Video: Bederf jou ‘oorsese maatjies’ met gratis ShowMax-kykbewys

Karen Zoid en AB de Villiers in ShowMax se jongste veldtog (Foto: Verskaf)

Karen Zoid en AB de Villiers in ShowMax se jongste veldtog (Foto: Verskaf)

[promosie-artikel]

ShowMax het pas ʼn pretmanier bedink om vriende en familie wat besluit het die gras is groener oorsee, terug te lok huis toe. Dié aanlyn televisiediens bied Suid-Afrikaners die geleentheid om vir oorsese geliefdes ʼn gratis 30-dae-geskenkbewys te skep wat hulle sal herinner waarom Suid-Afrika steeds tops is, met programme soos Binnelanders en Boer soek ʼn vrou.

Oorsese vriende kan met dié gratis geskenkbewys as deel van die televisiediens se #MisMyMaatjie-veldtog steeds van Suid-Afrika se mooiste plekke “besoek”, in die geselskap van verskeie bekendes wees en skaterlag oor tipies Suid-Afrikaanse kultuur.

Jou oorsese geliefdes kry dié geleenthede danksy programme soos Dis hoe ons rol met Jack Parow, Die Republiek van Zoid Afrika met Karen Zoid, Boer soek ʼn vrou, Koekedoor, en vele meer.

Jeanne van Zyl, ShowMax-mediabestuurder, sê dié gratis geskenkbewys sal mense oorsee herinner aan dít waarna hulle die meeste verlang. “Dis die heel beste Suid-Afrikaanse vermaak op een plek, en omdat jy oulik en vrygewig en Suid-Afrikaans is, hoef hulle nie een dollar of pond uit te haal om dit te geniet nie.”

Van Zyl meen vriende en familie hoef ook nie lank te wag om die programme aan die ander kant van die oseaan te sien nie. “Splinternuwe episodes van die gewildste programme is binne 24 uur van die Suid-Afrikaanse uitsending beskikbaar vir jou kykplesier. So, wanneer jy met hulle Skype, kan hulle ewe lekker saamgesels oor die jongste nuus en politiek, wie die jongste seisoen van Koekedoor gewen het of wat op Varsity Sing aangaan.

“Dalk gaan dit hulle nie oortuig om terug te kom nie, maar ten minste voel hulle dan nie so ver wanneer hulle presies weet wat nóú in Pippa se lewe op Binnelanders gebeur nie.”

Om jou gratis 30-dae-geskenkbewys te skep, besoek hul webwerf.

Lees meer oor ShowMax op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.