[Video] Beer Adriaanse gesels oor Buurtwag

Buurtwag is 'n nuwe televisiereeks wat tans op kykNET te sien is. Foto: Verskaf

Buurtwag is ‘n nuwe televisiereeks wat tans op kykNET te sien is. Foto: Verskaf

Buurtwag is ʼn splinternuwe televisiereeks wat beskryf word as ʼn drama-komedie wat verlede week op kykNET afgeskop het.

Dié reeks is gebaseer op die gelyknamige kortfilm wat tydens die 2012 Silwerskermfees weggestap het met die prys vir beste regie (Jaco Smit) asook beste draaiboek vir kortfilm. Die draaiboek vir die kortfilm, sowel as die reeks, is geskryf deur Beer Adriaanse en vir die reeks het Beer ook die regie behartig.

Beer het verlede jaar ook bekendheid verwerf nadat hy as die karakter Boer Giel in ʼn komedieskets verskyn waar hy deelneem aan ʼn realiteitsreeks Boer soek ʼn ou. Die video is sedert dit opgelaai meer as, 260 000 keer op Youtube gekyk.

Maroela Media het tydens vanjaar se Silwerskermfees met Beer gesels oor die proses om die kortfilm in ʼn reeks te omskep en waar die idee ontstaan het.

Akteurs soos Albert Maritz, Deon Lotz en Martelize Kolver is almal te sien in Buurtwag wat Woensdae om 21:00 op kykNET te sien is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.