir watter rede ook al, klink my sy soek net die “glans”. Ek is nie bitterbek nie, het genoeg van my eie, voorkoms, lyf, bates, ens! hehe

Dom soos grond ·

Ek meen rêrig.. kwaad vir myself omdat ek actually op die artikel gekliek het. Simpel verby.

Scalla ·

Glad nie nuuswaardig vir my nie, kyk ook nie daai kanaal nie.

Ronell ·

Nee regtig,dis nie uniek nie en beslis nie talent nie.Dis n moederlikke instink en beslis genoeg programme alreeds.
Asb kom ons probeer uniek wees en nie ander lande na aap nie.

Mandy ·

Wel dit is groot nuus, sekerlik wereldnuus !Dis die eerste keer in menseheugenis dat beide die man en vrou swanger is aldus Maroela Media ….. Komaan, sy is swanger, hy is nie

Akram ·

Hoe word n paartjie n glans paartjie? Ek beplan om ook iets nuuswaardig te doen, gaan n kroeg stoel bou. Enige van die media huise wat die hele proses wil uitsaai?????

Theresa B ·

Ag gee my krag. Wie stel nou belang. Dis net vinnig geld maak terwyl sy heerlik by die huis met die baba kan bly. Mens sal nou regtig dink sy is die 1ste en enigste vrou in die wêreld wat ‘n baba gehad het. “Jong mamma” – genade, ek het nie geweet sy is 18 jaar oud nie. (Sug!!) Regtig VIA – het julle uit idees gehardloop dat al wat ‘n bekende nou hul eie programme het en die res van ons wil “leer” van die lewe. Regtig!!

Frikkie ·

Angelique, goed en wel dat jy so n sukses van jou lewe gemaak het. Ek het van jou as aanbieder gehou van “Boer soek ‘n Vrou” klink nou meer na Ma soek ‘n skoondogter nou vir haar seun” ja dit is te vroeg om nou al daaroor te praat, of soek jy nie nou meer aandag om meer geld te maak nie. Hou tog jul mooi huwelik privaat. Ek glo duisende TV kykers stel nie werlik belang wat in jou huis of privaat lewe aangaan nie. ASSEBLIEF Kyknet is dit al manier om die TV kykers te lok. Vir baie TV kykers sal hul huis houding afskeep om na nog ‘n sepie te kyk berig eeder op iets wat leersaam vir on juig is. Dit klink seker na bitterbek van my maar “so what”

Ag Asb Tog ·

Spaar my dit, as dit nie Bobby en Karlien is nie is dit Angelique. Het haar vir jare glad nie gesien nie, skielik word ek in haar huis ingenooi? GEWILDE AKTRISE? Dalk is dit omdat ek nie meer Afrikaanse opgesmukte snert kyk nie dat ek nie ‘n clue het wie sy is nie . Maar nou is sy nog met ‘n rugbyspeler ook getroud, so nou is hulle NOG belangriker. Noem my maar jaloers, of bitter of watookal, maar SA maak CELEBS van gewone mense wat niks spesiaals is nie. EN as hulle val, dan moet almal simpatie he en dan word konserte vir hulle gehou om hulle finansieel te help en by te staan .. Ek sien die kleintjie is toe ook ‘vroeggebore’.

Jello ·

As ek GLANSPAAR sien, dan cringe ek. Hoeveel GLANSPARE het hulle alies al gesien? Die Troskies, die Venters, die van der Westhuizens om net ‘n paar te noem.

Uvonka ·

Ag nee jinne Via nou wat nou? Die snert wat so uitgesaai word is nou rerig al muf.

joanie ·

Ai tog VIA, het julle idees opgeraak. dit is nou regtig simpel. gaan dit nie kyk nie.

ZeeBee ·

Uit nuuskierigheid kyk almal maar die video, en kan daarna net kop skud. Want …wat de Hel het dit nou aan my dag gedoen. Net mooi niks. Ek dink dis “Brag” uit die hoogste rakke. gmmmf !!! As my dogter se troue en haar baba goed en motors soos baie van die rugby spelers ook amper alles uit borge kom sal haar huis ook so lyk. Maar ons is gemiddelde mense op straat en werk vir dit wat ons het en dit is mooi genoeg vir ons.

M ROBBERTS ·

‘n Ander tema – Karlien van Jaarsveld se troufoto’s in Huisgenoot: Genade, sy lyk veertig jaar oud. Harde gesig/grimering. Lyk soos “stage make-up” vir ‘n Dracula fliek. Swak fotograaf of het die grimeerkunstenaar te veel messselwerk gedoen? Soveel erger op die voorblad met lieflike Nadia Beukes se foto langsaan,

Plaas onder “Moeg van Karlien”.

Estelle ·

Ag nee wat!! As ek aansoek gedoen het om MY moederskap ‘skills’ op tv uit te saai sou en nie goedgekeur geword het nie. en ja wie kan na 4 maande al raad gee oor ouerskap? Nee wat, maklike manier om geld te maak. Elke ouer maak sy kind op hulle unieke manier groot, nie nodig om raad van n pipsquick, wat nog nie genoeg ervanring het, nodig nie.

Marie Swanepoel ·

Ai, tog! Eers word Karlien tot vervelens gebruik en nou weer Angelique. Ons is al meer as moeg vir hulle gesigte! M.Sw.

Annelize ·

Ja ne? Moederskap sou vir 100% van ons ‘n breeze gewees het as ons ook ‘n nanny, ‘n huishulp en ‘n ma gehad het wat regstaan terwyl ons, perfek “gegroom” agter die rekenaar sit. Ek HAAAAAAAT hierdie tipe van programme wat ‘n wanpersepsie van dinge skep, en dan is daar vrouens daarbuite wat hulleself aan hierdie “standaard” meet en hulself dan te lig bevind, of ongelukkig raak met dit wat hulle het oor dit nie by die “standaard” uitkom nie. Gelukkig is ek oud genoeg om te besef dat ek is goed genoeg soos ek geskape is, en om dankbaar te wees vir die deel wat vir my afgemeet is. Vat die nanny, die huishulp en die alomteenwoordige Ma weg, dan sal ons sien hoe lank dit vat voor Angelique met ‘n slag aarde toe kom, hier tussen ons gewone mammas.

maggie ·

Hul hou hulself so onskuldig, vinnig om vinger na die ‘nie beroemdes’ tewys,,,,kyk na die troudatum en datum van eerste baba, broodtjie was klaar in die oondtjie.

linda ·

Of die broodjie nou klaar in die oondjie was of nie, dis. N geskenk van Bo ! Ek het na die program gekyk en daarvan gehou. Die eerste keer dat ons vir Angelique so natuurlik sien. Hou nie van die lang haar stukke nie. Alle eerste mammas sukkel maar nes Angelique. Niemand het die reg om vingers te wys nie, sy is net. N normale, gewone mamma. Suurknolle hou op met jul jaloesie asb ons is duk vir jul kommentaar !!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.