Video: Boer Gerrie en Carna vertel van hul groot planne

Boer Gerrie en sy vrou, Carna (Foto: Cindy Louwrens Fotografie)

Boer Gerrie en sy vrou, Carna (Foto: Cindy Louwrens Fotografie)

Hulle het die harte van talle Boer soek ʼn vrou-kykers in 2014 gesteel toe boer Gerrie en Carna halsoorkop verlief geraak het tydens die verfilming van dié werklikheidsreeks.

Maroela Media het dié egpaar onlangs raakgeloop op die stel van Kwêla in Randburg en het saam met hulle gekuier om te hoor hoe dit deesdae met hulle gaan.

Gerrie Rossouw (34) en Carna (25) het in Augustus 2015 op ʼn perdeplaas buite Bothaville getrou.

Carna het vertel dis “wonderlik om mev. Rossouw te wees” en dat hulle albei nog net so gelukkig en verlief soos in 2014 is.

Buiten die troue, het hulle intussen ook alleen op die plaas ingetrek en voer gróót planne in die mou vir 2017.

Gerrie en Carna is op 1 Februarie op Kwêla te sien as deel van dié program se “maand van liefde”-tema. Kwêla word Woensdae om 20:30 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Cornelia 1 ·

Arno en Carna, julle lyk nog steeds dolverlief!
Mag julle geseend wees elke dag.

Ada ·

Dit was nou ‘n Boer-soek-‘n-vrou – 2014- en nie Boer- soek -‘n -vriendin nie soos in die onlangse reeks die geval was nie.
Baie geluk julle tweetjies!!

cor ·

Nee Ada die onlangse reeks moet eerder wees “Boer wil graag opTv wees” want hulle het ‘n houding gehad wat skrik vir niks.
Ek het al vir Gerrie ontmoet na die reeks en hy enCarna is twee plat op die aarde mense. Toe my vrou hom vra na die reeks was hy nie vol wind daaroor nie maar heel beskeie.
Mens kan sien die twee waardeer mekaar.

Ada ·

Hi Cor, jy is so reg. Ek hoop die vervaardigers lees ons kommentaar en doen iets daaromtrent.
Daar sal ‘n paar veranderings moet plaasvind of die kykertalle gaan daal want ons gaan belangstelling in die program verloor. Ek dink ook hulle moet meer alleentye saam met die dames spandeer sodat hulle die dames beter kan leer ken. Die tydjie wat hulle vir deelnemers gee om saam te wees is te min en dit verhoed dat hulle mekaar beter leer ken. Die dames gaan frustreerd raak en die boere seker ook/ Weet nie – soos jy se hulle wou dalk net graag op TV wees.

Lekker liefdestorie ·

Dit is sommer ‘n lekker en mooi liefrdes storie. Dankie jul 2tjies vir lekker positiewe nuus. Die misdaad maak ons naar!!!!! Mag jul lank en gelukkig saam lewe!!!!!!!

moeg vir kla kouse ·

As jy nie van ‘n storie hou nie, moenie hom kyk nie. Ja daar het niemand nou verlief geraak nie, maar ek het dit nogsteeds baie geniet!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.